Danny ‘het baie seer’ ná operasie

Danny na die operasie. Foto: Verskaf

Klein Danny Ackerman (6) wat ernstig beseer is toe ʼn betonwasbak op hom geval het, is Vrydag geopereer.

Volgens Danny se pa, Danie Ackerman, het die operasie sowat drie uur geduur. Daar is vasgestel dat Danny breuke bo sy neus, aan sy boonste kaak en bo sy oë opgedoen het.

“Daar is ʼn klomp plaatjies en skroefies ingesit. Hy sê hy het baie seer wat ʼn mens kan verstaan aangesien hulle al die werk aan sy gesig gedoen het. Hy lyk in die omstandighede goed, maar het ook net baie vinnig gewig verloor.”

Volgens Ackerman is dit nog nie duidelik hoe lank Danny in die hospitaal gaan moet bly nie, maar hulle hoop dat hy binne die volgende paar dae sal kan huis toe kom. “Dit lyk nie in dié stadium of daar enige ernstige komplikasies is nie.”

Danny is verlede Saterdag ernstig beseer toe ʼn betonwasbak op hom geval het.

Die Ackerman-gesin woon nog maar net ʼn paar weke in die huis in Vanderbijlpark waar die voorval die naweek plaasgevind het.

Ackerman was besig met restourasie- en herstelwerk in en om die huis toe die swaar wasbak aan die buitekant van die huis losgekom en die hoek van die betonstruktuur Danny se gesig getref het, het Maroela Media vroeër berig.

Ackerman het vroeër gesê die gesin is uiters dankbaar vir die hulp en ondersteuning wat hulle by mense, baie van hulle wildvreemdelinge, oor die afgelope paar dae gekry het. “Mense het regtig ingespring om te help.

“As dit kom by gebede, by mense wat vir ons bid, daar is duisende. Die Here het regtig met mense se harte gepraat,” het Ackerman gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Leonie ·

Eks so dankbaar dat hy oraait is! Sterkte vir die pad vorentoe

? leser ·

sterkte seun, ek bid dat die Here jou hand sal vashou en genees, ouers my sterkte wense ook vir julle, God sal julle bystaan, behou julle geloof en bede in Hom ? ? ? ?

Paja ·

Ons bid vir jou kleinding…glo dat God jou gaan deurdra deur die stryd…baie sterkte ook aan ouers familie en vriende

Annetjie ·

Baie baie sterkte vir julle. God is in beheer dankie dat jy ons op hoogte hou

Potjie ·

Ek is bly hy het die operasie deurgestaan. Hy is in goeie hande en sal nou gou gesond word.

Elsabie ·

Ai ou seuna, hierdie tannie bid hard dat Jesus jou gou gesond sal maak! Baie sterkte !

Essa ·

Ai, hoe vreeslik klein en weerloos lyk die ou lyfie – my hart huil vir Danny se seer. Sterkte aan hom en sy ouers.

Leslie ·

Sterkte klein liefling. Gou gesond word hoor. Sterkte aan ouers.

Marinda ·

Sterkte, hy is ñ sterk mannetjie en sal binnekort weer op sy voete wees en lekker rond hol.

jean ·

Liewe kleine Danny….Liewe Jesus hou jou baie styf vas…..een van die dae hardloop jy weer met jou maatjies!

Potjie ·

Ek is bly hy het die operasie deurgestaan. Hy is in goeie hande en sal nou gou gesond word.

Hannetjie ·

Sterkte ou kinta…hoop jy herstel sommer baie gou en volkome.Baie bid vir jou,hou moedxx

Heksie ·

Baie sterkte aan julle en daai klein man.
Liewe Jesus het jou sover gedra, ek glo Hy gaan jou volkome genees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.