Covid-19-statistieke: Meer as 20 nuwe sterftes aangeteken

Grafika: Elsabe Erasmus.

Die departement van gesondheid het sedert Maandag 26 nuwe Covid-19-sterftes in Suid-Afrika aangeteken. Dit is die meeste sterftes wat nog in 24 uur aangeteken is, hoewel dit nie beteken dat al dié mense die afgelope 24 uur oorlede is nie.

Luidens statistieke wat Dinsdagaand deur die departement van gesondheid bekendgestel is, het die getal Covid-19-gevalle sedert Maandag met 767 toegeneem en het die totaal gestyg tot 17 200. Dit is ʼn styging van 4,6% in die aantal gevalle die afgelope 24 uur.

In totaal is 312 mense sedert Maart in Suid-Afrika aan Covid-19 dood. Die Noord-Kaap het ook Dinsdag sy eerste sterfte aangeteken. Mpumalanga is volgens die departement se syfers die enigste provinsie wat nog nie ʼn Covid-19- verwante sterfte aangemeld het nie.

Garfika: Elsabe Erasmus.

Die getal mense wat van Covid-19 herstel het sedert die uitbreking van die virus in Maart kom te staan op 7 960.

Volgens die departement se syfers is meer mans (55,5%) tot op hede in Suid-Afrika aan Covid-19 dood as vroue (44,5%). Niemand jonger as 20 het al hier weens die virus gesterf nie, terwyl 61 mense (19,5) tussen die ouderdom van 20 en 50 weens die virus dood is. Die meeste mense in Suid-Afrika wat gesterf het weens die virus is tussen 50 en 80 jaar oud (68,6%).

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

Garfika: Elsabe Erasmus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Adam ·

Die Engelse spreekwoord, “lies, damn lies and statistics” bly maar ‘n groot waarheid. Daar is weinig betroubare inligting oor wat die Covid-pad vir ons inhou en die meeste wetenskaplike modelle is reeds verkeerd bewys. Wat ons egter met sekerheid kan aanvaar is dat groot ellende vir ons in SA wag, beide met betrekking tot lewensverlies asook die ekonomiese impak wat oor etlike dekades gevoel sal word,

Pietertjie ·

As 1 miljoen mense in SA teen Augustus hierdie virus opdoen, is dit minder as 2% van die bevolking. Vergelyk dit met gewone griep se 10% …

Frikkels ·

Die syfers word drasties aangepas in aanloop tot verslapping van die noodmaatreels. Dis heeltemal duidelik dat die regering hierdie holrug geryde virus nog verder wil misbruik om hulle ideologieë te verstewig. Dit sal beter wees as hulle ophou leuns versprei en die tirannie laat vaar. Waar ek woon, gaan mense darem nog dood aan hartaanvalle en kanker, nie covid 19 nie!

Kobus ·

Kom ons aanvaar jy is reg, die regering lieg oor die syfers, wat van die res van die wereld – lieg alle lande? Dit is die syfers in die VSA. Begin Maart, 75 positiewe gevalle en 1 sterfte. Maand later 220000 gevalle, 6400 sterftes, 2 weke later 620000 gevalle, 30000 sterftes, maand later 1.5 mil gevalle 95000 sterftes. Die feit is hoe mere toetse, hoe meer die getalle – die werklike syfers in SA is baie meer en dit gaan eksponensieel vermeerder oor die volgende 4-6 maande. Moenie dat die politiek jou verblind oor die risiko nie. Kyk na die jongste artikel oor wat in Suid Amerika (Brazil) gebeur, die Pres. het daar vertel dat dit niks meer as n verkoue is nie, kyk na hulel syfers, Trump het vertel dat die land “oopmaak” Paasnaweek, kyk wat daar gebeur – al wat ek probeer oordra, is moenie die virus onderskat nie, dit is nie een bose komplot nie, dit is werklik wat aan die gebeur is wereldwyd. Dit neem lewens en gaan nog baie neem, en ja mense sterf steeds aan ander siektes en oorsake.

Emily ·

Kan die mense net ophou vir ons lieg. Hoeveel mense het nou al aan ander siektes gesterf, Maar die dood sertifikaart se dis Covid19.
Regtig ons bly in n siek land met n nog sieker regering.

Anoniem ·

Emily ek sal ook baie graag wil weet. In hoeveel gevalle was COVID 19 die hoofoorsaak van die sterfte. ‘n Mens lees net altyd dat die persone wat gesterf het diabetes, TB of ‘n ander siekte onder lede gehad het. Kan ‘n dokter asseblief vir ons daardie inligting deurgee want ons wil die waarheid weet.

koos10 ·

Irma, jy gaan nie die antwoord by ‘n dokter kry nie, want die regering beheer die syfers en die uitreiking daarvan. Nog geen mens is van COVID 19 ALLEEN dood nie.
Net so is die positiewe gevalle nie 1 tot 1 met mense nie, dis die aantal toetse wat positief was. Ek dink die totale positiewe gatalle moet die helfde minder wees.
As 1 mens positief toets moet die mense weer en weer getoets word totdat die uitslag negatief is (so elke 10 tot 14 dae ‘n toets) maar die persoon word net een keer negatief.
17200 POSITIEWE TOETSE
??????? POSITIEWE MENSE (HIERDIE KAN TOT 8600 MINDER WEES AS 17200)
7900 HERSTELDE MENSE
Nou lyk die prentjie mos bietjie anders?

capie ·

Die statistiek oor provinsies het skielik opgedroog. Is dit oordat hulle redigering van die statistiek so ooglopend was. Die Weskaap is nie onder hulle beheer nie en daarvoor sal hulle die Weskaap straf en die ekonomie in die Weskaap breek deur die Weskaap met hul verwronge syfers terug te hou in hul fase verligting.

Pieter ·

So oulik, die “statisitieke”. Die anc laat dit klink asof daar nêrens in SA enige ander sterftes a.g.v. enige ander ooorsake is nie. Wys daardie statistieke, dan sal almal sien hoe belaglik die hele affêre regtig is. Egter goeie bangmaak-taktiek vir al die skape daar buite wat alles uit die anc se monde glo, en in troppe tog so gehoorsaam is. Het die mensdom regtig so sleg geraak dat niemand meer vir hulself kan dink nie?

Kobus ·

Ek merk op baie van julle is nog in die ontkenning stadium, tot n mate verstaan ek dit. In Des het my vriend in China my vertel van die sterftes en het ek gedink dit sal my nooit raak in N-Amerika nie. Toe dit Europa trek, het ek gesien hoe hospitale spartel om dit te beheer, het met een van die dokters gepraat en besef dit is nie n bangmaakstorie nie. Toe tref dit ons, die feite is, anders as die ander siektes wat jullle noem ( griep/TB/malaria ens.), is daar geen voorkoming of entstof nie, en gaan daar vir lank nie wees nie. Dit is geweldig aansteeklik, en ja, kwesbare groepe is meer op risiko, want al wat jy het om dit te veg is jou eie liggaam, jul hoef my nie te glo nie, maar baie sterf wat geen onderliggende siektes gehad het nie. Kyk na die ouderdomsstats, dit is ook nie net die ou mense nie. Dit is hoogs aansteeklik. Moenie dit onderskat nie, as jy jou en jou medemens se lewens ag, pas social distancing toe, gebruik common sense, respekteer dit, moenie dat spyt te laat kom nie.

Pieter ·

Kobus, in SA is mense baie banger (en die kanse is BAIE groter) om van honger te dood, vermoor te word, in taxi’s of busse verongeluk te word as om van die virus te dood.

Kobus ·

Ek verstaan, dit is hartseer, maar in sekere opsigte waar. Sterkte en pas jul mooi op. Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.