Covid-19-statistieke: Nuwe gevalle styg weer

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 139 Covid-19-verwante sterftes in Suid-Afrika het die algehele sterftesyfer weens die voortgesette pandemie op 91 451 te staan gebring.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy daaglikse verslag nog 8 078 nuwe koronavirusgevalle is ook bevestig. Dit verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 20,1%. Tot dusver het 3 485 590 mense reeds die virus opgedoen en 3 238 246 mense het reeds herstel.

Daar is tans 153 893 aktiewe gevalle en die meeste nuwe gevalle (28%) word steeds in KwaZulu-Natal aangemeld. Die provinsie word gevolg deur die Wes-Kaap (22%), Gauteng (19%), die Oos-Kaap (13%), die Vrystaat (5%), Limpopo (4%), Mpumalanga en Noordwes (3% elk), asook die Noord-Kaap (2%).

Die getal nuwe gevalle (8 078) is hoër as ʼn dag tevore (3 232), maar nietemin laer as die getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (8 466), sê Nios. Die sewedaggemiddeld van nuwe gevalle het ook afgeneem.

Nog 309 mense is sedert Nios se vorige verslag in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en tans word 8 857 mense landwyd in hospitale vir die virus behandel.

Net minder as 60 000 dosisse entstof is Dinsdag toegedien. Dit bring die algehele syfer op 28 095 848 dosisse te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dirk Mostert ·

In China is nog ‘n stad agter slot en grendel weens 4 positiewe toetse, almal asimptomaties. Macron se poging om entings verpligtend te maak is in die Franse Laerhuis verwerp. Bojo gaan nie verdere beperkingsmaatreels in die VK instel nie. Die WGO erken dat Omicron net ligte simptome veroorsaak (TV).

Pietertjie ·

Toemaar, dit sal more-oormore weer daal, voordat dit weer styg.

Elize ·

Hulle moet eerder weeklikse statistieke gee, hierdie een dag op een dag af is onnodig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.