Covid-19-statistieke: Weer talle nuwe infeksies

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 1 267 nuwe gevalle van Covid-19 is bevestig, wat die algehele syfer op 1 556 242 te staan bring.

Dr. Zweli Mkhize sê in sy daaglikse bywerking 1 481 637 mense het reeds van die virus herstel. Die herstelkoers staan steeds op 95%.

Nog 53 sterftes is ook bevestig. Hiervan was 12 in die Vrystaat, 11 in Gauteng, twee in KwaZulu-Natal, tien in die Noord-Kaap en 16 in die Wes-Kaap. Die algehele sterftesyfer is 53 226.

Aktiewe gevalle:

KwaZulu-Natal:  5 731

Wes-Kaap:          4 962

Noord-Kaap:      2 928

Noordwes:         2 455

Gauteng:             2 392

Vrystaat:             1 595

Mpumalanga:    823

Oos-Kaap:           252

Limpopo:            241

Totaal:                 21 379

Meer as 30 000 nuwe toetse is sedert die vorige verslag gedoen en sedert die uitbreking van die pandemie in Suid-Afrika is 10 086 459 toetse vir Covid-19 afgehandel.

Inentings

Die getal gesondheidswerkers wat tot dusver ingevolge die regering se Sisonke-program ingeënt is, het teen Vrydagaand op 288 368 gestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

petro ·

dit is nou die griep seisoen wat in skop nou raak hulle weer en hoeveel padsterftes is byhulle statistieke getel

Francois Le Cochon ·

Petro, niks is wat mens dink dit is, voordat jy die feite het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.