Suid-Afrika het nou meer as 690 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 364 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand bevestig dat 690 896 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 17 673 nadat nog 126 sterftes aangemeld is: 39 in die Oos-Kaap, 35 in die Vrystaat, 10 in KwaZulu-Natal, 30 in Gauteng, vier in Mpumalanga en agt in die Wes-Kaap.
“Van die 126 sterftes het 11 in die afgelope 24 uur plaasgevind: twee in die Vrystaat, een in Gauteng, vier in KwaZulu-Natal en vier in Mpumalanga.” Volgens Mkhize is die provinsies steeds besig om die proses rakende die identifisering van Covid-19-sterftes te verfyn.
Daar was onlangs ʼn merkbare toename in die aantal sterftes. Volgens Mkhize het dit hulle bekommerd gemaak aangesien die Mediese Navorsingsraad gesê het dat daar drie weke agtereenvolgens geen oortollige sterftes was nie.
“Ons het dus die provinsies geraadpleeg om die rede vir die verhoogde getalle te bepaal. Ons het berigte ontvang dat die provinsies die aanbevelings van die Mediese Navorsingsraad toepas om die data met die sterftedata van binnelandse sake te versoen. Daarbenewens oudit provinsies tans die sterftedata deur data uit die Datcov-toesigverslae te ontgin en onaangemelde sterftes te identifiseer, of deur fasiliteite te oudit. Ons verwelkom hierdie robuuste verfyning van die versameling van data, aangesien dit ons die versekering gee dat ons vorentoe noukeurig te werk gaan in ons epidemiologiese waarneming.” Datcov is die stelsel waardeur hospitale se data verwerk word.
Tot dusver het 622 153 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.
Suid-Afrika het tot dusver 4 388 171 toetse vir Covid-19 gedoen, 28 066 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 90 686 | 13,1% |
Vrystaat | 50 552 | 7,3% |
Gauteng | 222 745 | 32,2% |
KwaZulu-Natal | 120 295 | 17,4% |
Limpopo | 162 33 | 2,3% |
Mpumalanga | 28 115 | 4,1% |
Noordwes | 30 715 | 4,4% |
Noord-Kaap | 18 888 | 2,7% |
Wes-Kaap | 112 667 | 16,3% |
Totaal | 690 896 | 100% |
Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 3 225 | 86 400 | 1 061 |
Vrystaat | 1 128 | 35 537 | 13 887 |
Gauteng | 4 444 | 198 582 | 19 719 |
KwaZulu-Natal | 3 000 | 111 585 | 5 710 |
Limpopo | 425 | 15 093 | 715 |
Mpumalanga | 585 | 26 801 | 729 |
Noordwes | 382 | 27 621 | 2 712 |
Noord-Kaap | 232 | 15 479 | 3 177 |
Wes-Kaap | 4 252 | 105 055 | 3 360 |
Totaal | 17 673 | 622 153 | 51 070 |
Dokters, hospitale, lykshuise ens word gedwing om Corona as rede vir amper alle sterfgevalle te gee. Dit gaan nog met plaasmoorde ook gebeur.
Nonsens!!
Raak jy nou ook irrasioneel?
Dit word ook in die VK en VSA berig. Die sterftes sluit ook gevalle in wat positief getoets het maar aan ander oorsake dood is (sg. covid verwante sterftes).
Mense moenie vals nuus versprei nie – geen hospitaal of dokter word gedwing om met sterfgevalle corona as oorsaak te gee nie.
Hydi ek weet van ten minste 3 gevalle waar mense aan heel ander oorsake dood is, maar die dood sertifikate sê Covid. Toe die een man die dokter daaroor aanvat aangesien sy pa ‘n hartaanval gehad het, word daar gesê hulle word aangesê om Covid as rede te gebruik.
Vanwaar word die statistieke verkry?? Ek neem alles met ‘n skopgraaf sout.
As oom Hennie die berig mooi gelees het, sou oom Hennie gesien het waar die statistiek vandaan kom.
Hoop regtig hulle verfyn die proses! TIEN (10) dae vandat ‘n monster geneem is totdat die uitslag bekend is benodig beslis “bietjie” verfyning!
Hy erken in werklikheid dat hulle nóg metodes gevind het om die sterftesyfer kunsmatig erger te laat lyk as wat dit is, sodat die beheermaatreëls verder verleng kan word. Nieteenstaande al die moeite om die effek van covid-19 erger te laat lyk, kom die syfers nog nie eens halfpad by dié van 2018 vir daardie jaar se gewone griep nie: dit was 36 810.
690,896 gevalle na 4,388,171 toetse = 15,74% positief (insl. asimptoties waarskynlik vals positief).
gister 2,364 gevalle na 28,066 toetse = 8,42%. Daar is in werklikheid ‘n afname in infeksies. Is die dokter se begrip van statistiek so power of word die publiek mislei om verlenging van die ingrendeling valslik te motiveer?
Die government doen hulle bes met hulle fearmongering vir corona maar mense raak wakker en glo hulle nie meer nie.
‘n Vriend vertel dat hy vir meer as 20 km deur ‘n informele nedersetting gereis het. GEEN sanitasie, GEEN maskers. GEEN afstand toepassing ! Volgens alle reels behoort die corona virus daar te gedy en behoort daar letterlik 1000de te sterf. Die sterftes wat aangemeld word, gee egter die indruk dat die streftes onder die maskerdraers is. Kan die syfers per dorp en voorstad deurgegeer word ? Moreel van die storie – moenie maskers dra nie !