Derde Covid-19-sterfte: ‘Hy was ʼn regte terggees’

Louis Wilsenach

“ʼn Pragtige man is te gou weg weens Covid-19. Kyk asseblief na jou gesin. Hierdie virus is nie ʼn grap nie.”

Só het ʼn familielid op sosiale media geskryf nadat Louis Wilsenach, ʼn bekende Suid-Afrikaanse skrywer en filosoof, Maandag weens die nuwe koronavirus (wat Covid-19 veroorsaak) gesterf het.

Wilsenach is die derde persoon in Suid-Afrika om weens Covid-19 te sterf. Wilsenach is Vrydag met longontsteking in ʼn hospitaal opgeneem. Hy het Saterdag positief vir Covid-19 getoets, het ʼn familielid gesê.

Dit is nie duidelik waar Wilsenach die virus opgedoen het nie.

ʼn Ander familielid sê op Facebook dat Wilsenach Vrydag nog grappies gemaak het hoewel hy in dié stadium baie swak was.

Medelye stroom sedert Wilsenach se afsterwe op sosiale media in. “Hy was ’n man wat lief was vir hierdie wonderlike land Suid-Afrika, sy mense, stories, karakters en kruispaaie wat verryk het, wat die gawes van die natuur gekoester het,” skryf ʼn vriend.

ʼn Ander skryf hoewel hy Wilsenach nie lank geken het nie, was hy ʼn regte terggees. “Hy het sy lewe voluit geleef.”

Wilsenach se familie is tans in isolasie.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Blikkantien ·

Baie tragies. In watter gedeelte van die land was hy woonagtig?

Marianne ·

In Johannesburg. Hy was familie van my eks man. Het hom goed geken. ‘n groot gees

charmaine ·

So vinnig sjoe ek kry die families so jammer want die mense sterf alleen en dis nie hoe n mens moet gaan nie jy soek n had om vas te hou, vrou en kinders en kleinders se gesigte. Oooo nee ek is elke keer in trane as ek hierdie nuus lees en sien iemand is oorlede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.