DA verloor twee wyke in tussenverkiesings

(Argieffoto)

Die Demokratiese Alliansie het vandeesweek nog twee wyke in tussenverkiesings afgestaan – een in Noordwes aan die VF Plus en een in die Wes-Kaap aan die ANC.

Die DA het ook drie wyke behou, terwyl die ANC vyf wyke behou het.

Die twee wyke wat die DA verloor het, is in Potchefstroom en Clanwilliam.

In die Potchefstroomse woonbuurt Miederpark (wyk 2 van die JB Marks-munisipaliteit) het die DA se voormalige provinsiale leier, Chris Hattingh, harde bene gekou en het sy party die helfte van hul steun uit 2016 afgestaan, grootliks aan die VF Plus. Die VF Plus-kandidaat, Everhardus Laing, het 677 stemme kry teen 489 vir die DA, 424 vir die ANC en 33 vir die EFF.

Die dorp Clanwilliam vorm die kern van wyk 3 in die Cederberg-munisipaliteit. Die nuwe raadslid is Maxwell Heins (ANC) wat die wyk by die DA afgeneem het met 1 880 stemme teen 1 143. ʼn Plaaslike party genaamd die ADC het 172 stemme gekry, gevolg deur die ACDP met 18 en die EFF met 13 stemme.

Laer af met die Weskus is die dorpie Langebaan, wat wyk 14 van die Saldanhabaai-munisipaliteit vorm. Die DA se Wilhelm America het die wyk gehou by die blou deur 797 stemme te trek, gevolg deur die ANC met 376, die Inwonersvereniging met 206, die Kaapse Party met 34 stemme, die Konserwatiewe Party (ja, hulle is terug uit die dood met geel en pers logo soos van ouds) met 2 stemme en die EFF met net een stem in die hele Langebaan.

Die DA het wyk 1 in die Ga-Segonyana-munisipaliteit behou. Dit is die dorp Kuruman in die Noord-Kaap. Die DA-kandidaat, Abraham van der Westhuizen, het 853 stemme gekry teenoor 298 vir die VF Plus, 235 vir die ANC, 46 vir ʼn onafhanklike kandidaat en 13 vir die EFF.

Die DA-kandidaat, Johannes Green, het Buffalo City wyk 19 (West Bank, Buffalo Flats en omgewing in Oos-Londen) vir die DA behou met 1 422 stemme teen 524 vir die ANC, 29 vir die EFF en 27 vir die ACDP.

Twee wyke in die Oos-Kaapse platteland het gemaklike oorwinnings vir die ANC opgelewer. Kiesers in Engcobo wyk 15 woon in die diep platteland van die Transkei en het Thembinkosi Ngxangani (ANC) verkies met 1 156 stemme teen 90 vir die UDM en 49 vir die EFF.

Die Koning Sabata Dalindyebo-munisipaliteit het die voormalige Transkeise hoofstad Mthatha as setel en wyk 29 lê aan die noordoostelike plattelandse naat van die munisipaliteit. Die ANC se Mlawuli Marasha het die wyk behou met 1 756 stemme teen 1 040 vir die UDM en 30 vir die EFF.

Steeds in die Oos-Kaap, maar hierdie keer in die KwaZakhele-township in Port Elizabeth, het die ANC nog ʼn gemaklike oorwinning behaal. Die ANC-kandidaat, Mzimkhulu Ngabase, het 2 088 stemme gekry in Nelson Mandelabaai wyk 20. Die UDM was tweede met 434 stemme gevolg deur die EFF (215), die DA (177), die Socialist Revolutionary Workers’ Party (113), ʼn onafhanklike kandidaat (103) en die ACDP (3 stemme).

Twee wyke in KwaZulu-Natal het ook tussenverkiesings gehou. Umsunduzi wyk 18 is ʼn gebied aan die buitewyke van Pietermaritzburg, wat Mabhungu Mkhize van die ANC met 3 013 stemme verkies het teen 396 vir die EFF.

Wyk 10 van die uBuhlebezwe-munisipaliteit is ʼn landelike gebied tussen Ixopo en Highflats in die suide van KwaZulu-Natal. Die ANC se Nkosinathi Mgcongo het 976 stemme gekry teen 252 vir die IVP en 54 vir die EFF.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johan ·

Met die huidige swak dienslewering deur die DA in Tshwane sal hul ook Tshwane afstaan met die volgende verkiesing

KrokodilBotha ·

Soos ek al gese het , die DA is in die knyp met geld. Hulle geldelikke sponsors het ontrek . DA staan vir ANC lite. Arme skaapies wat daai roete gevat het. Hier in die Kaap gaan dit ook nie so waffers nie. Baie se koffie is nie net koud nie , maar n dooie mot dryf ook daarin.

Sinies ·

Jip, Tshwane is van een gemors na n volgende gemors.
Dit was n sywaartse skuif met bitter min verbetering.

Anni ·

Hansie slim… DA wil nie luister nie!
Hulle wend GEEN poging aan om hulle ondersteuners te steun nie..
Hulle begin bleek lyk teen ander partye veral die VF
Mmusi MOET begin praat.. en as hy nie weet hoe nie, kry Steenhuizen, hy kan!!

HPV ·

Arno, ja ongelukkig, self hier in bankrot Mangaung waar hulle saam met die anc die stad tot in bankrotskap bestuur het.

Koos B ·

Da gaan tswane verloor net ‘n kwessie van tyd.Ek het direk met ‘n Da raadslid gedeel i.v.m een van die opskiet kerke se lawaai en moes maar uiteindelik verkoop en trek net om rus en vrede te kry al was dit teen ‘n verlies.Da al is julle die enigste party in die land sal julle nie my stem weer kry nie.

Ig ·

DA het gedink as hulle Potch Wyk 2 n has- been, genaamd Chris Hatting insleep wat in elk geval in die verlede nie veel werd was nie gaan hulle maklik wen maar toe kry hulle n pakslae van n jong VF Plus mannetjie wat nog n paar tafels gaan omkeer.

Karin Espag ·

Die DA is in ‘n lekker gemaksone en het nie eers wakker geskrik ná die uitslae van die vorige algemene verkiesing nie. Hierdie gaan beslis ook geen impak op hulle maak nie.

remondo ·

Al die grooter partye ANC , DA , EFF is net daar vir eie gewin – mense sien dit GROOT beloftes net voor verkiesing dan doodse stilte – baljaar meer in howe as wat die werk gedoen word…..hulle vergeet dat hulle PUBLIEKE WERKERS is en nie klein godjies nie…….l

JW ·

Ek wonder watter gladdebek storie Mmusi nou weer gaan opdis oor die DA wat al verder stemme verloor

Dries Moolman ·

Ek lag tog te lekker vir die EFF se minimale stemmetjies.

KrokodilBotha ·

Weet julle nie dat die DA bankrot is nie. Hulle geld maaitjies het ontrek oor die swak verkiesing uitslae. Gaan ook nie waffers in die Kaap nie. Klomp verkleurmannetjies en vroue. Met die ANC weet jy waar jy staan, DA spring rond soos liewe heksie se kat op die huis se dak. Daar is geen manier dat n party almal gehoppe sal kry nie, miskien kom hulle dit laat agter. ANC lite is die DA

Rubber ·

Die mini ANC gaan nog meer wyke verloor. Die DA moet kies, hulle kan nie ANC en DA gelyk wees nie.

JohanR ·

Die Afrikaner is op die terugkom pad. Kyk vir die VF Plus in die volgende groot verkiesing. Lekker gesegte in Afrikaans….DA en EFF julle tyd is verby. Hier kom die Voortrekkers alweer.

dfmeyer ·

Wanneer n party n “dud”/niksnuts as party leier het, wat oor geen leierseienskappe beskik nie en in die pos is net oor sy velkleur, kan so n party sulke gedurige verlies aan steun te wagte wees.

lewies ·

Kan dit nie verstaan en glo nie, Wat gaan met die mense se koppe aan. Ons kan nie bekostig om enige verkiesung van nou as te verloor nie.

Anita ·

Die DA is tans ‘n party wat niks omgee vir hulle kiesers nie, die Raadslede van die DA munisipaliteite verdien GROOT bedrae en doen niks vir die kiesers nie…..dood met die DA. Met die onlangse verkiesing moes ek na die DA bel en die dame KON GEEN AFRIKAANS PRAAT NIE EN EK MOES ENGELS PRAAT maar die DA leef op die stemme van die Afrikaans ondersteuners. Die persoon wat die telefoon beantwoord moet ook bevoeg wees om nie net Engels te praat nie, maar ook Afrikaans en ‘n ander taal………Nasionaal het ons almal die VF ondersteun want hier waar ons woon in Gordonsbaai is geen ander keuse dan die DA nie …maar ons bid en hoop dat die VF ook hier in ons gebied gaan staan..die DA het Niks geword na Helen Zille nie ..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.