Covid-19-statistieke: Só lyk nuwe gevalle, inentings

(Argieffoto: Elmond Jiyane/GCIS)

Suid-Afrika het nou meer as 1 617 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 355 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 1 617 840 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 55 340 nadat nog 80 sterftes aangemeld is: ses in die Oos-Kaap, 22 in die Vrystaat, 32 in Gauteng, vyf in KwaZulu-Natal, ses in Limpopo en nege in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 527 968 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94,4%.

Suid-Afrika het tot dusver 11 166 950 toetse vir Covid-19 gedoen, 32 397 sedert die vorige verslag.

Meer as 479 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt tydens die eerste fase van die inentingsprogram. Fase 2 van die inentingsprogram het Maandag begin en meer as 39 000 mense is die afgelope twee dae ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap196 67312,2%
Vrystaat95 3425,9%
Gauteng436 48727%
KwaZulu-Natal338 16320,9%
Limpopo64 4854%
Mpumalanga80 1345%
Noordwes71 3824,4%
Noord-Kaap45 1672,8%
Wes-Kaap290 00717,9%
Totaal1 617 840100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 625184 676372
Vrystaat4 07085 3085 964
Gauteng10 913417 4198 155
KwaZulu-Natal10 464322 9964 703
Limpopo2 34261 787356
Mpumalanga1 42177 6661 047
Noordwes1 79864 4885 096
Noord-Kaap98737 9716 209
Wes-Kaap11 720275 6572 630
Totaal55 3401 527 96834 532

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

Hul wil almal kronies inent…Anders word jy gestraf met n masker en inperkings…dis krimineel, ons sal net uit dit kom met ‘n geveg. Wens die voorstaander van die regulasies wil wakker word en sien hoe hul help om almal slawe te maak.

SwartBees ·

Mog nie een van julle twee swaarde kruis met die virus nie. Ek was ook van mening dat dit n hoax / rumour / propaganda is totdat dit op ons stoep kom staan het. Kan jy jouself indink om nie naby n geliefde te mag wees en op n video call sien hoe die geliefde homself dood versmoor !!! En dit 6 weke in high care met masjiene, spesialiste en interniste wat hul bes doen en niks help nie.

Ek dare julle 2 om infected te raak en weer hier te kom brabbel oor jul experience (as jy
lewendig ander kant uit kom).

Baardman ·

As regering net so ywerig inent as wat hulle toets, sal dit ook beter gaan. Meer as 32 000 toetse in 24 uur, Die 479 00 inentings wat reeds gedoen is, kon dan binne 15 dae afgehandel word.

Johan ·

Dit is assof hul ons kronies op entstof wil sit. Toets jou teenligaampies, as dit bietjie laag is gaan ent jou in. Indien jy nog die kinders teiken met ontsmettingsmiddel en hul immuun afbreek is dit n lekker langtermyn plan ook. Kroniese medisyne maak die meeste geld. Daar gaan nie ‘n eindpunt wees nie mense, tensy ons dit stop.

Johan ·

Dit is presies wat die Dr. Op pta FM vanoggend gesê het “dit gaan wees soos flueshot wat jy maar elke jaar moet kry”. Dr. Eliwise?? Hulle screw ons lekker, en gaan nie stop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.