Departement wil kinders by grensposte beter beskerm

Limpopo, Musina, grens, Zimbabwe, Beitbrug, smokkel, Limpopo-rivier

Die Limpopo-rivier wat die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe vorm. (Foto: Isabel Venter / Maroela Media)

Meer sal hierdie Paasnaweek gedoen word om te verhoed dat kinders onwettig oor Suid-Afrika se landsgrense gesmokkel word.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling (DMO) het Dinsdag sy kwartaallikse vergadering met sy eweknie in Zimbabwe gehad en daadwerklike strategieë om die verskynsel te pak, is daar bespreek.

Volgens Lumka Oliphant, departementele woordvoerder, was die hoofdoel van die vergadering om te verseker dat kinders wat veral tussen Zimbabwe en Suid-Afrika reis, behoorlik beskerm word.

Maroela Media het verlede jaar berig hoe meer as 400 kinders van Zimbabwe by die Beitbrug-grenspos gevind is ná ʼn operasie tussen die grensbestuursowerheid (BMA) en ander instellings.

Owerhede wat vandeesweek se vergadering met die BMA bygewoon het, was onder andere amptenare van die Musina-DMO, sowel as die Vhembe- en nasionale kantoor van die departement. Die Rooikruis en Save the Children-organisasies sal ook die BMA bystaan.

Zimbabwe se konsulaat-generaal in Johannesburg, wat help met die verifiëring van kinders se burgerskap voordat enige dokumente vir hulle uitgereik word, sal ook oor die langnaweek help ingryp.

Volgens Oliphant word daar op ʼn kwartaallikse basis met dié rolspelers vergader danksy ʼn oorgrensooreenkoms tussen Suid-Afrika, Zimbabwe en Lesotho – juis om kinders se regte te beskerm.

“Die ooreenkoms handel oor die samewerking met betrekking tot die verskaffing van maatskaplike dienste tussen die twee lande,” sê Oliphant.

As sodanig sal DMO-amptenare die komende naweek sigbaar ontplooi word by veral die Beitbrug-grenspos om te verseker dat kinders se reisdokumente in orde is.

Tydens die vergadering is daar ook besluit om die verwysingstelsels by die grenspos te versterk, die opsporing van gesinne te bespoedig sodat kinders vinniger met hul families herenig kan word en ʼn nasporingstelsel gereed te kry om te verseker kinders steek nie weer onregmatig die grens oor nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anel ·

Geen wonder ons dkole is so vol nie. Tussen die Nigieriers wat baie geld het vir omkoop en Zimbabwers, wat kan mens sê. En dan nog die ander uit Afrika!!!

Michael ·

Met ‘n oop grens verstaan ek nie wat die doel van ‘n grens pos is nie.

OW ·

Die grens tussen SA en Zimbabwe is groot en help nie net om beheer by die grensposte toe te pas nie.Die res van die grense is soos sponse,wat die oorsaak is van duisende ongedokumenteerde mense in SA en elders.

Di ·

Raak eers ontslae van al die korrupte beamptes wat daar werk. Hierdie probleem is BAIE GROTER as wat ons dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.