Datum van laaste registrasienaweek aangekondig

(Foto: Elaine Krige/Maroela Media)

Die laaste naweek wat kiesers voor die komende nasionale en provinsiale verkiesing aanstaande jaar kan registreer, sal op 3 en 4 Februarie gehou word, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Woensdag bekend gemaak.

Al 23 296 registrasiepunte in die land sal op dié twee dae tussen 08:00 en 17:00 oop wees sodat nuwe kiesers kan registreer en bestaande kiesers hul besonderhede kan opdateer indien nodig.

Die OVK sê ná afloop van die eerste registrasienaweek op 18 en 19 November was daar 26,8 miljoen kiesers op die kieslys, van wie 568 374 vir die eerste keer geregistreer het.

Die kommissie hoop om dié kerf by die volgende registrasienaweek verby te steek.

Luidens die OVK se verklaring sal Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon op 26, 27 en 28 Januarie by Suid-Afrika se 120 konsulate, ambassades en hoë kommissariate kan registreer.

Kiesers oorsee sal nou ook vir die eerste keer aanlyn kan registreer.

Verder sal gevangenes in Suid-Afrika ook die geleentheid kry om te stem. Die OVK sê hy sal met die departement van korrektiewe dienste saamwerk sodat gevangenes tussen 30 Januarie en 1 Februarie kan registreer.

Familielede van gevangenes word versoek om hul ID-dokumente voor dié datums by die betrokke tronke of korrektiewe fasiliteite af te lewer.

Enigeen wat bystand of inligting van die OVK benodig, kan die inbelsentrum by 0800 11 8000 skakel. Die sentrums sal Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 17:00 oop wees.

Geregistreerde kiesers kan hul besonderhede op die OVK se webwerf nagaan en aanpassings maak waar nodig. Dié kiesers kan ook ʼn SMS met hul ID-nommer na 32810 stuur om ʼn SMS-boodskap met hul registrasiepunt te ontvang. SMS’e kos R1.

“Die OVK doen ʼn beroep op alle belangegroepe, ook gemeenskappe oorsee, politieke partye, aspirant- onafhanklike kandidate, regeringsdepartemente en -entiteite, die media en burgerlike en gemeenskapsorganisasies, om die registrasie-inisiatief te ondersteun en kiesers aan te moedig om te stem. Dit is jou demokrasie, neem eienaarskap,” het die OVK gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Gaan registreer en trek julle maar jul kruisies waar julle dit ookal wil trek. Ek neem nie meer deel aan die ondergang van die land nie. Ek stel dit blatant: GEEN verkiesing in hierdie land, is vry en regverdig nie. Met die huidige bestel – is daar ENIGE waarborg hoegenaamd, dat verkiesingsuitslae NIE BEKOOK word nie???

Frikkels ·

Hoe kan daar toegelaat word dat gevangenes stemreg het. Die oomblik wat daardie persoon sy misdaad gepleeg het, verbeur hy alle regte. Hy word ñ verleentheid vir die samelewing. Iemand wat ñ verleentheid vir die samelewing is het geen reg om te besluit in watter rigting ons politieke bestel moet beweeg nie. Of is dit nou maar so omdat die regerende party ook maar ñ verleentheid vir suid afrika en ook vir hulleself is?

Papsak ·

Mense ASB stem reg los om vir ANC te stem hulle doen niks vir ons of die land nie asb kyk en dink weer hulle maak lee beloftes aan julle en julle glo dit hulle lieg vir almal asb open julle ore en oe asb !!!!!!!!

Bolandse Nooi ·

@Nicholaas ……… vir wie stem jy? Geen politieke party het nog ooit iets vir my gedoen nie, behalwe dít wat in elk geval hul nasionale- en provinsiale mandaat is nie. Wat ek het – of eerder, níé het nie – het ek voor gewerk. Ek kan nie gaan bakhand staan vir “SASSA-pay” nie, want ek kwalifiseer nie daarvoor nie. Ek kan nie gaan bakhand staan vir ‘n HOP-huis nie, want ek is te ryk daarvoor, maar ek kan ook nie ‘n huislening kry nie, want ek is te arm daarvoor.

Johan ·

Enige stem vir enige party (anc & eff uitgesluit) is beter as geen stem nie. As te veel mense redeneer dat die uitslae gekook gaan word of dat geen party dinge kan verbeter nie, en dus nie gaan stem nie, verbeter sulke mense die anc se kanse vir nog 5jr en erger nog, versterk ook hul kanse vir n tweederde meerderheid. Dit màg nooit weer gebeur nie!

Nicky ·

Bolandse Nooi, as jy nie gaan stem nie moet nie kom kla nie want jy het n beter lewe geken voor 1994

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.