Departement slaan vure dood oor ‘inent’ van gr. 1’s

‘n Kind se inentingskaart. Die departement het om verskoning gevra vir die verwarring. (Foto: Maroela Media)

Die Gautengse departement van onderwys het ʼn verduideliking gegee oor die inentingskaart wat een van die vereiste dokumente is vir voornemende gr. 1’s om by skole in te skryf.

Groot woede het geheers nadat daar na ʼn “inentingskaart” verwys is in die departement se aanlyn inskrywingsvoorlegging vir volgende jaar.

Volgens die departement verwys dié inenting nie na die entstof teen Covid-19 nie.

“Dit verwys na ʼn immuniseringskaart wat ʼn rekord van immunisering en die kind se groeikoers bevat wat aan ma’s gegee word wanneer hulle baba gebore word. Dit word gebruik om die ontwikkeling van die kind tot op vyf jaar oud te monitor,” sê Steve Mabona, woordvoerder van die departement.

“Ons is bewus van die verwarring wat moontlik geskep is deur die gebruik van die term inenting pleks van immunisering. Hoewel die terme verwant is deurdat albei inenting/inspuiting betrek, stem ons saam dat dit verskillende betekenisse dra, veral binne die konteks van die pandemie wat ons tans in die gesig staar.”

Volgens die departement moet ouers of voogde wat hul kinders in fase 2 vir gr. 1 inskryf, dié immuniseringskaart indien.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het op Twitter verskoning gevra vir die verwarring.

“Kinders in ons land word in elk geval nog nie [teen Covid-19] ingeënt nie. Verskoning vir die verwarring.”

Maroela Media het vroeër berig Gauteng se aanlyn skoolaansoeke vir volgende jaar open binne die volgende nege dae, maar net vir ʼn beperkte groep leerders.

Die proses geskied vanjaar in twee fases nadat die departement se vorige stelsel groot probleme veroorsaak het.

Slegs gr. 7-leerders wat tans in ’n openbare skool in Gauteng is en wie se besonderhede reeds op die departement se aanlyn stelsel is, sal dus van Dinsdag 10 Augustus om 08:00 aanlyn aansoek kan doen vir die hoërskool van sy of haar keuse.

Aansoeke vir dié leerders sluit op 3 September om middernag.

Aansoeke vir alle gr. 1- sowel as gr. 8-leerders wat nie tans in ’n openbare Gautengse skool is nie, sal op 13 September om 08:00 open en op 8 Oktober om middernag sluit.

Die plasing van fase 1-leerders sal tussen 15 Oktober en 30 November plaasvind terwyl fase 2-leerders tussen 15 November en 30 November in skole geplaas sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Schalk ·

Die klomp lieg so maar eintlik toets hulle net die water en dit sal een of ander tyd weer ge-probeer word van ‘n ander hoek.

Lionel ·

@Schalk – toets watse waters presies? Kinders se immuniseringskaarte is al DEKADES voorvereiste voordat hulle toegelaat word om by ‘n skool in te skryf?

koos10 ·

Lionel, ek wil jou net gou reg help. Volgens wet (84 van 1996) is dit nie ‘n voor vereiste nie. Die wet vereis wel dat kinders skool MOET bywoon.

Gerhard ·

Maklik, enigiemand wat nie behoorlik lees of luister nie en n ding uit verband uit ruk en die wereld vol versprei.

Tanniepetoors ·

Is dit nou Kubane wat die nuwe vorms ontwerp het of is dit maar net ‘n geval van algemene onkunde in die departement?

ONTPS ·

Dis nou om die dam onder die eend uit te ruk, ek het verstaan waarna verwys word, veral omdat die personeel by die kliniek waar die immuniserings toegedien word jou voortdurend herinner daaraan dat die skool dié kaart sal wil sien…

Racheltjie Debeer ·

Presies. Dis algemene kennis dat jou kind se immuniserings kaart ingehandig moet word wanneer hulle ingeskryf word by die Departement! Wys jou hoe oningelig en “ignorant”meeste landsburgers is.

Barney ·

Die kinders se immuniseringskaarte was nog al die jare ‘n vereiste. Ek mos my kinders se kaarte inhandig 20 jaar gelede al toe hulle skool begin het

Gerhard ·

Almal is nou so hiper sensitief oor covid inentings dat enige inenting nou die covid een moet wees. Die inetings kaarte vir kinders is niks nuuts nie. Ons moes vir al die skole waar my kinders al ingeskryf is al die kaarte wys oor die afgelope 4 jaar.

Lindi ·

As hierdie “statement” nie sy kop laat rol nie, is hy net so “untouchable” soos Zuma en Cele

Oomniklaassevriend ·

Hulle is self verward en veroorsaak daarom gereeld verwarring.

Phil ·

Gee dit nog so jaar of twee dan moet almal ingeënt wees teen covid, kinders of nie.
Wag net dit kom.

Lionel ·

@Phil – nou presies wat is jou plan om uit die pandemie te kom sonder inentings? Of is jy bereid om maar vir die volgende 10-15 jaar opgesluit in jou huis te sit teen watter tyd die virus amper helfte van die wêreld se bevolking sou uitroei as almal net moet aangaan soos hulle wil. Almal wat so krities is teenoor inentings en lockdown is maar ook stil oor wat anders eintlik gedoen moet word….

Irma ·

Hoe verklaar jy dit dan dat ten spyte van die Covid 19 inenting moet daar nog steeds ‘n masker gedra word maar nie met bv die Pneumovac entstof nie.

Lionel ·

@Irma – jy lees duidelik nie enige nuus nie. Gaan kyk gerus na Amerika, Brittanje en vele ander lande wat hulle mask-mandate opgelig het NADAT genoeg mense ingeënt is – geen entstof is effektief as 1 uit n miljoene mense dit net vat nie!!

Nicolaas ·

@Lionel, jou data benadering is baie kortsigtig. “Teen watter tyd die virus amper helfte van die wêreld se bevolking sou uitroei” maar die herstel persentasie is 90% wêreldwyd. Ek kan maar net sug.

Anoniem ·

Sug hoeveel sal dood wees teen die tyd wat almal dit gehad het?

Lionel ·

@Nicolaas. Dis nie wat ek na verwys het nie. Ek het daai stelling gemaak AS almal net toegelaat is om te doen wat hulle wil, maw as daar vandag oornag net besluit word al die reëls wat die afgelope 18 maande geld, opgehef moet word en elkeen moet vir homself besluite maak… wil jy vir my sê gevalle gaan minder wees en minder mense gaan sterf. Ek dink NIE so NIE – nie as die meederheid mense net oor hulleself gepla is nie. So ja, in so geval, gaan die virus ‘n partytjie hou en die mensdom op ‘n streep uitroei.

Mariana ·

Immuniseringskaarte was nog altyd daar, maar Lesufi het spesifiek gesê teen Covid. Hy lieg weer en weet dit. Dink ook almal is fools.

Tong in die kies ·

Wag maar en kyk. Hulle hou aan om ons te push en te push, want daar sit meer agter hierdie holrug geryde inenting storie. Dis hulle manier om die mensdom mak en (#@$) te maak om tog in te stem .passoo hulle werk baie slinks

Gerhard ·

Ja die ANC sal die ding deurdruk want dit lyk nie of die NP dit reggekry het nie. Kinder inentings is mos nie van net 94 af n ding nie of mis ek iets? Hoop maar net nie my kinders kry polio nie.

Smoothie ·

Hierdie fout deur Departement Onderwys en Departement Gesondheid kan aangespreek word deur eerder te verwys na kindersiekte immuuniseringskaarte(Blou of Geelkaart) wat by geboorte uitgedeel word by hospitale by kinders se geboortes. Nou veralgemeen die ouers die beginsel en dit lei tot verwarring. Los definisies van immunisering en inentings uit, dit vewar net die skoolistiese of opvoedingsvlak van die ouer en staatsamptenaar wat met die tendens deel. Groete.

Sarel ·

Maar net nog een van Lesufi se blapse.
Behoede ons wanneer hy Premier vir Gauteng worf

Hoekom ·

‘n Geval van die hand wat nie weet wat die brein van dit verwag nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.