Covid-19-statistieke: Net 19 nuwe gevalle hiér

‘n Gesondheidswerker berei ‘n dosis van die J&J-entstof voor.
(Photo by Phill Magakoe/AFP)

Limpopo en Noordwes het Vrydag elk net 19 nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken. Gauteng (163) het die meeste nuwe gevalle aangeteken, gevolg deur die Wes-Kaap (64) en KwaZulu-Natal (59). Die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal het steeds die meeste aktiewe gevalle, met meer as 5 000 mense in elk van dié provinsies wat tans Covid-19 onder lede het. In die Oos-Kaap het net 298 mense tans die virus.

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap31
Vrystaat43
Gauteng163
KwaZulu-Natal59
Limpopo19
Mpumalanga33
Noordwes19
Noord-Kaap44
Wes-Kaap64

Volgens die departement van gesondheid se nasionale statistieke is 475 nuwe Covid-19-gevalle Vrydag in Suid-Afrika aangeteken. Dit verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van net 1,7%. Hoewel dit minder nuwe gevalle as Donderdag is, is dit ietwat meer as die gemiddelde daaglikse nuwe gevalle die afgelope week, wat 387 is. Nog 47 sterftes is aangeteken en 34 mense is in die hospitaal opgeneem.

Altesaam 183 074 mense is Vrydag teen Covid-19 ingeënt. Minstens 20 382 hiervan was kinders tussen 12 en 17 jaar oud, wat beteken dat amper 121 000 kinders reeds een dosis van die entstof ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

MakersMark ·

Hou op nonsens praat en kyk waar jy ry…..Dink jy ken die joke!

piet ·

Gaan jy nie winkel toe en staan in rye nie? As jy wel siek is en moet isoleer, kan jy ‘n spesiale stem uitbring.

Dirk Mostert ·

Die verkiesings-saamtrekke is nou verby. Kom ons kyk wat November oplewer.

john ·

Net 19 gevalle maar ons is sogenaamd in a pandemic so the BS en vernietiging van die ekonomie continues.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.