Covid-19-statistieke: SA sterftes nou meer as 52 000

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Altesaam 1 535 423 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 1 462 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 311 sterftes is intussen aangemeld nadat sommige provinsies hul data weens ’n agterstand vanaf Desember aangepas het. Die nuwe sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (1), Vrystaat (21), Gauteng (21), KwaZulu-Natal (138), Limpopo (43), Mpumalanga (6), Noordwes (65), die Noord-Kaap (3) en die Wes-Kaap (13) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 52 035 te staan.

Volgens Mkhize het 1 461 196 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 95%.

Nog 28 519 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 9 584 923 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaatsektor uitgevoer.

Byna 183 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Vrydag teen Covid-19 ingeënt.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 337183 136288
Vrystaat3 55876 7621 655
Gauteng10 119397 9082 760
KwaZulu-Natal10 030316 3826 220
Limpopo2 08360 102604
Mpumalanga1 32271 1781 057
Noordwes1 38859 0552 220
Noord-Kaap79431 1612 370
Wes-Kaap11 404264 5124 958
Totaal52 0351 461 19622 192

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Thom ·

Probeer liewer dink wat sterftes sou gewees het as dit nie vir die streng voorkomingsmaatreëls was nie ___ oorvol hospitale , gebrek aan suurstof , uitgeputte medici ens , ens .
Dit sou natuurlik beter vir die hele samelewing gewees het as die bevoorregtes agv van hulle vermoëns oorleef het en hordes van die rugryers liewer voortbeweeg het na ” kammaland “.

Jan ·

Die belangrike punt is dat inperkingsmaatreëls nerens ter wêreld enige wesenklike verskil aan die verspreiding of impak van die virus gemaak het nie. Abnormale sterftes word nou deur die gevolge van die maatreëls eerder as deur die virus veroorsaak. Die maatreëls is drakoniese misdaad teen die mensdom.

Francois Le Cochon ·

Die belangrike punt is dat inperkingsmaatreels oral in die wereld ‘n wesenlike verskil gemaak het aan die verspreiding en impak van die virus. Abnormale sterftes het ook nou verminder as gevolg van die maatreels. Hierdie drakoniese maatreels het die mensdom teen hulself beskerm.

Pietertjie ·

Die sterftesyfer het ná een jaar gekruip na amper 1 uit elke duisend van die bevolking. Dis besig om TB in te haal (wat net so aansteeklik is, en waarvoor geen inperking bestaan nie). Dis nou as bogenoemde syfers akkuraat is…

Jan ·

Die belangrike punt is dat inperkingsmaatreëls nerens ter wêreld enige wesenklike verskil aan die verspreiding of impak van die virus gemaak het nie. Abnormale sterftes word nou deur die gevolge van die maatreëls eerder as deur die virus veroorsaak. Die maatreëls is drakoniese misdaad teen die mensdom.

Lood ·

In 2019 was die totaal sterftes in Suid-Afrika aan griep en verkoue net so oor die 52 000 as ek die statistieke reg lees. Dit beteken die Covid 19 sterftes kom nou uiteindelik by die getal uit.

Francois Le Cochon ·

Jaarliks tussen 6 en 11 duisend, waarvan 50% bejaardes is, en 30% HIV mense. Dus nie 52,000

Jack ·

In afrika geld slegs die wette van die diktator en dit gladnie saak of die volk benadeel word nie solank die staat bevoordeel word. Die beginsel van alle afrika leiers is : Die staat eerste dan die volk. Die volk kan probeer om dit te verander maar die staat se houvas en vreesbestuur verhoed dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.