Die Bulls het die septer in die skrums geswaai, terwyl hul agterspelers ook net ná rustyd lekker begin saamgesels het.
Lees meerAlles vir Saterdag 13 Januarie 2024
Uitdaagbekerreeks: Sharks trap pedaal teen Oyonnax in
Die warm, bedompige weer en baie hoë humiditeit het grootliks bygedra tot die rits hanteerfoute wat albei spanne begaan het, want dit was uiters moeilik om ʼn seepgladde bal te hanteer.
Hollywood: Trouklokke lui weer vir ‘Spice Girl’; vrou wat ma vermoor nou sosialemediaster
In die week se nuus uit Hollywood vind ons uit oor watter bekendes se lewens flieks gemaak word, en kyk na Gypsy Rose Blanchard se lewe nadat sy op parool vrygelaat is.
ANC het sy oog op die verkiesing, sê Ramaphosa
“Die plan is om ʼn beslissende ANC-oorwinning te verseker. Ons werk vir ʼn duidelike oorwinning.”
Rassie, Ryan laat die vonke spat
MI Cape Town het ʼn allemintige 243/5 in sy 20 boulbeurte teen die Joburg Super Kings aangeteken. Dit is grotendeels te danke aan Rassie van der Dussen (104) en Ryan Rickelton (98) se spogbeurte.
Foto’s: Kom ervaar die rustigheid van ou Waterval-Boven
Emgwenya, oftewel die plek van die krokodil, was voorheen bekend as Waterval-Boven. Deesdae is dié ou spoorwegdorp ʼn wegkomplek waar avontuurtoeriste van heinde en verre kom kuier, skryf Jacques Marais.
Luister: Musiek, klankbane is Wesley West se kos
“Ek is al van kleins af op ʼn nimmereindigende ontdekkingsreis van klanke.”
Verwagte duurste pos-item ooit onder die hamer
Daar word verwag dat die item tussen $1,5 miljoen en $2,5 miljoen (tussen R27 miljoen en R45 miljoen) sal haal.
Sebravul spog uiteindelik met ʼn naam
“Wat ek hou van sebras, is dat hul strepe uniek is soos vingerafdrukke,’ sê die 11-jarige Arielle, wie se inskrywing as wenner getrek is.
Afrika se grootste diesel, vliegtuigbrandstofraffinadery begin met produksie
Die Dangote-raffinadery sal sowat 650 000 vaatjies per dag kan vervaardig wanneer dit ten volle operasioneel is en kan ʼn einde bring aan Nigerië se afhanklikheid aan brandstof-invoere.
Geen fase 4-beurtkrag Saterdag nie
Die kragvoorsiener het vroeër aangedui dat fase 4-beurtkrag vanaf Saterdagmiddag om 16:00 tot Sondagoggend om 05:00 sou geld.
Bulls wil Bears se tande trek
“Dit is eenvoudig. Ons is hier om te wen.”
Nuwe baadjie vir Wonderboom-lughawe
Die Tshwane-metro het Woensdag ʼn verslag vir ʼn nuwe bedryfsmodel vir die Wonderboom-lughawe goedgekeur.
Novak is slaggereed vir Ope-aanslag
“My gewrig voel nou beter. Ek het voldoende tyd gehad om te herstel en dinge loop ook glad op die oefenbaan; ek ervaar geen ongemak nie.”
Deurbraak ná fietse by Stilbaai-kampeerterrein gesteel is
ʼn Rits fietse is tussen 31 Desember 2023 en 9 Januarie 2024 by die kampeerterrein gesteel.
Wes-Kaap stoei om leerders te plaas ondanks begrotingsbesnoeiing
“Ons sal poog om elke leerder te plaas vir wie ʼn aansoek ontvang word, maar ons wil dit duidelik stel: skole is vol in die Wes-Kaap.”
SA20-toernooi tel stoom op
Paarl Rocks het gisteraand die Pretoria Capitals met 27 lopies geklop, terwyl daar vandag ook twee wedstryde in die SA20-toernooi gespeel word.
ANC-ondersteuners sterf in busongeluk
Die bus het ANC-ondersteuners na die Mbombela-stadion in Mpumalanga vervoer.
‘Welsynstaat g’n prestasie’
“Net meer as 2,5 miljoen mense betaal 84% van alle persoonlike inkomstebelasting. Ekonome waarsku al lank dat die belastinglas op ‘n kleiner aantal individue al swaarder word, met die ekonomie wat nie groei nie en duisende belastingbetalers wat die land jaarliks verlaat.”
Tien jaar tronkstraf ná appèl
Die vrou het ʼn maatskappy besit wat die gemeenskap van Lichtenburg bygestaan het om betalings namens hulle aan die verkeersdepartement te maak vir voertuiglisensies en -registrasies.