DA sal ‘graag betaal’ vir private dokter vir Zuma

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Die DA het aangebied om te betaal dat ʼn private dokter oudpres. Jacob Zuma ondersoek.

Zuma se weermagdokters het verlede week ʼn vertroulike mediese verslag by die Pietermaritzburg-hooggeregshof ingedien oor sy geskiktheid om verhoor te word op aanklagte van korrupsie wat met die land se omstrede wapentransaksie verband hou.

Die hof het beslis dat die staat ʼn dokter van sy keuse mag aanwys om Zuma te ondersoek en ʼn assessering van sy gesondheidstoetstand doen. Dié dokter kan, indien nodig, geroep word om te getuig oor Zuma se gesondheid.

Cilliers Brink, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake, sê die DA neem kennis van Zuma se weiering om deur ʼn dokter wat die NVG aangewys het, ondersoek te word.

“As die oudpresident ongemaklik is om deur dokters wat die NVG aangewys het ondersoek te word, sal die DA met groot graagte betaal vir ʼn private, onafhanklike dokter om hom en sy mediese rekords te ondersoek.

“As ʼn oudpresident en beskuldigde in ʼn hoëprofielkorrupsiesaak oor openbare geld is Zuma se mediese status van openbare belang,” sê Brink.

Die 79-jarige Zuma dien tans tronkstraf uit nadat die Konstitusionele Hof hom in ʼn onverwante saak 15 maande tronkstraf opgelê omdat hy versuim het om voor die kommissie na staatskaping te verskyn. Hy is vroeër vandeesmaand egter in ʼn hospitaal opgeneem om ʼn mediese prosedure te ondergaan en word steeds gehospitaliseer. Dit is onduidelik presies wat hom makeer.

Die DA sê as amptelike opposisie is dit sy plig om te verseker mense bly op die hoogte van Zuma se toestand, veral omdat dit vrae laat ontstaan oor sy geskiktheid om verhoor te word.

“Zuma se mediese rekords moenie net onafhanklik ondersoek word nie, dit moet ook openbaar gemaak word. Mense verdien niks minder as algehele deursigtigheid nie.”

Daar was die afgelope ruk heelwat bespiegeling oor die oudpresident se gesondheid, en omdat hy nie ʼn herhaling van die Shabir Shaik-sage wil hê nie, doen die DA ʼn beroep op Zuma om óf met die staat saam te werk óf die DA se aanbod te aanvaar.

Shaik is in 2005 skuldig bevind aan korrupsie en bedrog en is eindelik effektiewe tronkstraf van 15 jaar opgelê. Net meer as twee jaar nadat hy sy tronkstraf begin uitdien het, is Shaik op mediese parool vrygelaat omdat hy terminaal siek was. Hy het die res van sy vonnis onder huisarres uitgedien en leef vandag steeds.

Zuma staan tereg op aanklag van onder meer bedrog, korrupsie en rampokkery en word beskuldig daarvan dat hy omkoopgeld van die Franse wapenvervaardiger Thales ontvang het. Hy en Thales pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle.

Mzwanele Manyi, woordvoerder van die JG Zuma-stigting, het vroeër vandeesweek egter gesê dit is nie menswaardig om enigiemand “teen hul sin aan vreemde dokters te onderwerp nie”. Die stigting is gekant daarteen dat Zuma deur ʼn onafhanklike dokter ondersoek word. Die stigting het verlede week boonop op sosialemediaplatforms ʼn beroep op mense gedoen om skenkings te doen om vir Zuma se regskoste te help betaal.

Zuma moet later vandeesmaand weer in die hof verskyn, maar daar is vrae oor of sy gesondheid dit gaan toelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

JohanR ·

Kom ons begin “crowd funding” om vir onse Zuma ‘n privaat doctor te kry. Uit daai geld kan ons ook vir hom ‘n stel gholf stoke ook kry.

Cherokee ·

Waarom wil julle geld bedel om vir jul zuma ‘n privaat dokter te kry, wanneer die DA dit aanbied?

Di ·

Hoe gerieflik, sal met enige snert vorendag kom om nie in de hof te verkyn nie. Daar is nie ‘n manier wat hy sal toelaat dat ‘n ander dokter hom ondersoek nie. Sy tipe hom weg met als

Johanna ·

Dit maak my woedend dat hy wegkom met alles.
Jan Alleman op straat gaan ook die trix probeer.

Jack ·

Ons kan ‘n boek skryf oor die skelm.Hy het altyd ‘n verskoning en kan nooit pa staan vir sy dade nie.

Blomme ·

Steeds in hospitaal? Gaan seker sy volle 15 maande in ń sagte bed deurbring. Foeitog die man moet seker baie siek wees.

Cecilia ·

Hy het geld vir Pvt hospitale maar nie geld vir drs nie. As ek by d plaaslike hospitaal kom sien ek baie Gevangenis in hul Oranje Suites uitgevat in mooi blink bangles. Hul klim agter uit vang waens.
Maar ou JZ is seker deur n pvt ambulands na d beste pvt hospitaal toe gevat in moooi pvt drag uitgevat?

Philip ·

Hy is n bandiet wat na al wat n strooihalm gryp in n speletjie wat voorheen geslaag het deur sy indiaanse rugkrapper vriend wat perdfris en gesond is.Jy is n bandiet en moet jou neerle by die landswette wat ook op jou van toepassing is

Di ·

Glo nie eers hy weet wat die woord “bandiet” beteken nie, kan skaars lees of spel, onthou

Delilah ·

Ag hy speel net kat en muis met almal – DA hy gaan julle versoek van die hand wys

Hoekom ·

Ek sal ook help betaal aan ‘n private dokter om hom te ondersoek. Hy en sy onderdane kan noe vertrou word nie…

Cherokee ·

Zuma blyk nie die rustige rykmens aftrede te ervaar waarvoor hy beplan het nie.

Tiptol ·

DA moet net vir Zuma sê dis ‘n privaat dokter van Kuba. Dalk sal hy dan die aanbod aanvaar:)

Snowball ·

Tronkvoël. Moeg v sy gesig. Moeg hoe hy almal uitoorlê en sy straf vryspring. Nog steeds niks meer as die psige van ‘n terroris nie.

Anel ·

En ek is nie gemaklik daarmee om gewing te word om ‘n spuit te kry wat nie 100% veilig is nie. My gesondheidsrekord het ook niks met iemand te doen nie.

Moedeloos ·

My werkgewer kan my dwing, volgens wet, om na n dokter te gaan van hul keuse indien hul nie tevrede is met my dokter se diagnose nie en ek bly net op siekverlof. Dit geld vir Zuma ook.

cccp ·

Net ‘n korreksie in die laaste sin van die berig: ” maar daar is vrae oor of sy gesondheid dit gaan toelaat.” – moet lees: ” maar dit is waarskynlik dat sy gelieg weereens daarin gaan slaag om die staat aan ‘n lyntjie te hou.”

Francois Le Cochon ·

Ek wonder wat die weermagdokter alles geskryf het op “Prisoner Numba 1” se verslag!!

Marthinus ·

Noudat Mnr.Zuma hof toe oor bedrog,tas dit kamtig sy gesondheid aan.Hy wil 5 jaar wen.om vry gespreek te word.

Johannes ·

Wat se bewyse is daar dat hy wel in n hospitaal is? Hoekom is daar so baie geheimsinnigheid oor waar hy is en hoekom het die hof nog nie n tot n finale besluit gekom oor sy kamtige huige straf nie? So baie dinge wat in die lug hang waaroor niemand wil praat nie

Johanna ·

Ek is al net so on-ge-êllie en moeg vir die man en sy saak.
Hy het die kans van n leef tyd om sy ONSKULD te bewys maar hy weier. Wat se dit van sy Integriteit???
Ons belasting betalers se geld is nou al dekades vermors op n man wat nie kan staan vir die waarheid nie.
Seker moet daar n moontlikheid wees of geskep kan word om die saak te skrap op grond van Mental Dissability.

So kan dit nie aangaan nie, die geld wat spandeer word aan regskostes, verblyf ens ens moet van hom terug geeis word en vir kos skemas aan behoeftige mense gegee word.
Dis so duidelik soos daglig dat hy teen die regs stelsel werk. Geen saak verder, geen tronk straf maar well XXmilj
Vir aanhoudende dwarsboom om die saak nie te laat voortgaan nie. PUNT
Die jare wat hy president was, het eindelose agter-uitgang en armoede vir Suid Afrika gebring. Dit is steeds n nagmerrie.
Die voorbeeld wat hy gestel het deur reels te breek soos dit hom pas het terrible nagevolgre vir die Regstelsel in hierdie land.

Zet ·

Ek kannie glo die skurk kom alweer daarmee weg nie. Hy maak ‘n bespotting van ons land, regstelsel en burgers. Dit is onverstaanbaar dat dit toegelaat word aan net een persoon.

Pieter ·

Hy en sy regsman hou ons almal vir die gek ….vir amper 20 jaar lank.

Politikus ·

Wonder steeds oor die prosedure wat hy ondergaan het. Seker nou bietjie langer.

Cecilia ·

Kyk man ons het beter geleerdheid as JZ se GR5.
Dis mos nou so duidelik soos daglig d SAW dr is omgekoop deur d ANC om n klomp bollie te skryf oor sy gesondheid. Dis hkm ou JZ so keer dat n ander dr hom ondersoek want hy makeer op dees aarde nie iets nie.
As d NVG vir sulke bollie stories val is hul net so korrup soos d hele ANC.
As dit n hofbevel is kan ou JZ niks weier nie of wil hy nog in d tronk sit vir minagting?

pieter ·

Zuma is perdfris en gesond , Hy makeer bokkerol,
Weer een van sy vele streke.
Hou hom in die tronk todat Hy wel genoeg is.

Hennie ·

Laat hom in sy hospitaalbed, omring van sy mediese kundiges, in die hof verskyn. Seker daarvan sy brein en denk en onthou vermoë makeer niks!!

Dirk Mostert ·

Op sy ouderdom en so sieklik is hy beslis ‘n kandidaat vir ‘n dubbele Pfizer. MM kan gerus vir ons uitvind of hy al geent is. Is enting nie verpligtend in tronke nie? Duduzani kan mos sy pa se mediese koste dra, as dit nie deel van sy aftree-voordele is nie.

Skuilnaam ·

Die DA is sooo pateties! Altyd vinnig om te kritiseer, net soos ‘n blaffende klein hondjie – maar beteken NIKS en het nog nooit ENIGIETS positief gedoen nie.

Elmarie ·

Ai tog hulle het HOPE positiewe dinge gedoen. Was pas weer in die Kaap en oral waar ons gaan waar hulle in beheer is,werk dinge reg, dis skoon en netjies in DA plekke. My skoonseun woon in Pretoria en het vertel van hope klein dingetjies wat ook daar al gedoen was wat mense gerieflikheidshalwe nie raaksien. Wat het sekere ANDER “wit” partye al so vreeslik gedoen?

Magriet ·

Hy makeer niks, hy soek elke keer n verskoning om nie in die hof te verskyn nie. Verder bly hy net so skelm soos altyd. Jakkalse verander nooit.

Belinda ·

Miskien is daar T’s& c’s betrokke – hy moet dan seker die dokters gaan sien wie die DA voorstel, en in daardie manier kan ons meer “clarity” kry van wat kamstig met hom aangaan – dis nou te se as daar iets met hom aangaan.

Hy wil maar net in die hospitaal wees sodat hy beter treatment kan kry as in die tronk. Sy vonnis is seker amper uitgedien?

Ek wonder net wat steek hy weg. Eerlikwaar, eks al so moeg om sy ou sedige gesig in die nuus te sien.

Jack ·

Ek is seker die da kiesers sal graag bydra sodat die waarheid kan uitkom. Bedrog is te endemies van die land en die man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.