Covid-19-statistieke: Effense styging in gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou 3 540 891 bevestigde gevalle van Covid-19 nadat nog 6 762 nuwe gevalle bevestig is.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar tans 138 326 aktiewe gevalle van die koronavirus en altesame 8 513 mense word in hospitale behandel nadat nog 316 mense opgeneem is.

Tot dusver het 3 309 735 mense reeds van die virus herstel.

Die algehele sterftesyfer staan op 92 830 nadat nog 181 sterftes bevestig is.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in die Wes-Kaap (28%), gevolg deur Gauteng (22%), KwaZulu-Natal (18%), die Oos-Kaap (11%), Limpopo (5%), en dan die Vrystaat, Mpumalanga, die Noord-Kaap en Noordwes (4% elk).

Die getal positiewe gevalle staan op 15,5%, ʼn styging van die 14% waarop dit ʼn dag tevore gestaan het. Die sewedaggemiddeld is 17,3%, ietwat laer as die 18,3% van ʼn dag tevore.

Nog 72 871 dosisse van die Covid-19-entstof is Woensdag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius ·

Die virus werk volgens ‘n voorafbepaalde program en is af oor naweke en vakansiedae.

VaalDonkie ·

Ja daar is elke week ‘n mini-golf. Seker maar oor hoe die nommers rapporteer word of iets, maar dis altyd die laagste oor naweke. Selfs Google se grafieke wys dit so.

Samuel ·

Hierdie daaglikse toename sal nou weer begin styg soos beplan. Die vakansie en die ANC se groot partytjie is nou verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.