De Ruyter doen glo regstappe ná Twitter-dreigemente

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. (Argieffoto)

André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, gaan glo regstappe doen ná ’n reeks dreigemente teenoor hom op Twitter gemaak is.

Die twiets, wat deur ene Vusi Khoza (@vusumuzikhoza), ʼn EFF-leier in KwaZulu-Natal, gemaak is, is intussen van dié platform verwyder.

Khoza het onder meer ʼn beroep om mense gedoen om De Ruyter en Kie. aan te rand en sy adres op sosiale media te publiseer.

News24 berig hulle het bevestiging by Eskom ontvang dat iemand by die energieverskaffer se sekuriteitspan ʼn saak van intimidasie namens De Ruyter aanhangig gaan maak.

Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het aan News24 gesê die twiets kom op aanhitsing tot geweld en die pleeg van ʼn misdaad neer.

Mantshantsha het nog nie op Maroela Media se navrae hieroor gereageer nie.

Dit is ook nie duidelik teen wie die klag gelê gaan word en of dit reeds gedoen is nie.

News24 het skermskote van die twiets gepubliseer waarin Khoza onder meer ʼn beroep op mense doen om De Ruyter en ander belanghebbendes, onder wie Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, op te spoor en te “m***”.

Dreigemente wat op Twitter teenoor André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, gemaak is. (Foto: Skermskoot / News24)

 

Dreigemente wat op Twitter teenoor André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, gemaak is. (Foto: Skermskoot / News24)

De Ruyter het die afgelope ruk onder skoot gekom nadat grootskaalse beurtkrag regoor die land in werking gestel is.

Hy is uit verskeie oorde gekritiseer en ook deur sommige mense versoek om te bedank. Ander het geëis dat Eskom De Ruyter asook Jan Oberholzer, bedryfshoof, die trekpas moet gee.

Eskom hou om 10:00 ʼn nuuskonferensie oor die jongste verwikkelinge rakende uitdagings met Eskom se stelsels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Magda ·

Ja dis net EFF, praat net baie, wat het hulle Al vir SA gedoen, behalwe om die land af te brand en chaos te veroorsaak. Hulle moet verban word om n POLITIEKE party te wees. DIS KWALIFISEER EFF AS N POLITIEKE PARTY ASB

Nie Verbaas ·

En ruggraatloos Ramaphosa en Cele doen absoluut niks. Hoop die EFF skuim beland in hof en dan agter tralies.

Dries ·

Hulle gaan nog saam die ANC werk. Daarom sal hulle nie vervolg word nie

Herpiet ·

Beurtkrag kom al lank voor de Ruyter. Maar omdat hulle wit is word dit uitgebuit. Hy moes nooit die posisie aanvaar nie. Alles gaan op wit blameer word ongeag die 26 jaar se plundering en wanbestuur vooraf

Pieter ·

Indien hy as witman nie die pos aanvaar het nie, was ons by nou baie slegter daaraan toe. Hy doen alles in sy vermoe om 26 jaar se niksdoen, diefstal en agteruitgang so vinnig moontlik reg te ruk. Ons almal behoort bankvas agter hom te staan!

Herpiet ·

As hy bly glo ek oor paar jaar is die wa deur die drif. Vasbyt

Werner ·

Jammer ou Pieter maar nie eens hy kan Eskom meer red nie.Jy kan jou maar regmaak vir die slegter daaraan toe.

Nick ·

Die Eff kan nie bekostig dat ‘n wit man Eskom red nie! Dit pas nie in by hul agenda nie. De Ruiter jy en jou span is ons helde! Vat vyf man.

Misky ·

Nou kom ons kyk wat gebeur met die vent. Sy baas al erger dinge kwytgeraak en lag tot vandag vir ons en asof hy loop en spog

Anoniem ·

3 Ooglopende klagtes. Aanhitsing tot geweld, rig van ‘n dreigement en oortreding van die Popia wetgewing (bekendmaking van persoonlike inligting sonder toestemming). Vat die EFFertjie goed vas.

Pierre ·

Rekening was seker maar net “gehack”, die storie sal gespin word.

Skappie ·

Andre en Jan staan strek. Ek glo vas dat julle ‘n uitkoms gaan bring. Weet dat dit nie oornag kan gebeur met al die jare se verwaarlosing en diefstal wat gebeur het in Eskom nie.

Michael ·

Nou waar is die cANCer, DA, VF, MRK, EFF ens om hierdie saak op te neem? Was dit nou iemand van ander ras wat iemand so dreig dan was al die nuusblaaie en webwerwe vol met hierdie nuus. Maar nou ja ons weet hy sal niks oorkom nie

Werner ·

Onthou die verkiesing is verby.Jy sal eers net voor die volgende verkiesing weer iets van jou politieke party hoor.

Jr ·

Laat Afriforum of Solidariteit hom aankla met hulle privaat vervolging eenheid. Gerrie Nel sal hom size maak en vir seker die saak wen. Daarvan kan julle verseker wees

Dries ·

De Ruyter moet maar die kragnetwerk oorgee aan sy suster Jena Ruyter

minnie muis ·

eff is n terroriste en komministiese party , die goed hoort in in parlement nie

pamela ·

Shoe dit maak my kwaad. DIs ‘n ras ding die. NIKS met eskom te doen nie. Mr de Ruyter moet 25 jaar se gemors oplos, dit gaan nie oornag gebeur nie.

Owlie ·

Andre de Ruyter dit wat jy doen om ons land se elektrisiteis Krizia uit hierdie fandalistiese sinkende skip te red is meer aswat enige van jou vorige kolegas ooit probeer dien het Dis tyd dat julle opstaan teen alle so called slim dreigende mense Sulke sake moet prioriteit geniet en net nue weer weke na maandd ba hare sloer mie Alle sterkte vir jou en jou hardwerkende span

Connie ·

Daar is die bewyse weer EFF mag se en doen net wat hul wil, ver verhewe bo die wet mos. Wonder wie is hul maaitjies.

gatgogga ·

Die EFF mag se wat hulle wil.
Hulle (by monde van Julias) het dan in die openbaar mense aangemoedig on polisielede aan te val, selfs in hulle huise.
En het Cyril of Cele enige standpunt ingeneem? Nee, natuurlik nie.

Leon ·

Ek wonder of ene Vuzi ooit betaal vir sy krag (wat so ongerieflik onderbreek word)!

JohanR ·

Altyd die EFF, en die gemors en hulle gemors leier het 10% in die verkiesing gekry! Dit wat jare vir ‘n EFF saak om tot einde te kom in die hofe soe ons kan verwag dat die saak eers in 2025 tot sy einde sal kom…..as ooit!

Pieter ·

Die eff gemors sal niks oor kom nie want die sleg anc beskerm die eff winie het mos vir julius gebaar.

Pieter ·

Tyd vir belasting verset dan gaan die sleg anc se ore gou oop gaan

Johan ·

Hy moet nerens gaan. Hulle is net kwaad omdat hy korrupsie ontbloot by Eskom. Haal my hoed vir hom af.

Adeline ·

1. Mnr de Ruiter jy is ‘n held in my oë om die volgende redes.
a) die korrupte cANCer munisipaliteite wat geld weerhou het van Eskom en nie hulle rekeninge betaal het nie maar die geld in hulle sak gedruk het vir eie gebruik.
b) die toelaat van die arrogante onwettige op koppelings van krag misbruik deur diefstal van hierdie “ras gebaseerde” kriminele (wat met hoogs kreatiewe idees) die krag eenhede ens laat opblaas en of ingee het met oorlaai van krag diefstal. Waar die polisie of weermag toekyk en niks doen.
c) die diefstal van krag kabels en selfs torings beskadig word.
d) die feit dat die ander politieke partye kritiseer en koppe eis maar hulle is deel van die probleem en nie die oplossing nie want hulle verhoed nie die korrupsie van Eskom geld diefstal deur die cANCer munisipaliteite nie.
e) die krag voorsiening aan Zim en buurland “boeties” waar daar nie krag is nie en geen geld voor ontvang nie.
MNR DE RUITER JY IS ‘N HELD VIR WAT JY VERMAG MET ESKOM IN N BANKROT REGERING

wessel ·

Dit komende van n groep wat die ideologie van twee wit ooms slaafs navolg : Marx en Lenin

Frank John ·

As dir gereg daai EFF ou laat weg kom hiermee dan bewys dit dat hul kop en een mus is. Dat hulle saamwerk.

Janee! ·

Shame wat die tweeter nie besef nie dat die dade/diefstal en korrupsie deur sy comrades se toedoen is .
Wonder of hy die dreigemente sal uitvoer met hulle .
Sterkte De Ruiter- een tree vorrentoe en 2 terug met ons regering

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.