Dept. van energie sal Eskom bestuur – Ramaphosa

Eskom se hoofkantoor. (Foto: Google Maps)

In ooreenstemming met resolusies wat die ANC by sy afgelope nasionale konferensie geneem het, kan Eskom dalk binnekort na die departement van energie verskuif word. Die sukkelende kragvoorsiener vorm tans deel van die departement van openbare ondernemings onder leiding van minister Pravin Gordhan.

Pres. Cyril Ramaphosa het die afgelope week egter gewaarsku dat dit tyd sal neem om die party se jongste beleidsbesluite in werking te stel.

Suid-Afrika steier steeds onder die ergste beurtkrag in die land se geskiedenis en Eskom-hoof André de Ruyter het in Desember sy bedanking ingedien. Dit het die afgelope paar dae boonop aan die lig gekom dat hy ʼn poging om hom te vermoor, deur sianied in sy koffie by die werk te voeg, oorleef het.

Volgens Ramaphosa was daar ʼn “duidelike mandaat” van afgevaardigdes by die ANC-konferensie om verskeie staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) na portefeuljes te verskuif wat deur hul betrokke ekonomiese sektore bestuur word.

Ramaphosa sê die regering probeer die algehele ineenstorting van die kragnetwerk verhoed, terwyl pogings voortduur om beheer oor Eskom te wysig. “Ons moet die gevolge opweeg, ons moet na die doeltreffendheid, die tydsberekening en alle ander faktore kyk,” het hy luidens Financial Times gesê.

“Die resolusie sal in werking gestel word; dit is net ʼn kwessie van hoe.”

Die beoogde verskuiwing van die instelling gaan beheer oor Eskom aan Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, gee. Dit is ʼn stap wat volgens die Financial Times deur sommige kenners as “rampspoedig” bestempel kan word. Sommige ontleders meen ook dit kan pogings om korrupsie by die maatskappy uit te wis ʼn knou gee, terwyl dit ook kan lei tot vertragings met die land se oorgang na meer hernubare opwekkingsopsies soos son- en windkrag.

Mantashe is ʼn uitgesproke kritikus van De Ruyter en het vroeër gesê die voortgesette inwerkingstelling van beurtkrag kan bestempel word as pogings om die staat omver te werp.

Daar is ook kommer dat die verskuiwing die ontbondeling van Eskom in die wiele kan ry. Eskom beplan om in drie afdelings op te deel as deel van pogings om die instelling weer finansieel volhoubaar te maak.

Peter Attard Montalto, hoof van kapitale markte by die navorsingsfirma Intellidex, het aan die Financial Times gesê hervormers in die tesourie en die presidensie stem nie saam dat SBO’s na ander departemente verskuif moet word nie en is gekant teen die botsing van belange wat dit kan veroorsaak.

“Hoewel daar ʼn poging is om dit as beleidsdebat te laat lyk, dink ek die meeste beleggers kan daardeur sien as ʼn blatante stap deur diegene met gevestigde belange in die party om weer die krane oop te draai,” het Montalto aan die publikasie gesê.

Die verskuiwing van SBO’s na ander departemente kan ook tot die ontbinding van die departement van openbare ondernemings lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Henri ·

Die uitdrukking van iets wat groei is dat dit gaan van krag tot krag, maar die cANCer se ystere houvas op Suid Afrika gaan ons neem van krag tot kragloos.

Riaan ·

In die ANC se hande beteken dit in gewone taal nog so jaar en elektrisiteit is iets van die verlede in Suid-Afrika

marius ·

Jy is heel korrek . De Ruyter het dit goed besef . Dis hoekom hy besluit het om te loop .

Kosie ·

Van wanneer af het die anc konferensie se oor die land, daai is n party konferensie en het nie of is nie veronderstel om landswette en reels te maak nie. Hy moes nie eers verwys in n landstoespraak na daai orgie wat hulle n konferensie noem nie.

Ansie ·

Dis die president se prerogatief om kabinetaanstellings en -verskuiwings te maak en hy neem sy opdragte van die ANC. SA word nie deur ‘n politieke party regeer nie, maar deur die leiers van ‘n sg. bevrydingsorganisasie wat niks van behoorlike regering weet nie.

Casper ·

Dit is hoekom Mantashe vir André wou weg hê by Eskom want hy het al Mantashe se drome om ryk te word in die wiele gery.As daar nou een mislukking is wat lag is dit Mantashe.Gordan is ook oppad uit.Maar ‘n goue handdruk sal hom seker stil hou.

Vettiemaragartos ·

Ekskuus! Kan iemand vir my verduidelik hoe hierdie besluit op ‘n ANC kongres geneem word? Is dit nie ‘n besluit wat in die Parlement geneem en goedgkeur moet word nie? Of verstaan ek glad nie meer politiek nie?

marius ·

Die parlement bestaan nie meer nie . Letterlik en figuurlik . Sodoende kan die opposisie niks doen nie en al die besluite word op hul konferensies en naweek kuiers deurgestoot . Dis die waarheid .

Susan ·

Toemaar niemand verstaan meer niks in hierdie land nie. Alles word net erger.

piet ·

Nee, die president het die prerogatief om sy kabinet en die verslillende portefeuljes vas te stel. Niks met die parlement te doen nie.

Sobymykoolkop ·

En dit my liewe vriende is PRESIES waarvoor Mantashe baklei het dat hy sy kader vingers in die kragskepe en steenkool kan kry.

Hannelie ·

Het enige iets al ooit gewerk met die ANC aan die stuur??? Nee !!!! So hoekom tyd mors en dit enigsins probeer?

Boatsie ·

Die wiele val af, wolf is skaapwagter gemaak en die een is opgekou , begin sleg smaak en gaan een vd dae uitgespoeg word.
Sukkelende voorploetende onbevoegde besluitnemers

Harley Davidson ·

Een positiewe ding wat van sy gebabel afgelei kan word is dat hy weet die einde van eskom is naby en dat ons voorbereiding moet tref vir alternatiewe krag voorsiening.

Peter ·

Ek sal al dead & buried wees dan probeer hulle nog om eskom te red en loadshedding te stop

Pierre ·

Desperaate President wat na pype van desperaate rowers dans om beursies oop te maak, die tyd om te skep is nou die party val al hoe meer uitmekaar.

Michael ·

Ongelukkig is hy die hoofrower-hys geensins ‘n desperate president nie

SwartBees ·

Selfde probleme en verskonings net op n ander lessenaar verplaas.

Moedeloos ·

Gaan steek kersop by jul buurlande Namibia en Botswana hoe om jul kragnetwerk te laat werk

JohanR ·

As woorde riool was ou Squirrel sou SA al knie diep gewees het net van jou gekukkel!

Barney ·

Is ek dan die enigste een wat Mantashe se intelligensie bevraagteken?

Lesly ·

Donker van Afrika trek suid. Ek sien kersmakers se besighede gaan floreer. Sterkte vir julle

Bertie ·

Dit gaan geen verskil aan kragvoorsiening maak nie. Dis omdat die ANC dink die land behoort aan hulle dat dit so beroerd gaan.

annie ·

Ramaphosa skuld Matashe omdat hy die situasie omgedraai het toe Cyril glo op die punt was om te bedank. Cyril glo nou hy sal vrygespreek word tov van Phala se vreemde gekonkel. Die kommuniste weier om as party te registreer en suig vas aan die ANC soos ‘pilot fish’ om die land te beheer.. En doen. Mantashe het duistere planne in plek om Eskom alleen te regeer. Alle probleme sal geheim bly en die geld sal vloei. Atoomkrag sal nie uitbly nie met Matashe mos ‘n slim opgeleide atoomkragfisikus.

Johann ·

Desperaat gryp die bankrot ANC na enige plek om die vreet krippe vol temaak.

John ·

Dit is eenvoudig. Die een departement raak nou jaloers omdat al die geleenthede om te kan ryk word net vir die ander departement gee word. Dis nou hulle beurt om te skep. Die ander lot het 27 jaar gehad

ES ·

Dis die begin van die einde van ons kragvoorsiening my liewe vriende.

Catherina ·

Wat kan mens sê? Niks……Maak mens hartseer oor hoe die pragtige land in n korrupte, onbevoegde land geword het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.