DA se hoofamptenaar bedank

(Foto: DA)

Die DA se hoofamptenaar, Paul Boughey, het Donderdag bedank.

Boughey was vyf jaar lank uitvoerende hoof by die DA se nasionale hoofkantoor in Kaapstad.

Hy het bedank kort voor ʼn verslag oor die toekoms van die party, waarin die afskaffing van sy pos na berig word blykbaar aanbeveel is, voor die DA se federale raad moes dien.

Die verslag is opgestel deur ʼn paneel aangestel deur die DA-leier, Mmusi Maimane. Na verstaan word bevind die paneel ook dat Maimane moet bedank na aanleiding van die party se agteruitgang in vanjaar se verkiesing, maar anders as Boughey het Maimane glo aangedui hy wil nie bedank nie.

Die DA se federale raad vergader dié naweek in Johannesburg om te besluit watter aanbevelings in die verslag om te aanvaar, asook om ʼn nuwe voorsitter vir die party se federale raad te verkies in die plek van James Selfe, wat ná 19 jaar in die pos uitgetree het.

Die vier kandidate is Athol Trollip, Thomas Walters, Mike Waters en Helen Zille.

In sy bedankingsbrief het Boughey die hoogste lof vir die DA, en spesifiek vir Maimane en Selfe, uitgespreek.

In reaksie op Boughey se bedanking het die DA se nasionale woordvoerder, Solly Malatsi, Boughey vir sy bydrae bedank en hom alles van die beste vir die toekoms toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Theoman ·

So loop die een na die ander druipstert van die die DA weg. ja nee kyk soos daai liedjie gaan ” time to say goodby” kom maak ons hande sterk by die VF PLUS.

aj ·

Soos Robert Mugabe, Idi Amin en baie ander Afrika leiers verseg om te verkas as hulle tyd verby is … só gaan Mmusi Maimane óók vasklou aan sy posisie.

Selfs ná die DA se patetiese prestasie onder sy leierskap bly Maimane steeds verbete vasklou.

Is dit uit desperaatheid of grootheidswaan?

Dit is kenmerkend van Afrika Swart leiers?

Verstaan hulle hoegenaamd hoe demokrasie werk?

Beslis ‘n negatiewe faktor wat téén die aanstelling van Swart leiers gaan tel in die toekoms. As hulle eers in ‘n posisie is raak jy moeilik van hulle ontslae … tot nadeel van die organisasie! Kyk Zimbabwe!

Soos “los die bal” as jy op die grond lê, in rugby! Of die hele span word gestraf!

Gatvol ·

Duidelik wil alle swart amtenare in enge organisasie mie verantwoordelikheid vat nie!! Net so ook nie die DA leier nie!! As hy enigsuns integriteit gehad het, sou hy bedank het!! En ja maroelamedia ek verwag ook nie dat julle die een sal publiseer nie want dit wil my voorlom of julle ook maar vreeslik bang is vir ware feite!!Staan n slag op vir die waarheid!!

D Meyer ·

Die DA se tyd is verby. Dit het irrelevant geword. Wit en bruin Suid Afrikaners wat hoofsaaklik Afrikaans praat is geminag en misken. Dit het nou n toutrekkery geraak tussen n klompie Engelssprekende wit poppemeesters (hoofsaaklik van Britse of Joodse afkoms) en hul swart marionette wat nie wil bes gee nie.

Kobus ·

Dit is hoekom sommige mense vertroue in Demokratiese stelsel verloor het. So bestuur die Opposissie hulle self in die graf in. Kyk jy na kandidate sal Mamane se gunsteling natuurlik Trollip wees , wat niks vir die Nelson Mandela Bay beteken het nie. RIP …DA

Erg Realisties ·

Sjoe. Die DA is nou in politieke niemands land. Maak nie saak watter faksie wen sondag nie. Hulle gaan stemme verloor. Jy kan nie almal gelukkig hou onder een vlag as jy rassisme begin aanhang nie.
Erg. As hulle so aanhou gaan die EFF die amptelike opposisie word in 2021.

Gert Retire@Midstream ·

Gemak zones bepaal plasings en optredes. Mense rondom jou jou ondersteunings basis. Jou visie en toekomsgerigtheid jou balans. Hernude denke die passie en ritme. DA neem die VF Plus aan as beskermheer. Voorwaarts VF Plus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.