Covid-19-statistieke: Meeste nuwe gevalle in dié provinsies  

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 2 605 586 bevestigde Covid-19-gevalle met 10 139 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het bevestig dat 2 5605 586 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Volgens Nios is die jongste positiwiteitskoers 21%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (28%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (26%) en die Oos-Kaap (13%). Die totale aktiewe gevalle is 152 812.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 77 141 nadat nog 272 sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 375 633 mense reeds van die virus herstel, ‘n herstelkoers van 91,2%.

Suid-Afrika het tot dusver 15 595 731 toetse vir Covid-19 gedoen, 48 316 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 219 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 14 274 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 9,3 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleTotale gevalle
Oos-Kaap1 352242 970
Vrystaat517136 958
Gauteng1 241889 102
KwaZulu-Natal2 878430 789
Limpopo259116 441
Mpumalanga429135 515
Noordwes450136 289
Noord-Kaap40672 908
Wes-Kaap2 607444 614
Totaal10 1392 605 586

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap13 183219 739
Vrystaat6 000117 639
Gauteng18 089856 494
KwaZulu-Natal12 535373 806
Limpopo3 673109 059
Mpumalanga1 782128 215
Noordwes3 321114 439
Noord-Kaap1 84765 386
Wes-Kaap16 711390 856
Totaal77 1412 375 633

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Boksombende ·

Ek glo nie die nommers is akkuraat nie. Ek weet van baie mense wat COVID simptome gehad het (hulle was in aanraking met COVID+ mense), maar gekies het om self te isoleer en aan te sterk by die huis sonder om hulself te gaan toets.

MakersMark ·

So nou is die syfers verkeerd want mense het nie getoets nie. Die syfers wat hier weerspieël word is die aantal toetse en die hoeveelheid toetse wat positief was. So hoe kan die syfers wat gerapporteer word verkeerd wees agv mense wat nie getoets het nie ?

Andreas ·

Die syfers is beslis onsin. Alles is geherdefineer “COVID” toe, mits een van die toetse positief kan wees. Die toetse se bewyskrag is egter nul. Kyk ook maar net wat “COVID simptome” is, dis amper alles in die boek wat mens aan kan dink.

VaalDonkie ·

Die ding wat my hartseer maak is hoe ons kwaad raak vir mekaar afhangend van watter kant van die inspuitingsaak ons staan. Intussen wil die ANC ons regte verder ondermyn en besighede maak toe. En dan wil hulle ons blameer en teen mekaar opsweep terwyl dit ooglopend is dat hulle COVID as ‘n verskoning gebruik om hulle eie wil af te dwing. Ou Kopdoek wou al lankal alkohol en tabak verban. So sy’s baie in haar noppies nou. En ou Cele wil gewere verban. En die IEC wil verkiesings verban. En so aan. Moenie vir my kwaad wees oor ek nie ‘n inspuiting wil he nie. Wees eerder kwaad vir Cyril en sy trawante.

Chef ·

Stem saam VaalDonkie. Hoe tragies dat persoonlike keuse en die reg om dit uit te oefen, na watter kant toe ookal, mense uitmekaar dryf. Die dieperliggende vrese van mense word hierdeur onbloot.

piet ·

Wat my hartseer maak, is mense wat nie hul samewerking wil gee vir die beswil van die land nie. Om die ou inspuitinkie te neem is die minste van moeites maar nee, alewig teenstrewig en koppig. Dis jammer, ons gaan sukkel om oor hierdie ding te kom. Ander lande is amper terug na normaal omdat hulle mense hul samewerking gee.

Oom Kaspaas ·

As mense maar net hulle samewerking wil gee dan gaan daar nie ‘n covid wees vir hulle om te gebruik nie, maar ja “ons” mense hou maar van dwars wees en sukkel en dan is hulle mos die “victims”want die hele wêreld staan saam om “ons” te wil breinspoel en uitroei

MakersMark ·

Wat my bang maak is hoeveel mense nog in snert glo. Inenting gaan “jou DNA verander, jou CV19 gee, geentes gaan almal oor 5 jr sterf, sateliete gaan die geentes se gedrag patrone verander” . Ongelukkig lyk dit asof indien wetenskaplike konsepte nie verstaan word nie gaan die suspisie vlakke op en die konsepte word as sameswerings teorieë afgemaak. Ten koste van om die impak van CV19 op die gemeenskap te verminder deur 75% van die bevolking in te ent. Almal kerm oor geld, ekonomie, drank en tabak verkope maar dit gaan nie verander tot die hospitalisasie en afsterwes verminder nie. Dis waarom die inentings paspoort op pad is. Sit met sigaret in een hand alkohol in die ander en sal eerder luis olie, peroksied, swembadsuur en wat ookal konkoksie gebruik “want die inenting is gif”. As dit mens nie bang maak nie sal niks.

VaalDonkie ·

Julle mense moet ‘n slag na die wetenskap gaan kyk. mRNA is juis iets wat jou selle se DNA verander om sodoende die “spike protein” te maak. En as jy alreeds COVID gehad het en na die tyd die inspuitings kry, dan kry jy erger newe-effekte as wat ander sou kry. En dis nie sommer iets wat ek op 4Chan gelees het nie. Dis in die amptelike materiaal. Gaan lees maar self.

MakersMark ·

Dink nie so nie. Primate, onder andere chimpanzees deel 98.8% van die mens se genetika. So selfs ‘n klein verandering sal sigbaar wees. mRNA is “single stranded” en dra net genoeg kode oor na selle om sekere proteiene te maak soos ingeval van CV19 infeksie, teenliggame. Die “trigger” van liggaamselle om sekere proteiene vry te stel gebeur miljoene keer elke dag op sellulêre vlak. Menslike DNA is “double stranded” en veel meer kompleks as mRNA. Dit bevat bevoorbeeld genetiese informasie van vorige geslagte ens. Menslike DNA kan nie in situ in ‘n lewendige mens verander word deur inenting nie. En dis die wetenskap daarna jy verwys. Dat dit kan deur CV19 inenting is weereens ‘n sameswerings teorie deur anti vaxxers “genetiese experts” verkoop.

piet ·

mRNA het niks met DNA te doen nie en as dit gekombineer word met jou DNA kan dit NIE jou genetika verander nie.

MakersMark ·

Definetief piet maar daar is duisende genetiese bioloë hier wat beter weet. Middel eeuse teorië.

piet ·

Hulle sien RNA en dan gaan daar DNA klokkies by hulle af. Lyk my dis ‘n lees en/of verstaanprobleempie.

Christina ·

Op fb gelees van mense wat tot 4 keer getoets is, ekself is 2 keer getoets, eerste keer net gehoes, toe gestuur vir toets, negatief. 2de keer 4 weke later het ek dit by die huis gekry, nadat ‘n familielid by sy werk aangesteek het, postitief, die Here was goed vir my, ek het dit redelik gehad. Baie dankbaar

Hardekwas ·

Uit my leke waarneming blyk dit dat die verligtes vír en die konserwatiewes teén die inenting is. Hoekom sou dit wees, as dit korrek is?

Thom ·

Die meeste konserwatiewes leef nog in die donker eeue en glo dat die aarde plat is en dat 911 deur die VSA ” gestage ” is .

Hardekwas ·

Ek neem in wat jy sê Thom, maar daar moet tog n meer aanvaarbare verklaring wees.

Hardekwas ·

Ek weet nou nie of die afduimpies verlig of konserwatief is nie. Ek vermoed dit is n konserwatiewe afduim. Piet jou inligting blyk korrek te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.