Covid-19-statistieke: Meer as 75 000 aktiewe gevalle

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê 16 366 nuwe gevalle van die koronavirus is aangemeld wat ʼn positiwiteitskoers van 23,8% verteenwoordig.

Dié koers is effens laer vergeleke met die vorige verslag (24,3%). Die sewedaggemiddeld staan tans op 16,8%, hoër as die gemiddelde 14,7% van die vorige dag.

Nog 21 sterftes is intussen aangemeld.

Die land se dodetal staan nou op 89 965 met minstens 3 020 569 mense in Suid-Afrika wat reeds die koronavirus opgedoen het.

Wat hospitalisasies betref is nog 110 Covid-19-pasiënte sedert die vorige verslag in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Altesame 3 255 pasiënte word tans vir Covid-19 in die hospitaal behandel.

Die meeste nuwe gevalle is weer in Gauteng (71%) aangemeld gevolg deur die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal met 6% elk. Dié provinsies word gevolg deur Mpumalanga (5%). Limpopo en Noordwes het elk 4% van die nuwe gevalle aangemeld. Die Vrystaat en Oos-Kaap het op hul beurt elkeen 2% van nuwe gevalle aangemeld terwyl die Noord-Kaap 1% van die nuwe gevalle aangemeld het.

Daar is tans meer as 75 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 855 474 mense van die virus herstel.

Meer as 26,3 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 4 Desember 2021Totale gevalle tot en met 4 Desember 2021
Oos-Kaap316294 155
Vrystaat327166 610
Gauteng11 607984 479
KwaZulu-Natal1 002521 599
Limpopo638125 537
Mpumalanga743156 205
Noordwes615156 559
Noord-Kaap10193 654
Wes-Kaap1 017521 771
Totaal16 3663 020 569

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Anel ·

Ja, en vanaand gaan ons seker in inperking vlak 5!!! Wat ‘n klug!! Daar is meer mense die naweek vermoor en in ongelukke dood, maar o, my, maar tog net nie ‘n seer keel of ‘n loop neus hê nie. Asseblief, hou tog nie net op met hiedrie paranoia en histerie. Wat word nie verstaan nie, om positief te wees beteken nie die doodsvonnis nie. En as jy dan nou regtig do bang is gaan dluit jou toe in ‘n sterliele borrel. Maar my! Die wêreld kan nie gaan stil staan oir ‘n klomp paranoïese, histeriese mense nie. Daar is mense wat sukkel om te oorleef, om geld te kry vir kos, maar nee, niemand dink aan doe hongersnood nie. Mense moet bedef dat ons almal die paadjie van die dood stap. Wees eerder voorbereid. Julle wat so bang is, waar is julle geloof? Dit is hoekom ons sit waar ons sit vandag. Bang, paranoïese en histeriese mense. Ek is lankal oor dit.

Zombie ·

Hoe pas jou emosionele kommemtaar en tirade in, by die feite van die berig wat stastiek weergee? Miskien gaan jy by die verkeerde berig tekere? Hoe dit ook al sy, ek hoop jy voel beter na die tirade en dat jy in jou geloof ń vredevolle Sondag sal beleef. Vandag is mos die viering van die die tweede Advent vir die aanhangers van die Christelike geloof.

Jeepie ·

Ai tog. Word tog net wakker. Wag tot een van jou mense sterf. Dan is die nommers nie net nommers nie. Wag tot jy moet bid vir een van jou hart mense om te oorleef. As jy ‘n keelseer of loop neus het en nie asem kan kry nie, bly maar by die huis. Moet ook nie na ‘n dokter toe gaan en dan nog suurstof vra nie. Die mense wat paranoia het is die wat glo dit is net verkoue, van die duiwel en world order snert. Hou op om na al daai stemme in jou kop te luister en gaan kry behandeling om daai stemme stil te maak.

MakersMark ·

Gooi water by daai goed. So skoon tas dit die brein aan.

Leesbril ·

Stem ook saam, moet maar alle plasings oor dit soos n stopteken ignoreer sodat die media die boodskap kan kry

Jeepie ·

Kry seblief vir jou ‘n ander lees bril. Duidelik werk jou bril nie as jy die realiteit lees nie.

piet ·

Praat van aggressief en beledigend. Haal eers die balk uit jou eie oog uit.

piet ·

Ek sou ook dalk Pieter want die inhok is nou naby vir oningeentes. Mens kan verstaan dat die klompie nou baie ongemaklik gaan raak.

VaalDonkie ·

Gelukkig het ek ‘n groot swembad en vinnige internet hier byrie huis. Hulle kan my maar hok. Dit spaar my net petrolgeld.

Francois Le Cochon ·

Anel, dit is weens paranoia en histeria dat “slegs” 89,000 al sover gesterf het. Indien daar geen paranoia en histerie was nie, sou die sterfte syfer al in die miljoene gewees het, en moontlik sou jy ook familie en vriende moes begrawe, of hulle jou begrawe.

Gerhard ·

Ons is almal al moeg vir covid. Maar om net blind te wees vir alles wat gebeur is wat ons in hierdie pandemie sal hou. As mense hul maskers dra en veilig is soos nodig en afstand hou kan dit onder beheer bly. Maar nee ons weet mos altyd van beter.

Francois Le Cochon ·

Gerhard, ek stem saam. Spreuke sit mooi uiteen wie en wat is die “wyse” en die “dwaas”. Sedert die koms van covid sien samesweerdes nou die wyse as die dwaas, en die dwaas as die wyse.

Alexander ·

ek begin dink Covid verwante stress het ‘n tipe psigose in sommige mense ge-trigger en die volgende ding maak hul ‘n video waar hul een of ander weird storie uitlê met bewyse wat hul op internet gevind het en die volgende ding is daar aliens en demone betrokke :)

MakersMark ·

En die dier, die antichrist, die new world order, die illuminati, bilderberg, council of 13, the club of Rome, die ANC, big pharma, stigter van Microsoft, en almal onder die versamelnaam “hulle”. Natuurlik saam met die demone en aliens.

melaney ·

Anel die dokter sal jou graag ‘n paar strespille kan voorskryf.

Esme ·

En van politici, tot medici, tot sakemanne dryf ‘n eksperimentele vaksien met die wete dat meer mense negatief as positief geraak word. Ek sit met my ma – sy was kerngesond vir 84 – 3 maande na die Vaksien ly sy aan dementia en jaag sy my uit haar huis en lewe uit.

annie ·

As Pfizer dink ek gaan nog een van hul spuite vervaardig uit hartseer mega-aborsies ontvang dan gaan hulle lank wag. Die nagevolge word deur die pers en die res verswyg asof dit belangriker is as die tien gebooie. Of die spuitstof wat glo erge simptome sal teëwerk, nie wel eintlik tog ‘n ligter tot swaarder aanval van covid bewerk nie, sal nooit erken word nie, maar diegene wat siek word na die kamma-entstof, sal anders getuig. Die WGO van wie niemand nog ooit siek geword het nie, moet beter en mooier akteurs bekom.

Erik ·

Annie, glo jy als wat jy lees? Die maan is van kaas gemaak. Daarsy, nou moet jy my ook glo, want jy het dit mos gelees.

Gerhard ·

Glo mense nog die aborsie twak? Ek het gehoop dit is al soos die autisme agtergelaat.

Zombie ·

Het jy spuite vir Pfizer vervaardig en nou gaan jy ophou om dit vir hulle te doen @annie? Die vraag is na aanleiding van jou eerste sin: “As Pfizer dink ek gaan nog een van hul spuite vervaardig…”

annie ·

Mmmm… Eintlik lê dit laer af. Ek wag vir die manne om te begin braai.

Truman Burbank ·

Dalk was jy gelukkig met die eerste een en het jy die placebo ontvang.

Esme ·

Die Vaksien oortref die 10 Gebooie, Jesus se Wonderwerke, ware geloof in ons Hemelse Vader maar nog staan die toue om gevaksineer te word.

MakersMark ·

Gee raad vir die wat geliefdes verloor het, wat ook geglo het, gebid en gesmeek het. Of word sekeres voor getrek ?

piet ·

So wanneer gaan die president die ongehoorsames op hul plek sit?

Truman Burbank ·

Jou prezzie het op nationle tv belowe niemand gaan gedwing word nie. En niemand gaan voorregte verloor nie. Gaan kry jou jab, jou boosters ens. Lots of luck

piet ·

Jou president ook of jy nou daarvan hou of nie. Kry vir jou.

MakersMark ·

Niemand gaan gedwing word nie. Jul antivaxers se lewentjies gaan net so effens moeiliker raak.

Erik ·

Die oplossing is heel eenvoudig. Besluit self om die inenting te kry, dan kan jy maar ontspan daarna. Dis baie bevrydend. Natuurlik kan jy nog aansteek en ander aansteek, en sal jy nog jou masker moet dra, maar jy wonder nie meer of jy in ICU gaan opeindig nie en enige beriggewing oor verpligte inenting skeel jou ook min.

Ek kan nie verstaan dat wanneer die Here vir ons ‘n reddingsboei uitgooi, dat ons dit nie wil neem nie.

Gerhard ·

Ek dink altyd aan daai storie van die ou wat in sy boot vasgevang was in n storm wat toe verdrink het. Hy het gewag vir God om hom te red en wou nie by die reddingsboot of helikopter wou inklim wat toevallig uit dir bloute opgedaag het nie…

Francois Le Cochon ·

Gerhard, of die ou wat gebid het dat daar ‘n parkeerplek moet oopgaan. Toe daar wel ‘n parkeerplek oopgaan, se^ hy, toe maar Here dit is nie meer nodig nie.

MakersMark ·

Volgens die anti vaxxers is alles van die dier en die bose. Net soos in die middeleeue, suspisie en emosionele agendas het als beheer. Na die renaissance het die lig gekom, wetenskap het ontwikkel, kuns en taal en tegnologie. Kennis het versprei deur die druk van boeke en so ook die Woord en die verlossings boodskap. Ongelukkig is sommiges nog steeds vasgevang in hul eie vrese en bygelowe wat hul 100% terugsit in die donkerte.

Johan ·

Het jy n reddingsboei nodig as die water half lyf diep is…al wat jy moet doen is ophou paniekeer, en uit die water loop.

Hannes ·

En… Natuurlik kan jy nog in ICU opeindig of selfs sterf na jy tenvolle ingeënt is.

Truman Burbank ·

Jy het nog nie gesien hoe lyk dit as iemand sterf na die jab nie het jy?

MakersMark ·

Nee al baie mense sien sterf in die ’80’s maar nog nooit van ‘n CV19 inenting nie. Maar het jy al iemand sien sterf na 5 maande op ‘n ventilator agv CV19 longontsteking?

jou gewete ·

n man wat ek ken het gese g- string vir mans is bevrydend

MakersMark ·

Definetief maar aan jou girl nie aan jou nie. Jou gewete gaan jou pla.

Cherokee ·

Ek is nog elke keer een van die duimoppers by Anel se kommentare, melaney. Laat haar toe om haar sterk uit te spreek daaroor, want hierdie debat is om uitsing te gee aan gevoens.

Francois Le Cochon ·

Cherokee, party keer is dit beter om stil te bly en dat mense dink jy is oningelig, as om uiting te gee en alle twyfel uit die weg te ruim.

Cherokee ·

Wees net geduldig en versigtig mense. Na my mening sal covid stil verdwyn teen middel 2023. Ek kom nou uit ‘n hospitaal, en was uiters versigtig en ek GLO. Bly weg van inentings en van skare mense. Was hande elke keer wanneer jy uit enige publieke area stap. Jy sal veilig wees.

Francois Le Cochon ·

Cherokee maak dit eerder 2032, of selfs 3023. Die griep virus is immers al sedert 1570 met ons, en muteer nog steeds.

Cherokee ·

Dit is wel so François, maar vir die eerste keer moet mense ‘n merk hê om te bewys hulle is geënt, en werkgewers wil mense nie toelaat om geld te maak, tensy hulle die merk het. Regering dreig om mense vanaf openbare plekke af te hou, as hulle nie die ‘merk’ oftewel ‘covid paspoort’ het.
Let op wat ek skryf. Ek sê ‘na my mening’, want na my mening vergelyk dit met die voorvoorspelling.

Lourens CFG ·

100% Cherokee, maar pasop, ek sien die vaxxers is op hul pos en raak erg persoonlik op alle vlakke.
Ek en my vrou is 69 en stel glad nie belang in die spuit wat nie werk nie. Ons gaan slegs dorp vir kos wanneer dit stiller is, dra maskers, en was ons “winkel” hande sodra ons tuis is.
Gesegde sê, “This crises will pass”.
Wees almal geseënd. (Vaxxers ook)

Johan ·

Jy het jou opinie bietjie verander? Het jy nie altyd saam die mediese bende hier geskree nie Ch?

Cherokee ·

Geheue probleem, Jh? Geheue? Jy’s die enigste wat so dink. Verwys gerus na so skrywe. Jy sal dit nie opspoor nie, want daar is g’n so iets.

Erik ·

Cherokee, waarom was jy in die hospitaal? Wat glo jy? Hoekom nie ingeënt word nie? Ek verstaan nie jou kommentaar nie?

Dis soos ‘n vriend wat gister vir my vertel hy het lang Covid en dis baie erg. Hy is nie ingeënt nie. En dan sê hy in dieselfde asem mens moet wegbly van die inenting? Ek wou sê ‘huh’, maar wou nie ongeskik voorkom nie.

Cherokee ·

Hernia is wat my in ‘n hospitaal beland het, Erik. Bloed opgebring. Dringende operasie gewees.
Om jou vrae duideliker te antwoord, want jy vra dit op ‘ n ordentlike manier, ek glo covid is waarvan vertel word in Openbaring 13.

Jy kan gerus oplet na dit spottende verwysings vanaf sommige vaxers, en oppas om nie in die kring van spotters te wees nie.

Erik, die voorspelling sê dat dit 42 maande gegee sal woord om chaos te saai. Dan sal dit weg wees. Weg soos in koebaai.

Erik ·

Cherokee, dankie vir jou antwoord. Ek gaan dit bietjie oplees.

Cherokee ·

Thanx Mark. Baie dankie.
Moet nog baie versigtig hoes en lag, want operasie was direk op die maagspiere, maar dit is sterker by die dag.

Cherokee ·

Terloops, mbt hernia, dit was ‘n operasie op die naelstring.

Johan ·

C19 gaan homself dood muteer en oorwaai binne die volgende paar weke. Dan kan die ontledings en onderoeke begin. Die mediese kartelle en pro vaxers wat die geld en magsvergryp voorgestaan het kan maar solank n knie begin kies om op onversoning te begin vra…

MakersMark ·

Ek is pro vax maar stem saam dit kan gebeur. Sal dalk nie uitsterf nie maar kan ‘n minder dodelike vorm aanneem. Spaanse griep het presies dieselfde gedoen. Maar tot dan is ek bly ek is ingeent.

Esme ·

Dit is vir my verbysterend hoe dat sogenaamde Christene beweer dat hierdie Vaksien uit die hemel neergedaal het – die bewering word gemaak dat God die formule van die Vaksien aan Wetenskaplikes verskaf het om lewens te red – die oorgrote meerderheid Wetenskaplikes wat die bestaan van God ontken. Dit is asof die Gelowiges van vandag vir God wil se, ‘Staan asseblief, eenkant. U kan ons nie help nie! Ons hulp kom uit laboratoriums uit.’
Weekliks sit mense in kerke en bevestig hulle geloof in en aan God – hulle mislei hulself, want hulle glo nie regtig wat hulle belei nie.
Word mense se lewens, inkomste of welvaart vandag bedreig, reik hulle uit na die wereld se oplossings. Ek verstaan dat die mediese wetenskap sy plek het in die wereld – dit is inteendeel ‘n groot seening vir ons – maar wanneer dit verhef word tot ‘n goddelike status, en die Wetenskap vereer word, word dit niks minder as ‘n afgodsdiens nie.
Is Bybelse geloof wat God van ons vereis, nie meer belangrik nie?

Jeepie ·

Shame. Moet seblief nie na jou dokter gaan en vir ‘n kopseer pil of iets vra nie. Dit is die duiwel se werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.