Covid-19-statistieke: Sterftesyfer bly laag

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Altesame 38 797 Suid-Afrikaners het nou Covid-19 onder lede nadat die jongste virusgevalle bekend gemaak is. Ten spyte hiervan bly die sterftesyfer onder diegene wat positief getoets het, steeds laag.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar 4 954 nuwe koronavirusgevalle in die land aangemeld.

ʼn Totaal van 3 785 398 Covid-19-gevalle is al in die land bevestig met ʼn positiwiteitskoers van 22,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (44%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (27%) en die Wes-Kaap (12%). Die minste gevalle is in Limpopo en die Noord-Kaap (1% elk) aangemeld.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap3071 389
Vrystaat1922 218
Gauteng2 17413 428
KwaZulu-Natal1 36010 856
Limpopo59278
Mpumalanga79834
Noordwes133977
Noord-Kaap52688
Wes-Kaap5988 129
Totaal4 95438 797

Vyf nuwe sterftes is aangemeld, waarvan twee in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 100 360.

Die departement van gesondheid het vroeër gesê weens ʼn voortgesette oudit wat aan die gang is, kan daar ʼn agterstand wees in die getal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 646 241 mense reeds van die virus herstel –  ʼn herstelkoers van 96,3%.

Suid-Afrika het reeds minstens 24 445 151 toetse vir Covid-19 gedoen en 21 970 sedert die vorige verslag.

Altesame 2 140 mense word tans in hospitale vir Covid-19 behandel, waarvan 121 nuwe gevalle in die afgelope 24 uur in ʼn hospitaal opgeneem is.

Volgens Nios is meer as 34,8 miljoen inentings tot dusver gedoen.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 619330 048
Vrystaat7 685194 482
Gauteng20 6931 206 879
KwaZulu-Natal16 078648 576
Limpopo4 617151 637
Mpumalanga4 705189 272
Noordwes4 794188 614
Noord-Kaap3 220105 621
Wes-Kaap21 949631 112
Totaal100 3603 646 241

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.