DA gaan hof toe oor kragtoevoer in Lichtenburg

Lichtenburg. (Argieffoto: ANA)

Die DA in Noordwes het sy regsverteenwoordigers opdrag gegee om ‘n dringende hooggeregshof-aansoek teen Eskom in te stel vir sy onetiese besluit om te weier om elektrisiteitstoevoer na geaffekteerde gebiede in Lichtenburg te hervat.

Leon Basson, provinsiale leier van die DA in Noordwes, sê Eskom tree op in minagting van die hof, aangesien hooggeregshof-uitspraak in 2017 beveel het dat die entiteit nie elektrisiteitstoevoer mag opskort nie, tensy dit vir instandhouding of hersteldoeleindes is. Dit is ʼn standpunt wat verlede jaar deur ʼn uitspraak in die konstitusionele hof ondersteun is.

“Inwoners en ondernemings van Lichtenburg sit nou al 18 dae sonder elektrisiteit nadat ’n spantoring op 27 Julie 2023 omgeval het en ’n transformator gevandaliseer is.

Eskom het die transformator vervang, maar misbruik nou die situasie ten koste van inwoners wat finansiële verliese gely het en die ongerief van hierdie volgehoue kragonderbreking verduur het in ʼn poging om geld van die Ditsobotla- plaaslike munisipaliteit se R1 miljard onbetaalde grootmaat-elektrisiteitskuld te verhaal.

Basson sê Eskom ontneem nou inwoners effektief van hul grondwetlike reg om toegang tot elektrisiteit te geniet vanweë sy eie versuim om wettige en etiese skuldinvorderingsweë na te streef wat nie inwoners en besighede verder sal benadeel nie.

“Die situasie in Lichtenburg kan ten beste as onderdrukkend beskryf word. Hierdie hele situasie wys weer dat waar die ANC ook al in beheer is, ly die gemeenskap. Eskom is onder die bestuur van die ANC in nasionale regering, maar dit is in dispuut met ‘n ANC-beheerde munisipaliteit.

“Die draadjie wat deur die ellende loop wat mense steeds verduur, is die ANC. Dis onnodig omdat mense vir ’n beter regering kan stem.”

Basson sê terwyl die regstappe poog om elektrisiteitstoevoer in Lichtenburg onmiddellik te hervat, is ʼn stem vir die DA in volgende jaar se verkiesing die enigste manier om Noordwes te herbou en Suid-Afrika te red van die onderdrukking van die ANC se mislukkings wat elke dag die lewens en lewensbestaan van mense vernietig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ronél ·

Dit is skrikwekkend dat daar nie dienste gelwer word in veral Lichtenburg nie – die watersituasie laat ook veel te wense na.

Ronel ·

Ek het in Lichtenburg groot geword – was een van die mooiste dorpe met die mooiste huise en tuine. Vandat ons land in die hand van die ANC beland het het alles met die spoed van witlig agteruit gegaan – Lichtenburg se strate is nie eers meer rybaar nie en die mense van die dorp moet self hand bysit om hulle strate te herstel. Van die eens pragtige dorp het daar maar min oor gebly. Dit is waarlik waar so hartseer en onregverdig teenoor die mense wat steeds daar bly!

HPJ ·

Miskien moet die DA hulle eie raad volg en die werkers in Tswane waar hulle in beheer is n salaris verhoging gee na drie jaar WEEREENS DIE DA WYS ONS “RULES FOR YOU NOT FOR ME,”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.