Covid-19-statistieke: Nog 40 pasiënte sterf

Dr. Zweli Mkhize (Foto: Zweli Mkhize/Twitter)

Die nuwe koronavirus het nog 40 lewens in Suid-Afrika geëis.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand die land se jongste Covid-19-syfers in ’n verklaring bekend gemaak.

Luidens die verklaring is 32 683 bevestigde gevalle van Covid-19 tot op hede in Suid-Afrika aangemeld waarvan 1 716 oor die afgelope 24 uur aangemeld is. Die land se dodetal staan nou op 683.

Altesaam 16 809 pasiënte het reeds herstel. Dit dui op ’n herstelkoers van 51,4%, het Mkhize gesê.

Altesaam 725 125 Covid-19-toetse is tot op hede aangemeld waarvan 23 242 die afgelope dag gedoen is.

Die Wes-Kaap het steeds die meeste gevalle van Covid-19 (21 382) gevolg deur Gauteng met 4 003 gevalle. In die Oos-Kaap het 3 927 pasiënte reeds die nuwe koronavirus opgedoen.

Verspreiding van Covid-19-sterftes volgende ouderdomsgroep:

OuderdomsgroepGetal sterftes
0-92 (0,3%)
10-192 (0,3%)
20-294 (0,6%)
30-3940 (5,8%)
40-4977 (11,3%)
50-59174 (25,5%)
60-69176 (25,8%)
70-79133 (19,5%)
80-8960 (8,8%)
90-9915 (2,1%)
Totaal683 (100%)

Sterftes volgens geslag:

Mans VroueTotaal
363320683

Sterfte- en herstelsyfers volgens provinsie:

Provinsie SterftesHerstel
Oos-Kaap821 987
Vrystaat8124
Gauteng332 060
KwaZulu-Natal521 248
Limpopo3143
Mpumalanga072
Noordwes145
Noord-Kaap131
Wes-Kaap50311 099
Totaal68316 809

 

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pierre ·

Ek sien ons regering sukkel nog steeds met wiskunde. Die mense wat herstel moet sekerlik afgetrek word van die totaal?

Magriet ·

Ek betwyfek die akkuraatheid van die syfers. In die besonder die getal sterftes.

marius ·

So gereed soos ‘n pakkie vuurhoutjies op ‘n kruitvat . Dis wat hulle is .

Shaunette ·

Wat vir my baie eienaardig is…. Mense bo 60 moet asb by die huis bly…maar die sterfte syfer van mense 50-59 ewenaar die 60-69’s?

Jakes ·

Die statistiek wat daagliks aan ons ogedis word is beslis nie die ware toedrag van sake nie. Die herstel persentasie van 51% is ook te betwyfel. In ander lande is die herstel persentasie veel minder as 51%. Gegewe die feit dat SA duisende toetse in die laboratoriums agter is, is kommerwekkend. In elk geval is dit n feit dat meer as die helfte van suidafrikaners wel die virus gaan kry.

Frans ·

Die sterftesyfer gee ‘n duidelike aanduiding dat hoe ouer jy word,hoe meer kwesbaar is jy.Mense van 50 en ouer is verantwoordelik vir 558 van die 683 sterfgevalle,dit is 81.7% van die totale sterftes.
Die boodskap is duidelik ouer mense is meer kwesbaar en moet mense van 50 en ouer samedromming vermy.Dit sê vir my dat ek die tye waarop ek inkopies doen, moet doen buite spitstye en eerder aanlyn waar moontlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.