Covid-19-statistieke: Herstelkoers op 75%

(Foto: Unsplash)

Altesaam 566 109 mense in Suid-Afrika het reeds positief getoets vir Covid-19. Dít dui op ʼn toename van 2 511 nuwe gevalle in die afgelope siklus van 24 uur.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 130 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (35), die Oos-Kaap (20), KwaZulu-Natal (30), die Wes-Kaap (25) en Noordwes (20) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 10 751 te staan.

Volgens Mkhize het 426 125 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 75%.

Nog 11 483 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 3 278 977 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaat sektor uitgevoer.

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2 28677 550
Vrystaat41413 478
Gauteng2 653150 082
KwaZulu-Natal1 45056 758
Limpopo1278 207
Mpumalanga14916 416
Noordwes15012 245
Noord-Kaap683 391
Wes-Kaap3 45487 998
Totaal10 751426 125

 

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

Herstelkoers van 75% maar nogsteeds op vlak 3 en geen tabak of drank oop nie ??? Die regering het n ander agenda met die inperking as wat ons dink .

Anoniem ·

Korrek, Ramaphosa noem dit sommer openlik versnelde ekonomiese transformasie. In gewone taal beteken dit vernietig alle besighede in Blanke besit en help “our people” om beheer oor die ekonomie oor te neem. Dit sal egter ook ‘n mislukking wees, net soos alles wat hulle aanpak.

Jacques ·

Met so lig in die broek siekte, moes daar nooit eers ‘n inperking gewees het nie. Kan jy maar jou snotneus uitblaas in daardie belaglike gesigsmaskers wat ons so lekker slaafs dra.

koos10 ·

Marius, ons weet dit. Gaan lees gerus oor lande wat komunisties geword het. Die “leiers” van die lande is die rykstes in die lande terwyl die burgers honger ly.

Scalla ·

Inperking is een groot klug, finish en klaar, een goeie ding daarvan is dit het bewys dat die regering nie bevoeg is om so iets dergliks te bestuur nie.

Adeline ·

Wel enige een wat die voos vrot korrupte anc regering glo – veral die syfer van die covid-19 in hierdie land – is maar goed gelowig…. alle syfers kan 3 keer gemaal word met wat deurgegee word en dan is daar ook wêreldwyd (waarvan ek persoonlik bewus is) mense wat na plus/minus 3 maande herstel van covid-19 weer ernstiger siek word maar dit word nie in die RZA nuus vrygestel nie…. wonner hoekom nie? DAN hoekom is daar so dringend grafte gegrawe en om tussen 2 tot 3 persone in een graf te sit? Ek wonner ernstig of die herstel syfer so ‘n werklikheid is – glo dit glad nie. DAN ‘n ander saak is die vvk anc gesondheids departement/minister het self besluit om die herstel tydperk van 14 dae te verminder na 9 dae…. dit is ‘n gevaarlike besluit omdat mense herstel nie so vinnig nie, daar is baie gesondheids faktore wat ‘n rol speel.

koos10 ·

Adeline, ek verskil van jou. COVID is eg en gevaarlik, maar ek weet net van een sterfgeval en sowat 10 positiewe gevalle. Ek bly in Pretoria en is ekonomies aktief, so ek ken klomp mense en werk saam met sowat 5000 oor die hele land.
Waar is al ons griep gevalle en sterftes die jaar? Verder kan ek nie glo dat jy aan die een kant die regering nie glo wat die getalle betref nie, maar hulle “edele motiewe”, wat grafte grawe betref, nie betwyfel nie. Een of ander kader is betaal om die grafte te grawe, nodig of nie.

wim ·

Herstelkoers is ‘n verwarrende naam, en MM behoort dit nie so te gebruik nie.

Die regering gebruik [mense herstel] / [alle gevalle sover aangemeld tot en met die dag van rapportering]. Dit is nie herstelkoers nie. Mense wat gister posetief getoets is gaan natuurlik nog nie kans gehad het om te herstel nie. Volgens hierdie metode was SA se “herstelkoers” tot middel Maart 0%, selfs al sou al die bekende gevalle wat daar toe was, op die ou end herstel.

As jy Covid kry gaan een van 2 dinge gebeur, jy gaan herstel of sterf. Jou kans om te herstel as ons net na gerapporteerde gevalle kyk is [mense herstel] / [gevalle wat ‘n uitkomste gehad het], en volgens ons amptelike syfers as dit nou al vir maande lank 98%. Nie alle gevalle, veral minder ernstiges, word geraporteer nie, so die werklike kans om te herstel is nog baie hoër.

Die rede dat hierdie syfer wat hul verkeerdelik “herstelkoers” noem hoër word, is bloot omdat daar nou minder nuwe gevalle is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.