Altesame 7 632 pasiënte in Suid-Afrika het in die laaste siklus van 24 uur positief getoets vir Covid-19. Dit is weer heelwat minder nuwe infeksies as ʼn dag tevore (10 748) en ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle in die voorafgaande sewe dae (12 148).
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) verteenwoordig die jongste toename in Covid-19-infeksies ʼn positiwiteitskoers van 20,2% terwyl nog 163 Covid-19-verwante sterftes intussen aangemeld is.
Dit bring die land se dodetal op 79 584 te staan. Minstens 2 698 605 mense in Suid-Afrika het nou reeds positief getoets vir Covid-19 waarvan 2 455 998 van die virus herstel het.
Volgens die Nios is daar tans 163 023 aktiewe Covid-19-gevalle regoor die land.
Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (33%) en die Wes-Kaap (21%). Die provinsies word gevolg deur die Oos-Kaap (17%), Gauteng (7%), die Vrystaat (6% elk), Mpumalanga en die Noord-Kaap (5% elk), Noordwes (4%) en Limpopo (1%).
Provinsie | Nuwe gevalle op 23 Augustus 2021 | Totale gevalle tot en met 23 Augustus 2021 |
Oos-Kaap | 1 286 | 256 221 |
Vrystaat | 468 | 142 588 |
Gauteng | 513 | 898 668 |
KwaZulu-Natal | 2 542 | 456 693 |
Limpopo | 93 | 118 384 |
Mpumalanga | 367 | 140 630 |
Noordwes | 337 | 140 206 |
Noord-Kaap | 392 | 77 118 |
Wes-Kaap | 1 634 | 468 097 |
Totaal | 7 632 | 2 698 605 |
Nog 345 Covid-19-pasiënte is intussen in hospitale in Suid-Afrika opgeneem. In hierdie stadium word 13 537 mense landwyd in private en staatshospitale vir die virus behandel.
Altesame 247 293 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Meer as 10,7 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.
Van wanneer af is jy n pasient as jy positief toets?
Jy mag kwalik toets as jy nie siek is nie.
Toemaar, dit sal weer toeneem net voor die somer vakansie.
Intussen raak siekes steeds meer. Die virus is met ons vir die toekoms. Dalk moet ons begin kyk na hoe ons dit hanteer kry — en ek bedoel nié toets nie.
Ons luister graag na jou voorstelle…