Suid-Afrika het nou meer as 1 477 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 376 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 1 477 511 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 46 473 nadat nog 183 sterftes aangemeld is: 27 in die Oos-Kaap, 24 in die Vrystaat, 45 in Gauteng, 12 in KwaZulu-Natal, drie in Limpopo, 21 in Mpumalanga, 19 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en 30 in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 1 363 947 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 92%.
Suid-Afrika het tot dusver 8 511 410 toetse vir Covid-19 gedoen, 15 599 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 192 846 | 13,1% |
Vrystaat | 77 699 | 5,3% |
Gauteng | 394 629 | 26,7% |
KwaZulu-Natal | 321 367 | 21,8% |
Limpopo | 59 774 | 4% |
Mpumalanga | 67 515 | 4,6% |
Noordwes | 58 497 | 4% |
Noord-Kaap | 32 658 | 2,2% |
Wes-Kaap | 272 526 | 18,4% |
Totaal | 1 477 511 | 100% |

Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 10 975 | 178 949 | 2 922 |
Vrystaat | 2 890 | 66 580 | 8 229 |
Gauteng | 8 660 | 379 343 | 6 626 |
KwaZulu-Natal | 9 091 | 289 268 | 23 008 |
Limpopo | 1 496 | 56 162 | 2 116 |
Mpumalanga | 1 094 | 64 024 | 2 397 |
Noordwes | 1 027 | 50 445 | 7 025 |
Noord-Kaap | 602 | 28 429 | 3 627 |
Wes-Kaap | 10 638 | 250 747 | 11 141 |
Totaal | 46 473 | 1 363 947 | 67 091 |


O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
1376 gevalle, regverdig dit “advanced level 3”?
Hoekom word die mense wat positief toets, nie met Ivermectin behandel nie? Of, gee vir die helfte Ivermectin en die ander die Covid entstof. Die probleem vir die regering is, die entstof kom dalk tweede.
Ek wonder waneer gaan die media nou ophou om die sogenaamde statistieke eensydig in ons kele te probeer afwurg? Kan julle dalk alle sterfgevalle insluit van bv vigs en TB en gewone griep sodat ons n meer gebalanseerde begrip kan kry? Regtig dit lyk of daar net een virus bestaan in die wereld want jy hoor niks van die ander meer nie.
Met 92% herstel koers regverdig dit nie eens n lockdown nie.
Sug…. al hierdie entstof force feeding maak my lam