Covid-19-statistieke: Weer meer as 20 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 170 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 20 999 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Donderdagaand bevestig dat 1 170 590 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 31 809 nadat nog 441 sterftes aangemeld is: 70 in die Oos-Kaap, 23 in die Vrystaat, 75 in Gauteng, 132 in KwaZulu-Natal, 11 in Limpopo, sewe in Mpumalanga, vier in die Noord-Kaap en 119 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 938 216 mense reeds van die virus herstel.

Suid-Afrika het tot dusver 6 967 478 toetse vir Covid-19 gedoen, 69 271 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap177 31415,1%
Vrystaat64 9255,5%
Gauteng315 73827%
KwaZulu-Natal236 17720,2%
Limpopo32 4932,8%
Mpumalanga41 9273,6%
Noordwes44 2553,8%
Noord-Kaap26 7012,3%
Wes-Kaap231 06019,7%
Totaal1 170 590100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap8 362162 0396 913
Vrystaat2 23855 8216 866
Gauteng5 998270 34039 400
KwaZulu-Natal5 002150 51980 656
Limpopo64723 8617 985
Mpumalanga67134 8286 428
Noordwes64835 5538 054
Noord-Kaap42123 4412 839
Wes-Kaap7 822181 81441 424
Totaal31 80993 8216200 565

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.