Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe, aktiewe gevalle nou

(Argieffoto: Unsplash)

Altesaam 1 551 501 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 777 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Die land het tans 21 942 aktiewe Covid-19-gevalle.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog agt sterftes is intussen aangemeld. Dié nuwe sterftes is onderskeidelik in die Vrystaat (3), Gauteng (1), KwaZulu-Natal (2), die Noord-Kaap (1) en die Wes-Kaap (1) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 52 954 te staan.

Volgens Mkhize het 1 476 605 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 95%.

Nog 16 391 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 9 956 086 toetse sedert die uitbreking van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaatsektor uitgevoer.

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 363183 911219
Vrystaat3 65478 2641 701
Gauteng10 348402 2352 683
KwaZulu-Natal10 226318 5035 716
Limpopo2 24160 679336
Mpumalanga1 34872 9371 125
Noordwes1 47860 6792 219
Noord-Kaap82532 9342 807
Wes-Kaap11 471266 7155 136
Totaal52 9541 476 60521 942

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henry ·

Dis verstommend dat die statistiek nie die realiteit reflekteer nie. In die berig is daar volgens edelagbare hoogheilige Mkhize geen sterftes vir sekere provinsies. Dit terwyl daar by ‘n privaat hospitaal in ‘n sekere Noordwes dorpie ten minste 3 Kovid 19 verwante sterftes per dag is. So hoe lyk die getalle by staats hospitale? Ek wonder maar net of ons nog enig iets kan glo wat deur die regering gerapporteer word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.