Derek Watts maak kankerdiagnose bekend

Derek Watts (Foto: Carte Blanche)

Die bekende Carte Blanche-aanbieder Derek Watts is verlede jaar met kanker gediagnoseer en gaan dit vir eers rustiger by die werk vat om op sy gesondheid te fokus.

Dit is Sondagaand tydens Carte Blanche bekend gemaak dat Watts verlede jaar met velkanker gediagnoseer is wat na sy longe versprei het.

Maroela Media het begin April berig dat Watts weer moes leer loop nadat hy die maand tevore inmekaargesak en in die hospitaal opgeëindig het. Die TV-persoonlikheid, wat ʼn huishoudelike naam geword het as deel van dié ondersoekende joernalistiekprogram, het aanvanklik gedink dat hy ʼn beroerte gekry het, maar die dokters het egter vasgestel dat dit ernstige sepsis was.

“Derek het enorme vertroosting gevind uit die duisende boodskappe wat hy ontvang het tydens sy herstel van sepsis,” het John Webb, uitvoerende vervaardiger van Carte Blanche, gesê. “Na aanleiding van sy kankerdiagnose weet ek dat sy vasberadenheid versterk sal word deur die volgehoue liefde en ondersteuning van die mense aan wie hy sy werklewe toegewy het. Ons wens ons patriarg, mentor, kollega en vriend sterkte en herstel toe.”

Carte Blanche het daarop gewys dat Watts deur sy merkwaardige loopbaan die lewens van verskeie mense aangeraak het, en dat sy onblusbare lewenslus ’n bron van inspirasie vir almal is.

“Alhoewel hierdie nuus ongetwyfeld ontmoedigend is, bly ons hoopvol en optimisties oor Derek se reis na herstel. Ons het volle vertroue in die kundigheid en toewyding van sy mediese span, wat die beste moontlike sorg en ondersteuning deur hierdie proses sal bied.”

Nomsa Philiso, uitvoerende hoof van vermaak by die MultiChoice-groep, het Watts sterkte toegewens. “M-Net wil graag ’n boodskap van ondersteuning en goeie wense aan die veteraan-ondersoekende joernalis en jarelange Carte Blanche-aanbieder stuur. Ons hou hom, sy familie en vriende in ons gedagtes en gebede en wens hom sterkte en moed toe terwyl hy hierdie siekte beveg. Die span by M-Net het die grootste respek en bewondering vir Derek en sy verbintenis tot die kanaal vir die afgelope 36 jaar. Derek se geweldige bydrae tot Carte Blanche vorm die tapisserie en nalatenskap van die M-Net-handelsmerk. Ons sal aanhou om hom te ondersteun gedurende hierdie uitdagende tyd.”

Watts is sedert Carte Blanche se ontstaan in 1988 deel van die program en het hy een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde en erkende ondersoekende joernaliste geword. “Hy het ’n instrumentele rol gespeel in die onthulling van waarheid en geregtigheid vir baie. Sy onwrikbare verbintenis tot die program en sy missie om die diegene wat aan bewind is aanspreeklik te hou, is ʼn voorbeeld vir ons almal.”

Watts het almal bedank vir die volgehoue ondersteuning. “Dankie vir al die liefde, die boodskappe, die gebede wat ons almal hoop gee. En natuurlik dankie dat jy aanhou om Carte Blanche te kyk. Ek is gou weer terug.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Harley Davidson ·

Met al die selfoon seine en wifi seine is dit ‘n wonderwerk dat ons nie almal kanker het nie ,maar ek hoop Derrek sterkte en hoop hy herstel ten volle .Hy moet ook Ed Mcabe se boek lees flood your body with oxygen.

Goldy ·

Kanker word baie algemeen, natuurlik speel die feit dat mense baie ouer word n groot rol, so ook besoedeling. Daardie groot 4×4 karre stel baie karsinogene vry, so ook die rykes se stralejakkery. Almal dink eerste aan klimaatsverandering maar kanker is n baie groter probleem.

hondbyt ·

‘n Wonderwerk? Of dalk maar net die feit dat selfoon en WiFi seine buite die ioniserende bestraling spektrum val en dus nie kanker kan veroorsaak nie…

Wit Leeu ·

Alles van die beste Derek ! Glo en vertrou op die Here ! Ek bid vir jou !

Nici ·

Dr Ryan Cole van Anerika het lankalvoorspel dat ons baie meercen baie vinnige ontwikkeldende kankers gaan sien en dit wil beslis voorkom asof hyvreg was. Luister gerus na wat die Frontline Doctors te se het.

Skappie ·

Baie jammer om te hoor Derek. Sterkte vir jou vorentoe, mag jy hierdie ook oor kom.

kommentaar ·

Ek is jammer om dit te hoor, want jy is n nice ou. Maar as dit eers versprei het is dit seker 100% moeiliker om te stop? Maar sterkte anyway Derek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.