Covid-19-statistieke: Meeste gevalle steeds in Gauteng

Argieffoto (Foto: Lindsey Parnaby/AFP)

Suid-Afrika het teen Sondagaand altesaam 3 603 856 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 2 226 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 117 sterftes is aangeteken, waarvan 15 die afgelope 24 tot 48 uur bevestig is. Dit bring die algehele sterftesyfer op 95 022 te staan.

Altesaam 3 443 535 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. Tans is daar 65 299 aktiewe gevalle van Covid-19.

ʼn Totaal van 23 347 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 16 200 (69,4%) in die private sektor en 7 147 (30,6%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (34%), gevolg deur die Wes-Kaap (16%), KwaZulu-Natal en Mpumalanga (13% elk), Limpopo en Noordwes (7% elk), die Vrystaat (6%), die Oos-Kaap (4%) en die Noord-Kaap (3%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Gauteng: 756
  • Wes-Kaap: 351
  • Mpumalanga: 276
  • KwaZulu-Natal: 256
  • Limpopo: 157
  • Noordwes: 147
  • Vrystaat: 128
  • Oos-Kaap: 99
  • Noord-Kaap: 56

Die departement van gesondheid het aangedui dat altesaam 29 812 348 inentings teen Sondagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Adriaan ·

Hoe dit begin het:
n Stryd teen n pandemie om mense te beskerm.

Waar is ons nou:
n Stryd teen mense om n pandemie te beskerm.

Hein ·

Noudat daar gevra word om die inperking e noodtoestand op te skort styg die gevalle skielik. Ai tog almal is nie so dom nie ons sien deur die klug

VaalDonkie ·

Waar is die nommers oor opnames en totale hospitaal-gevalle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.