DA-burgemeester in Johannesburg uitgeskop

Mpho Phalatse (Skermgreep uit die video)

Mpho Phalatse, DA-burgemeester in Johannesburg, is Donderdag tydens ʼn mosie van wantroue uit haar amp geskop.

Thembinkosi “TK” Nciza, provinsiale sekretaris van die ANC in die provinsie, sê dié party verwelkom Phalatse se verwydering. “Die mosie is ondersteun deur ʼn meerderheid in die raad. Dit is ondersteun deur die ANC-koukus en ander partye as ʼn manier om die munisipaliteit te red teen die wanadministrasie van die DA-geleide veelpartyregering.”

“Die veelpartyregering het sedert November 2021 nog niks gedoen as om van die belangrikste werk om te keer wat hy van die ANC-geleide koalisieregering oorgeërf het nie. Alhoewel die ANC-koalisie pro-arm-beleide aanvaar het wat die lewe van armes in die stad wou verbeter, met townships en informele nedersettings wat spesifiek geteiken is vir ontwikkelingsinisiatiewe, het dienslewering in townships en informele nedersettings reg oor die metro agteruitgegaan onder die veelpartyregering.”

Nciza meen die finansiële probleme in die munisipaliteit is ook ʼn direkte gevolg van die ineenstorting van bestuur onder die veelpartyregering.

“Die munisipaliteit se finansies lyk beroerd ná maande se wanbestuur. Die veelpartyregering het ʼn munisipaliteit geërf wat finansieel lewensvatbaar was en waar belangrike projekte in die pyplyn was om miljarde rand se inkomste te genereer. Baie van dié projekte is sonder rede opgeskort en dit het die ekonomiese herstel van die munisipaliteit vertraag.”

Nciza sê ongekende stabiliteit in die bestuur van die munisipaliteit is ook duidelik te sien in die verskeie skommelinge van die burgemeesterskomitee. “Dit het verwoestende gevolge vir die belangrike werk waarby die infrastruktuurdepartement betrokke is.”

Hy sê die verwydering van Phalatse is die begin om die stad van Johannesburg en die breër Gauteng-provinsie te verstewig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

M ·

Slegs die “Comrades, uitertste diewe, skelms, sindikaat- belange” gaan hierby baat. Ek mág níé woedend- kwaad word nie … kos my nog 2 “sterk” Bloeddruk pille !!!!!

LANA is ELANè ·

Dit is geensins nuus vir my nie, dit is hoe ons in SA rol.

Sean ·

Begin van die einde Nou gaan Jhb agteruit gaan soos alle anc munisipalieite

Bertie ·

Ek wens hierdie korrupte kaders wil ‘n slag die mense eerste stel en begin om eerlike en effektiewe diens te lewer. ‘n Mens mag mos droom? Ek is bevrees my droom sal ‘n nagmerrie bly.

Harley Davidson ·

Wil die mense nie n beter lewe hê nie ,wil hulle sukkel en swaarkry?

Jaco ·

Al manier hoe sy kon burgemeester bly was as die DA-geleide veelpartykoalisie die meerderheid van die raadslede was. So om haar uit te stem, moes ‘n paar van haar koalisievennote teen haar gestem het. Vreemd.

Roek ·

Jaco die king maker was die eff wat die troef kaart het om die koalisie te swaai !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.