Deon Meyer nou Franse ridder

Deon Meyer (Foto: Facebook)

Deon Meyer, een van Suid-Afrika se suksesvolste misdaadfiksieskrywers, is op 20 April met ʼn seremoniële ridderskap vereer.

Aurélien Lechevallier, die ambassadeur van Frankryk in Suid-Afrika, het Dinsdag die Chevalier des Arts et des Lettres (Ridder in die Orde van Kuns en Letterkunde) namens die Franse president, Emmanuel Macron, aan Meyer op die Glenelly-landgoed buite Stellenbosch oorhandig.

Dié Franse eretitel word aan Meyer toegeken vir sy werk en spesiale verhouding met Frankryk, wat in talle van sy boeke weerspieël word.

Dit is egter nie die eerste keer dat Meyer deur die Franse vereer word nie. Die Franse vertaling van Feniks (Jusqu’au dernier) het in 2003 die French Le prix Mystère de la critique-prys gewen. Dié boek is in meer as 20 tale vertaal en is in 2015 omskep in ’n internasionale televisiereeks, Dead before dying, wat uit ses episodes bestaan. Orion, wat in Frans verskyn het met die titel Les soldats de l’aube is in 2004 met die Le Grand Prix de Littérature Policière-prys bekroon.

Meyer se boeke is wêreldwyd in 27 tale vertaal en word in 40 lande oor die wêreld heen gedruk. Tot op hede het daar 15 romans en drie kortverhaalbundels uit sy pen gekom.

Die Orde van Kuns en Letterkunde word sedert 1957 deur die Franse ministerie van kultuur toegeken. Suid-Afrikaners wat al met dié eretitel vereer is, sluit in Johnny Clegg (1991), William Kentridge (2013), Gregory Maqoma (2017) Zanele Muholi (2017) en Jonathan Shapiro (Zapiro) (2019).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Karinb ·

Baie geluk aan een van my gunstelingskrywers. So trots en bly. Sien uit na nog baie boeke van dié meesterskrywer.

Werner ·

Dink die ridders van ouds draai in hullle grafte om as hulle sien watter tipes word vandag tot ridders geslaan

Pretorianer ·

Welverdiend! Deon Meyer verskaf elke jaar my gunsteling leesstof vir Hartenbos se strand!

Diana ·

Uitstekende prestasie. Hoop daar le nog veel skitterende boeke voor.

Sanja ·

Baie baie geluk Deon. Jy Verdien die titel verseker. ………..Felicitations!!!

PATRICIA ·

Baie geluk Deon, jy verdien dit. Baie geluk ook met Donkerdrif. Uitstekende boek.

Karina ·

Baie geluk Deon – jy verdien die eer. Ek geniet jou boeke geweldig baie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.