DA jaag meer magte vir Kaapstad

Geordin Hill-Lewis. (Foto: Twitter)

Die DA-kandidaat om burgemeester van Kaapstad te word, Geordin Hill-Lewis, het Dinsdag ʼn grens getrek en gesê as hy verkies word, sal hy proaktief meer magte vir Kaapstad toe-eien sodat die Moederstad nie deel vorm van die landwye verval onder ANC-regering nie.

Hill-Lewis het by die Kelvin Grove-buiteklub in Nuweland aan die Kaapse Persklub gesê die sentrale regering sal nie gewilliglik magte na Kaapstad afwentel nie, want dan sien mense die DA regeer soveel beter as die ANC.

Kaapstad sal daardie magte uit die sentrale regering moet dwing.

Die DA se meerderheid in Kaapstad in 2016 was meer as 66%, maar toe was Patricia de Lille die kandidaat en sy is sedertdien deur die DA uitgedwing. Daar word verwag dat die DA die stad sal behou, maar met ʼn verkleinde meerderheid.

Hill-Lewis het in vraetyd ʼn paar baie spesifieke ondernemings gegee oor projekte waarin hy belowe het dat daar binne die volgende jaar merkbare vordering sal wees indien hy tot burgemeester verkies sou word.

Die eerste is onafhanklike kragvoorsiening. Hy het uitgewys dat onafhanklike kragvoorsieners tou staan om te belê in Kaapstad wat skoon oudits kry, waar 98% van inwoners hul rekeninge betaal, 99,2% van inwoners se vullis weekliks verwyder word, tenderbedrog in die gewone sin danksy ʼn oop tenderstelsel nie kan plaasvind nie, die stad 99% (tans 100%) van rekeninge aan leweransiers binne 30 dae betaal én waar die stad nie ʼn sent aan Eskom skuld nie.

Daarom meen Hill-Lewis dit is vir Kaapstad moontlik om binne die afsienbare toekoms massiewe beleggings te lok as enigste stad waar beurtkrag nie sal plaasvind nie. Die organisasie Greencape is reeds besig met planne daarvoor.

Voorts het hy onderneem om besoedeling te bekamp. Verskeie van Kaapstad se pragtige vleie is erg besoedel sodat dit gesluit is vir swemmers, en die stad weier om die data daaroor bekend te maak.

Hill-Lewis het onderneem om besoedeling te bekamp en die data so gou moontlik – en daarna voortdurend – aan lede van die publiek beskikbaar te stel.

Subekonomiese behuising op stukke grond wat aan die stad behoort – vasgevat in die sogenaamde Stadsprospektus – is van groot belang, asook die vervanging en opknapping van verouderende infrastruktuur, veral rioolpype.

Basiese dienslewering in die armste dele van die stad, soos Philippi, sal prioriteit bly en as hy burgemeester word, sal Hill-Lewis hom beywer dat hoogs gekwalifiseerde mense steeds die sleutelposte in die Kaapse stadsadministrasie vul.

Wat DA-kwessies betref, het Hill-Lewis hom uitgespreek teen ʼn opsystaanreël soos die ANC het, en teen groter openlikheid oor skenkersgeld, maar hy het wel belowe om nie die DA en DA-kiesers in die verleentheid te stel met sy twiets nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Pieter ·

Kom kyk hier in bronkhorstspruit waar julle DA is die dorp lyk soos n vark hok. Sal nie weer DA stem nie.

Willem ·

Pieter,Al die provinsies,behalwe Weskaap is anc vullishope!!!Opposisie sal nooit iets kan uirig met die anc korrupte meerderheid nie!!Gaan bly in Weskaap en sien resultate waar nie korrupsie en bedrog is nie.Daar is dienslewering ander provinsies is vullishope geskep deur cyril en sy aanhangsels!!!

absoluut ·

Dis anc of DA stem, dis ons enigste keuses op die stadium Pieter, so maak nie saak vir wie anders jy stem nie dit gaan anc toe as jy nie DA stem nie

gatgogga ·

Pieter, waar jy ‘n DA munisipaliteit het, ondehewig aan ANC provinsiale owerhede, daar word die DA deurgaans gesaboteur.
Kom kyk hier in die Weskaap, en jy sien nie die gemors soos in die res van die land nie.

Willem ·

Mooi so DA!!!Vat die Weskaap en word onafhanklik van hierdie korrupte anc vullishoop land SA,of ne Azanië!!!!Ek oorweeg beslis om in Weskaap te gaan bly waar daar nie so korrupsie en bedrog is nie!!!!

Baardman ·

Krediet aan die DA, maar hier is DA munisipaliteite in die Weskaap wat ook maar lekker konkel, geld vermors en dienslewering afskeep.

Pierre ·

Noem hulle dan kan daar ondersoek word anders is dit net aantuigings.

Baardman ·

Ek sal, maar nie op n sosiale platform nie, ek is ‘n ou aap. Weet wat is goed vir my.

Delilah ·

ons het nie n keuse nie DA of ANC as almal saam staan en STEM vir die DA kan ons die meerderheid provinsies regeer

jou gewete ·

ek stem nie saam met jou nie, anc beslis nie maar daar is VF+ wat werklik ook baie vir die land probeer doen. daar sal sekerlik ander partye ook wees wat iets beteken. Die groot ding is om beslis teen anc korrupsie te stem MAAR ASSEBLIEF MENSE STEM OP STEMDAG. DIE LAND KAN NIE BEKOSTIG OM JOU STEM TE VERLOOR MET N WEGBLY STEM NIE

JohanR ·

Ek was my hele werks lewe lank in IT, en hou altyd daarvan om te sien hoe n maatskappy, of in die geval ‘n politieke party se webwerf lyk. Daar in kan jy min of meer weet of die politieke party redelik professioneel is. Die mees professioneel webwerf is denitief die DA sin……..da.org.za. Maar selfs daai webwerf kom tweede teen marelamedia.co.za natuurlik…….

Elize ·

Stem met julle koppe mense en nie met julle harte nie. Gooi jou stem by die grootste opposisie. Ek raak benoud as ek die EFF se sametrekke sien.

jou gewete ·

dis nie net DA wat iets beteken nie, ek stem vir die party wat minderhede se belang op die hart dra en daarvoor veg. VF+ doen dit, daar hoef nie een groot opposisie te wees nie, Koalisies kan net so goed werk

VaalDonkie ·

Die DA is die grootste opposisie OMDAT ons vir hulle stem, nie andersom nie. As ons almal VF+ stem soos ons moet, dan sal die VF+ die grootste opposisie wees. Stem ‘n slag met jou kop.

jou gewete ·

Hoop hy veg ook vir afstigting van die Weskaap, dit is kritiek dat afstigting plaasvind.

VaalDonkie ·

Ek sal met trots ‘n Republiek van die Weskaap paspoort ronddra.

Jaco ·

Sodra die DA gewen het en die raadslede weet 5 jaar van meer as R500 000 jaarlikse salaris lê voor, PLUS ‘n luukse motor PLUS ‘n vet petroltoelaag PLUS ‘n lekker onthaaltoelae, dan is AL daardie verkiesingsbelofes WEG. Dan sit hulle net en ryk word.
In my buurt is ‘n huis waaruit ‘n onwettige karwassery en onwettige take aways bedryf word. Daars ook groot partytjies daar elke naweek SONDER enige inagneming van inperkingsreëls. Ek, die buurtwag en die belastingbetalersvereniging sukkel al meer as 2 jaar met dieselfde wonderlike DA-beheerde Stad Kaapstad om daardie onwettige besigheid vas te vat en toe te maak. NIKS word gedoen nie. Maar dieselfde DA spog oral, soos in bogenoemde berig, dat “the DA delivers”.

Aai ·

Da nooit weer hulle stel net belang in die Kaap,kyk waar bly die groot koppe.

Frank John ·

“Talk is cheap and money buy’s the whisky”. Maklik om te praat en beloftes te maak en ek weet die taak is groot. “But proof is in the poedding”
Mense kla soms oor klein goed maar sien nie die groot prentjie nie. As hulle werklik die krag opsie water en veiligheid kan opknap en reghou, dan is die ander kleiner probleme nie ver agter nie. Maar ons weet politikuste hou daarvan om beloftes te maak wat mense graag wil hoor om stemme te kry, dan waneer hulle ingestem word en in die posisies is besef hulle dat dit nie net die klap van ‘n finger is en alles val in plek nie. Dis ‘n opdraande stryd en almal wil eerder hul projekte bevorder as joune. Deur die jare het ek gesien hoe goeie voornemens en beloftes prys moes gegee word want jou argumente kon nie deurgevoer word nie. Miskien jou oortuigings vermoë nie sterk genoeg nie. Ek dink waneer ons hoor ‘ek gaan my bes probeer om…’ dan het ons iemand wat dalk meer opreg is. Hy wat sê ‘ek gaan dit doen….en dat doen….’ dan moet hy lewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.