‘Daar is meer krag in selfbeheersing as anargie’

Betogers

TLU SA doen ’n ernstige beroep op Suid-Afrikaners om nie meegevoer te word deur die verskuilde pogings om polarisasie te skep nie.

Volgens Henry Geldenhuys, die president van TLU SA, het die uitvoerende komitee Dinsdag vergader om die situasie in die land en die veiligheid van lede te bespreek. TLU SA het ook riglyne vir lede saamgestel oor hoe om tydens protesaksies op te tree.

Hy sê die gebeure by Senekal in die Vrystaat bevestig dat gemeenskappe in Suid-Afrika breekpunt bereik het ten opsigte van die onaanvaarbare vlakke van misdaad en korrupsie. Woede het verlede week Dinsdag by die Senekal-landdroshof oorgekook toe die verdagtes vir die moord op Brendin Horner (21) verskyn het.

Dubbele standaarde in die hantering van misdaad, is volgens Geldenhuys besig om polarisasie in gemeenskappe en ook met die SAPD te veroorsaak.

“Die regering faal Suid-Afrika in feitlik alle opsigte. Die misdaad in Suid-Afrika word nie tot landbou beperk nie. Die huidige vlaag van moord en misdaad is reeds op onaanvaarbare vlakke en ’n verslegting van die situasie kan nie geduld word nie,” sê Geldenhuys.

TLU SA bevraagteken egter die politieke wil om misdaad te bekamp.

“Ons is realisties oor moontlike oplossings. Ons kan nie op ons eie die situasie verander nie. Ons móét hande vat met ander organisasies en strukture om gesamentlik ’n strategie teen misdaad vir die toekoms uit te werk.”

TLU SA het verlede week Vrydag na verskeie organisasies en kerkgenootskappe uitgereik en hulle gevra om ’n ernstige versoek aan die regering te rig om die onaanvaarbare vlak van misdaad aan bande te lê.

“Dit is maklik om teen hierdie agtergrond deur emosies meegevoer te word en selfbeheersing te verloor. Die gevaar bestaan ook dat wetteloosheid in so ’n situasie uitgebuit kan word. Dit kan lei tot ernstige konflik, bloedvergieting en die vernietiging van infrastruktuur en eiendom.”

Geldenhuys sê hulle het die boodskap van “daar is meer krag in selfbeheersing as anargie” aan al hul lede uitgestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Persheks Adri ·

Wat word gedoen omtrent die rooi petters wat so aan hits en ons dreig en groot rassiste is? Hulle het GEEN selfbeheersing nie… Ons gedra ons mos!

Spook ·

Ek wonder hoe is die gemoedere op die grond in Senekal en Paul Roux?
Cele het gesê hy sal Vrydag in Senekal by die hof wees. Sal hy daar wees om die boere te ondersteun, of sal hy daar wees om die moordenaars te ondersteun?

Persheks Adri ·

Die moordenaars natuurlik ou Spook beslis nie vir ons nie! Hy kry dan lekker en maak ‘n voorbeeld van Andre ek’s só vies oor dit

Antoinette ·

Die boere het lank genoeg selfbeheersing gehad en die regering en trawante het gedink hulle kan maar oor ons loop. Maar nou het ons genoeg gehad. Viva Boere!!!!

Anoniem ·

Presies. ‘n Mens voel magteloos, moedeloos en woedend oor dit wat gebeur in ons land. Ek kan my nie vir ‘n oomblik indink hoe dit as ‘n familielid of vriend moet voel om hulle geliefde se liggaam te sien wat deur ‘n haatdraende persoon vernietig is. Dit is nie nodig om name eers te noem wat hieragter sit nie. Ons weet wie hulle is. Ongelukkig as onsself verkeerd optree is dit presies die vonk waarvoor ‘our people’ wag. Our people sorg dan dat die blanke vir solank moontlik uit die samelewing verwyder word. Ons sal moet anders redeneer om ‘n beter toekoms vir onsself en ons geliefdes te bewerkstellig. Dit KAN gedoen word.

Pieter ·

Selfbeheersing vir nou ja, maar net totdat die anargie in Suid Afrika gaan uitbreek. Berei jou fisies en geestelik voor soos wat ‘n dier sy prooi benader.

Dup ·

Dit wil partykeer voorkom asof die rooi barette die regering se voetsoldate is.Hulle kom met alles weg en maak en sê net wat hulle wil.

Michael ·

Die reels is net op blankes vantoepasimg maar malemaar kan doen en se wat hy wil want hy is n pion van die anc.

Danny ·

Dubbele standaarde inderdaad – soos baie lesers reeds genoem het – wat word van die EFF en hul optrede en aanhitsing en dreigemente oop en bloot per sosiale media en elders?? Wys ons wat die staat kan doen, owerhede – kan hulle nog iets doen? Of is hulle banger vir die rooimiere as vir die Boere soos ene JM so openlik verkondig het?! Ons staan bankvas saam ons God. Senekal en al die ander boere wat geslag is het ons steun en ons BYWONING as BOERENASIE om dit stop te sit. Dit is TYD.

Natasha ·

Ja, ons het breekpunt bereik, want ons regering WIL ons nie help nie. Hulle kyk net uit vir hulle self. Ja, selfbeheersing is goed, maar hoe ver moet ons dit laat gaan voor ons optree? Moet die land eers volkome vervalle word? Ons beheer ons self en die wreedheid van die moorde neem toe. Ons beheer ons self en nog ‘n onskuldige kind word verkoop, verkrag, vermoor… Ons beheer ons self en nog bejaardes word verkrag en gemoor. Ons beheer ons self, maar ons mag nie staatshulp, werk, kos pakkies, besigheids hulp ens. kry, want ons is nie swart genoeg nie. So kan mens als opnoem, maar al wat almal doen is briefies vir Ramaphosa skryf, wat hy in elk geval nie eens lees nie. Wanneer word daar na die mense van ons land geluister en wanneer tree iemand op? Wanneer word ons almal as gelykes behandel en nie meer geoordeel op die kleur van ons vel nie? GENOEG IS GENOEG!!!

Jakkie ·

As ons kyk na die vorige optogte van die Boere, was daar geen oproerigers onder hulle nie. Kom ons dink aan die optog van Hartswater. Geen voorvalle het daar plaas gevind nie, maar dit het ook nie gehelp nie, die moord op plaas Boere het meer grusaam geraak en dit het ook nie verminder nie. Ons regering bly aanmekaar sê, ons moet kalm bly en nie reg in eie hande neem nie. Die Boere soek raad, om die misdade hok te slaan. Hoe lank moet die Boere nog kalm bly. Die vraag is nou; Wie regeer die land, is dit dalk die misdadigers. Ek vra net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.