Nog 1 649 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag dié toename in gevalle verteenwoordig ’n positiwiteitskoers van 6,3% nadat dié koers die vorige dag op 5,7% gestaan het.
Minstens 3 675 691 virusgevalle is tot op hede in Suid-Afrika aangemeld.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 430 nadat nog 18 sterftes aangemeld is, waarvan ses sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ʼn voortgesette oudit kan daar ʼn agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (37%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, wat elk onderskeidelik 20% en 19% van die nuwe virusgevalle uitmaak.
Daar is tans meer as 25 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika.
Nog 49 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Altesame 2 887 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.
Meer as 31,6 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsie | Nuwe gevalle op 1 Maart 2022 | Totale gevalle tot en met 1 Maart 2022 |
Oos-Kaap | 74 | 343 469 |
Vrystaat | 64 | 200 742 |
Gauteng | 606 | 1 193 505 |
KwaZulu-Natal | 337 | 652 371 |
Limpopo | 55 | 154 644 |
Mpumalanga | 109 | 191 382 |
Noordwes | 65 | 191 018 |
Noord-Kaap | 31 | 108 321 |
Wes-Kaap | 308 | 640 239 |
Totaal | 1 649 | 3 675 691 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Swedish lab studies show that mRNA from the ‘vaccines’ does integrate itself into human cellular DNA.
This means that a shot of the Pfizer vaccine, taken even once, permanently changes the DNA of affected cells.
BID VIR ONSE VADER LAAT DIE GEMORS OOK NOU EINDE KRY DAAR IS NIKS MEER SO KWAAI AAN DIT NIE
Covid ons worry nie meer oor jou nie want GOD IS IN BEHEER, NIE JY NIE!!!
Gee ons bietjie statistieke oor kanker, chroniese siektes, geslagsgebaseerde geweld en anderom, moorde!! Maar dis eintlik ook nie waarin ons elke dag wil lees nie.
Al wat ek eintlik probeer sê, is dat die syfers ramptoestande is as jy nog steeds COVID as n ramptoestand wil klassifiseer.
Jy praat van die draak en dier maar lees daarmee saam ook Openbaring 14.