Deurbraak ná fietse by Stilbaai-kampeerterrein gesteel is

(Foto: Stilbaai-polisie)

Die polisie in Stilbaai in die Wes-Kaap het ʼn deurbraak gemaak in die ondersoek ná fietse tydens die vakansieseisoen by ʼn kampeerterrein gesteel is.

ʼn Minderjarige is in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op ses fietse ter waarde van meer as R87 000.

Twee sake is by die Stilbaai-polisiestasie aanhangig gemaak ná ʼn rits fietse tussen 31 Desember 2023 en 9 Januarie 2024 by die kampeerterrein gesteel is.

Die ondersoek het die span na ʼn huis in Albertinia gelei waar die minderjarige met twee fietse in sy besit betrap is. Verdere ondersoek het die span na nóg ʼn adres in Albertinia gelei waar nog vier fietse gevind is.

Die ondersoek duur voort en verdere inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.