Covid-19-statistieke: Koers van positiewe gevalle daal steeds

Argieffoto bloot ter illustrasie van die koronavirus. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrika het nou meer as 2 777 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 7 086 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 777 659 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 14,4%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (25%) aangemeld, gevolg deur die Oos-Kaap (22%) en die Wes-Kaap (17%). Die algehele aktiewe gevalle is 150 835.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 82 261 nadat nog 431 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 544 563 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 91,6%.

Suid-Afrika het tot dusver 16 475 179 toetse vir Covid-19 gedoen, 49 168 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 404 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 12 663 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 12,5 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap1 585268 879
Vrystaat732148 707
Gauteng571905 489
KwaZulu-Natal1 803479 952
Limpopo145119 917
Mpumalanga306144 720
Noordwes201143 231
Noord-Kaap52381 578
Wes-Kaap1 220485 186
Totaal7 0862 777 659

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap13 850241 123
Vrystaat6 318127 117
Gauteng18 721879 462
KwaZulu-Natal13 552401 431
Limpopo3 816113 561
Mpumalanga1 866138 915
Noordwes3 813130 389
Noord-Kaap1 99571 533
Wes-Kaap18 330441 032
Totaal82 2612 544 563

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.