Dié 3 gooi name in DA-hoed

John Steenhuisen, die DA se nuwe parlementêre leier. (Foto: Twitter)

Die DA se nuwe parlementêre leier, John Steenhuisen, die party se voormalige jeugleier en die huidige Gautengse LPW Makashule Gana, asook die party se Wes-Kaapse leier, Bonginkosi Madikizela, sê mekaar die stryd aan om die voormalige partyleier, Mmusi Maimane, as tussentydse federale leier te vervang.

Die DA se voorsittende beampte van verkiesings van die federale raad, Desiree van der Walt, het gesê die tydperk vir benoemings vir voorsitter en dié van tussentydse federale leier het nou gesluit.

“Die benoemings vir die twee posisies het [Donderdag] om 17:00 gesluit. Ons sien nou uit na ʼn opbouende tydperk van stemwerwery onder die kandidate in ooreenstemming met die DA se waardes en reëls vir interne verkiesings,” het sy gesê.

Die verkiesing vind Sondag plaas by ʼn spesiale sitting van die DA se federale raad in Johannesburg.

Nomfrench Mbomba, LUR vir gesondheid in die Wes-Kaap, Gautengse LPW en die DA se voormalige jeugleier, Khume Ramulifho, die Wes-Kaapse LUR vir landbou, Ivan Meyer en die DA-lid Dharmesh Dhaya is benoem vir die posisie van tussentydse voorsitter.

Die DA moes die afgelope ruk vure doodslaan ná heelparty hoëvlakbedankings.

Maimane, sowel as die voormalige federale voorsitter Athol Trollip én die uittredende burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, het verlede week bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kraaibakke ·

Gooi die name in ,may the best one win and goodluck to you.
Steenhuizen dink ek is n baie goeie opsie vir leier en Mazonie in die parlement en ander moet skouer aan di wiel sit dis n steil opdraand die.

Hector Jooste ·

Nou hoeveel “leiers” is daar dan in die DA? Federale leier, parlementêre leier, nasionale leier – wie lei nou vir wie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.