DA: ‘Staatskaping die rede vir beurtkrag’

Argieffoto: GCIS

Die DA het Sondag gesê mediaberigte wat dié naweek verskyn het, “bewys net weereens hoe tender-onreëlmatighede en staatskaping” bygedra het tot die onlangse intensiewe toepassing van beurtkrag.

Natasha Mazzone, die DA se woordvoerder, sê in ʼn verklaring die mediaberigte toon duidelik waar Eskom se kragkrisis vandaan kom. “Berigte beweer fondse wat bedoel was vir noodsaaklike instandhouding van kragstasies is herlei na die Kusile-kragstasie en ander kapitaalbestedingsprogramme waar plundering deur middel van twyfelagtige tenders plaasgevind het,” sê sy.

Die vorige ketelinstandhoudingskontrak is volgens berigte ook nie deur die nasionale tesourie hernu nie, omdat dit ʼn onwettige tender was. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het glo gesê die geld vir instandhouding by Eskom het sowat vyf jaar gelede begin verdwyn, sê Mazzone.

Sy meen dié bewerings wys die vinger reguit na die “mislukte ANC-regering” en is ʼn bewys van hoe korrupsie by Eskom die land in donker gedompel het. “Hierdie berigte het net weereens bewys dat die elektrisiteitskrisis voorkom kon geword het en dat korrupsie, tender-onreëlmatighede en staatskaping ʼn bloeiende uitwerking op die ekonomie gehad en die lewensbestaan van miljoene Suid-Afrikaners geraak het.”

Volgens Mazzone kan daar perspektief gegee word deur te sê vir elke fase 4-beurtkrag is daar 14,8% van die bevolking (sowat 8,5 miljoene mense) wat sonder elektrisiteit sit. Sy meen dit is daarom ooglopend duidelik dat Eskom nooit onder die huidige administrasie reggeruk sal word nie.

“As ʼn land wag ons nog steeds met opgehoue asems dat die wat betrokke was by korrupsie, plundering by Eskom en ander staatsinstansies in hegtenis geneem word. Pres. Cyril Ramaphosa het onlangs gesê bewerings van sabotasie by Eskom-kragstasies word ondersoek. In teenstelling met die ANC, duld die DA geensins enige korrupsie nie en enigiemand wat aan korrupsie skuldig bevind word, sal 15 jaar agter tralies deurbring,” sê Mazzone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Leon ·

Regstellende aksie, SEB, onbevoegde werkers en swak politieke leierskap is ook te blameer.

HV ·

Die hoofargitek(JZ) met sy trawante wat verantwoordelik is vir staatskaping moet vir hoogverraad aangekla word, dit is die ergste misdaat nog teen die mense van SA in ons moderne era.
Die Guptas het hom gesien as iemand wat stupid genoeg is om hulle eie agendas te dryf. Hy kon dit nie raaksien nie omdat die geelwortel vir hom en sy familie voorgehou is te aantreklik is. Die Watsons het presies dieselfde gedoen, trouens hierdie is die tema van Afrika.

Pinnochio ·

Niks sal gebeur nie, die armes word armer en die paar bevoorregtes in die regering al ryker! Ons weet natuurlik die wittes gaan weer geblameer word en almal stem maar weer ANC.

Willehond ·

Blah blah blah. Niks gaan verander nie. Dit kan nie meer nie, dit is lankal al te laat.

Gert van Wierdapark ·

Dis skynbaar reeds bykans n kwarteeu aan die gang!” Say no More”

Andreas ·

Ek sien in die media Soweto se inwoners skuld by die R17biljoen aan elektrisiteit. Kan iemand vir ons ook Davyton, Tembisa en al die townships in die land afsonderlik se bedrae, per provinsie, gee? Weet Eskom ook waar die krag verlore gaan, dis nou waar dit rondom dorpe afgetap word? Is dit nou nie dalk die skuld wat ons moet betaal om die ANC se stemvee gelukkig te hou nie?

Wie kan die antwoorde afsonderlik vir die gebiede en areas hier bo genoem verskaf, wie het die guts om dit van die regering met ‘n vraag in die parlement te verkry. Pieter Groenewald van die FV Plus kan help. Ek hoop jy kan my hoor Dr Pieter.

Cherokee ·

As jy so graag gehoor wil word, betrek jouself in politiek. Doen jou eie werk.

Deon ·

Cherokee, jy skryf baie nonsens, so jy behoort goed te doen in die politiek.

Ferreira ·

Afrika = hool. Praat, moan, verduidelik, verskoon, redeneer, beduie, hoop en droom help lankal nie meer. Beste is om te emigreer.

Vryhand ·

Nie almal kan so gelukkig wees om te vlug nie..baie geld praat hier van immegrasie

humor ·

Die verdraagsaamheid van hierdie blankevolk in sy verskeidenheid se verdraagsaamheid oorskrei alle gernse. Daar moet tog metodes wees om saam te staan en om hard en duidelik te praat.

Jerry ·

ANC se strategie van misleiding, staatskaping vir die skep van klimaat vir toekomstige verandering van steenkool na kernkrag en verdere selfverryking is verantwoordelik vir stand van Eskom. Staatskaping van staatsbeheerde entiteite is nie die einde nie, dit is die begin van die einde!

CallieL ·

Hoekom die witman alles gaan verloor en nooit saam sal opstaan teen die gemors nie, is baie eenvoudig. Andreas vra goeie vrae, cherokee kom met sy antwoord. Val mekaar aan pleks om die kriminele wat ons hier het aan te val. Die wittes val gedurig Soldaritet en Afriforum en dies meer aan. Nie een van die wat so kritiek lewer doen egter iets aan die situasie nie. As jy niks doen oor jy te ruggraatloos is nie, moet dan nie kommentaar lewer nie

Ek Bly ·

Callie jy is heeltemal reg, die mense wat die meeste galbraak en verwyt is die mense wat die minste doen en sal verseker nie op ulle kan staatmaak as dit op die “push” kom nie.

Vryhand ·

Nie almal kan so gelukkig wees om te vlug nie..baie geld praat hier van immegrasie

KrokodilBotha ·

Jip , en natuurlik die einste DA wat BEE en regstellende aksies bevorder en ondersteun. Dis nie net Escom nie, dis orals. Pampoen ondersteuners.

TN ·

Geen berig sal volledig wees sonder jou vertraagde aanvalle op die DA nie __ die enigste party wat REEDS bewys het dat hulle beter kan doen as die res wat of net plunder of konflik probeer skep . Wanner sal jy verstaan dat ons as blankes NET sal kan oorleef in ‘n gematigde samelewing ? Regse retoriek is ‘n goue resep vir wanorde en oorlog wat jy nie gaan geniet nie __ ons wat regtig beide knaters en verstand het sal weereens die vet uit die vuur moet kry waaraan julle so graag stook __ hierdie land sal slegs oorleef wanneer al sy mense kan saamwerk om vooruit te gaan . Hou op om net af te breek __ jy hoort by die EFF en BLF , julle taktiek en gebrek aan gesonde verstand is dieselfde !

Jerry ·

Kallie L, dit is juis mense met ruggraat wat bereid is om afriforum/solidariteit in die bek te ruk wanneer die organisasieprojekbestuurders onbewustelik/doelbewus die situasie vererger! Verwag van n organisasie met n ledetal van 200,000 en n vet tjekboek om iets te doen, nie van individue waarvan die meerderheid afgetree is en nie veel anders het om te doen as kommentaar lewer nie! Deur te se dat witmense nie kan saamstaan nie is n wanpersepsie wat jy probeer skep, want kyk hoeveel regdenkende witmense het nou al saam gestaan en ge-emigreer en hoeveel het saam gestaan om te bly. Dit is dus nie te se dat witmense ruggraatloos is en nie kan saamstaan net omdat hulle van politieke sienings en opinies met mekaar verskil nie! Die regses staan saam met afriforum, die konserwatiewes saam met VF en gematigdes saam met die DA. Soos Steve altyd se, dis hoe dit is! Die mense wat aan dieselfde kant van die heining sit en niks doen nie, sit dus saam, verenig in denke en sienswyse in hulle verskillende groeperinge! Respekteer dus eerder die feit dat daar verskillende groeperings is wat almal hulself aan dieselfde kant van die draad bevind, al dink sekere slim mense soos jy nie so nie en hoop jy heimlik dat Afriforum/Solidariteit op hul eie verder sal groei en meer tjeks uitskryf, ” which is fair”! Die konflik wat julle egter uitlok van die anderkant van die draad af gaan julle, julself moet baklei, “which is also fair”!

@CallieL et al ·

Waarom bly sekere mense so blind, naïef en goedgelowig? Die wittes het klaar verloor! Lankal! Enige iemand met ‘n halwe brein kan SIEN dat die tyd vir witmense in SA verby is, dat hulle alles gaan verloor en dat die liggie in die tonnel die aankomende trein is. Wit kinders het GEEN toekoms in donker Afrika nie – of mense nou wil baklei of mekaar “ondersteun” gaan verder GEEN verskil aan die eindresultaat lewer nie. Daarom emigreer duisende intellektuele, nugter en denkende mense elke maand want hulle het die SKRIF TEEN DIE MUUR korrek gelees. Vir elke witmens in SA is daar 20 ander. Doen iets?? Wat?? Wat moet die handjievol wittes in SA “doen” teen die oormag hordes (wat boonop elke dag deur die oop grense aangevul word)?? Hoe kan enige iemand met verstand verwag dat ‘n handjie vol wittes teen die hordes moet staan? In watter boeremag droomwêreld lewe u? As u nie kan emigreer nie dan is die antwoord eenvoudig: Die einde is in sig en dit gaan tragies eindig. Moet asseblief nie dit probeer afwater, soet smeer of opkikker met allerande mooi gedagtetjies van “hoop” en droompies nie want dit is onrealisties en futiel.

Sarel ·

Moet ek dan glo dat GOD se almag nie meer erken word nie. Is dit die eerste keer dat n minderheid die gevare van n oormag in die gesig moet staar?
Moet asb nooit vergeet dat jy met n spul lafaards te doen het nie. Solank die reg hulle beskerm is hulle bekke groot.
Stop dus asb om mekaar te verkleineer en afkraak en begin iets positiefs doen al is dit net om die wat reeds opstaan soos bv Afriforum `te ondersteun. Ons kan nie die tyd ryp druk nie en moet dus doen wat op hierdie staduim vereis word. Alles op sy tyd .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.