DA-aankondiging onbepaald uitgestel

Mmusi Maimane. (Foto: AP Photo/Jerome Delay)

JONGSTE: Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag sy bedanking ingedien as leier van die party. Lees meer.

Die DA het die openbare aankondiging wat na verwagting Mmusi Maimane se bedanking as DA-leier openbaar sal maak, onbepaald uitgestel terwyl die vergadering daarvoor by die DA-kantoor in die Johannesburgse voorstad Bruma voortsloer.

Die aankondiging was eers vir 13:00 vanmiddag geskeduleer, toe is dit uitgestel na 15:00 en nou is dit onbepaald uitgestel.

‘n Bron in die vergadering het aan Maroela Media gesê die vergadering sloer voort omdat lede van die federale dagbestuur – baie van hulle dieselfde mense wie se besluite die naweek hom van ‘n magsbasis, legitimiteit en ‘n mandaat ontneem het, nou by hom pleit om te bly, en hy luister eers wat hulle te sê het.

‘n Ander moontlike vertraging kan opduik oor of die DA vir Maimane gaan toelaat om hul kantore te gebruik vir ‘n aankondiging wat bepaald sal bydra tot die DA se huidige agteruitgang.

Hoewel dit nooit moontlik is om met sekerheid te sê of ’n politieke leier gaan bedank nie – planne kan op die nippertjie gewysig word – staan die tekens van sy bedanking vol in die blom.

Mense wat sedert Sondag met Maimane gepraat het, het sy bui as “mismoedig” bestempel.

Dit volg nadat Helen Zille in die magtige posisie van leier van die DA se federale dagbestuur verkies is. Zille se verkiesing kom daarop neer dat Maimane se leierskap, visie en kandidaat vir die pos verwerp is.

Maimane het ook Maandag geen geheim daarvan gemaak dat hy Herman Mashaba se bedanking as burgemeester van Johannesburg ondersteun nie. Mashaba meen die Zille-groepering se magsoorname is ’n moreel verwerplike en onaanvaarbare skuif na regs.

Maroela Media is voorts bewus van minstens drie DA-LP’s wat dit tans baie sterk oorweeg om op grond van dieselfde rede te bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Wonder ·

My Intuïsie sê vir my dat Mmusi Maimane en Herman Mashaba gaan by die Eff aansluit of hulle eie party stig

GR ·

Die DAb was op die afdraande pad nou het Zille dit net verder kom opfoeter met haar mags beheptheid.

Pieter ·

Zill sal nog leer sy het gedink om daai klomp te kry om vir die DA te stem gaan haar help sy het haar self in die voet geskiet na die barkhuizen saak is ek klaar met die DA

Rina ·

Die meerderheid het vir hom gestem ……nee wat DA se dae getel

schaun ·

Die beste ding wat hieruit gaan kom is die feit dat die VF+ baie sterker gaan word en sodoende die onderhandeling kan begin vir n onafhanklike tuisland .

Dolf ·

Die VF+ moes al 25 jaar gelede daaraan begin werk het. Nou is dit te laat vir Pieterman.

Andre ·

Ons paar siele wat hier by Maroela kuier gaan geen verskil maak aan die lot van die DA nie. Ons getalle is te min!

Maar dit is in ons almal se belang dat die DA suksesvol moet wees. As die DA ondergaan … gaan Suid Afrika onder …!

Die groot DA oorlog vind plaas in die harte van miljoene goeie SWART mense. Hulle gaan die toekoms bepaal!

GRIET ·

Al stem ek nou gladnie DA nie, verlekker ek, myself nou geensins in hul krisis nie… want dit beteken net NOG GROTER mandaat vir ANC + EFF want die grootste opisisie party vou nou…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.