Covid-19-statistieke: Só lyk aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 1 538 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 725 177 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 6,2%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (39%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (24%) en die Wes-Kaap (23%). Die totale aktiewe gevalle is 11 422.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 100 067 nadat nog 15 sterftes aangemeld is, waarvan sewe sterftes in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 613 688 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 97%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 947 309 toetse vir Covid-19 gedoen, 24 914 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 34 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 163 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 33,9 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap90622
Vrystaat351 327
Gauteng5974 749
KwaZulu-Natal3683 165
Limpopo2097
Mpumalanga43386
Noordwes30589
Noord-Kaap7155
Wes-Kaap348332
Totaal1 53811 422

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 591328 233
Vrystaat7 654193 578
Gauteng20 6631 186 373
KwaZulu-Natal16 051642 577
Limpopo4 586151 221
Mpumalanga4 705188 344
Noordwes4 721187 857
Noord-Kaap3 218105 596
Wes-Kaap21 878629 909
Totaal100 0673 613 688

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mien ·

Nogsteeds verstaan ek nie die Wes-Kaap syfers, elke keer is die nuwe gevalle meer as die aktiewe gevalle???????????

VaalDonkie ·

Haha na amper ‘n jaar stem ek saam met iets wat Nommer7 skryf!

Cathy ·

Persoonlik dink ek SA is te haastig met die verslapping van die voorsorgmaatreels… As daar voorspel word dat volgende vlaag ons in Mei gaan tref, behoort daar eerder strenger vlakke toegepas word nou al maar geld en die April vakansie is die dryfveer… Mense druk hul koppe in die sand soos volstruise en dink dat die 5de vlaag ons nie gaan tref nie.

Nommer 7 ·

Cathy, u is reg. Party mense maak hul oe toe, en redeneer dan dat die wereld nie bestaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.