Suid-Afrika het nou al nagenoeg 530 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 529 877 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Tot dusver het 377 266 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 71%.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 9 298 nadat nog 414 sterftes aangemeld is: 135 in die Oos-Kaap, 45 in Gauteng, 62 in KwaZulu-Natal, 34 in die Wes-Kaap, 16 in Mpumalanga en 122 in die Vrystaat.
Suid-Afrika het tot dusver 3 113 191 toetse vir Covid-19 gedoen, 34 989 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 80 400 | 15,2% |
Vrystaat | 25 232 | 4,8% |
Gauteng | 185 282 | 35% |
KwaZulu-Natal | 87 798 | 16,6% |
Limpopo | 9 625 | 1,8% |
Mpumalanga | 17 135 | 3,2% |
Noordwes | 20 686 | 3,9% |
Noord-Kaap | 5 638 | 1,1% |
Wes-Kaap | 98 031 | 18,5% |
Onbekend | 50 | 0% |
Totaal | 529 877 | 100% |

Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 1 967 | 72 570 |
Vrystaat | 327 | 10 582 |
Gauteng | 2 313 | 129 375 |
KwaZulu-Natal | 1 038 | 51 857 |
Limpopo | 90 | 5 620 |
Mpumalanga | 139 | 11 632 |
Noordwes | 109 | 9 243 |
Noord-Kaap | 36 | 2 859 |
Wes-Kaap | 3 279 | 83 528 |
Totaal | 9 298 | 377 266 |

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
Mhkize moet vir ons asb kom se hoeveel mense sterf van HIV en TB elke dag. Ek sal graag daai syfers wil ver gelyk met die covid syfers.
Met ‘n 71% herstel koers, is dit duidelik nie ‘n pandemie nie.
Vertel ons asseblief wat ‘herstel’ beteken. Skynbaar kry niemand vanjaar griep nie. Dit word toegeskryf aan die dra van maskers. Beteken dit dat sulke fabrieke nou ons ekonomie gaan dra en ons vir ewig aan die maskerade onderhewig sal wees? Wie gaan besluit? Los maar laasgenoemde antwoord.
Nou hoekom sluit die land letterlik? 71% herstelkoers en die skole is toe. 3 Miljoen mense het reeds werk verloor. Besighede gaan ten gronde, die ekonomie is laer as slakslym laag. Hoekom? 71% is glad nie ‘n pandemie nie! Heelwat siektes het ‘n baie laer herstelkoers – hoekom het die land (wêreld) nie gesluit daarvoor nie? Tog moet ons met ‘n “pandemie” ‘n totaal bankrot Eskom finansier, miljarde uitkrap vir SAA wat sy vlerkies lankal moes geknip het, en moenie die bonusse vergeet nie… Waarmee?? ‘n “pandemie” wat jou jou werk gekos het. Hoe word dit ‘n pandemie genoem met… Lees meer »
Ek glo jou nie, julle is bekend om syfers te kook, kyk maar na die geskiedenis.