Covid-19-statistieke: Meer as 5 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 680 300 bevestigde Covid-19-gevalle met 5 361 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 680 373 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 56 765 nadat nog 54 sterftes aangemeld is: vier in die Oos-Kaap, 12 in die Vrystaat, 17 in Gauteng, vier in KwaZulu-Natal, drie in die Noord-Kaap en 14 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 567 635 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 93,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 757 176 toetse vir Covid-19 gedoen, 43 776 sedert die vorige verslag.

Altesaam 479 768 gesondheidsorgwerkers is tydens die eerste fase van die inentingsprogram ingeënt. Meer as 637 800 mense is reeds tydens die tweede fase ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap198 23911,8%
Vrystaat102 7866,1%
Gauteng465 66827,7%
KwaZulu-Natal340 39320,3%
Limpopo65 8063,9%
Mpumalanga83 2435%
Noordwes77 3984,6%
Noord-Kaap51 7923,1%
Wes-Kaap295 04817,6%
Totaal1 680 373100%

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 668185 5041 067
Vrystaat4 39289 8918 503
Gauteng11 339434 45219 877
KwaZulu-Natal10 523325 2454 625
Limpopo2 47262 410924
Mpumalanga1 45679 8461 941
Noordwes1 94969 0036 446
Noord-Kaap1 12942 0678 596
Wes-Kaap11 837279 2173 994
Totaal56 7651 567 63555 973

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dirk Mostert ·

Byna die helfte van gevalle is van Gauteng. Ek wonder of in Gauteng ook dieselfde proporsie entings toegedien is.

VaalDonkie ·

Is maar net so dat daar waar die meeste mense woon, die meeste gevalle en sterftes sal wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.