Dié polisiëringsgebiede is die gevaarlikste

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, luister Donderdag aandagtig. (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Elf van die 30 polisiestasies met die hoogste moordsyfer in Suid-Afrika is in die Wes-Kaap geleë. Dié provinsie tel ook onder meer as die helfte van die 30 polisiestasies waar seksuele aanranding die meeste voorkom.

Dit blyk uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se 2018-’19-misdaadstatistiek wat Donderdag bekend gemaak is.

By die Nyanga-polisiestasie is 289 moorde in die afgelope boekjaar aangeteken. Dit is 6,2% minder as die vorige jaar.

In Delft is 247 moorde in hierdie tydperk aangeteken, ’n styging van 26,7%, en in Khayelitsha is 221 moorde, ’n styging van 15,1%, aangeteken.

Die Inanda-polisiestasie in KwaZulu-Natal is vierde op die lys met 209 moorde, gevolg deur Philippi-Oos in die Wes-Kaap met 185.

Die statistiek toon dat die meeste moorde oor naweke tussen middernag en 09:00 gepleeg is en dat vuurwapens vir die meeste van die moorde gebruik word. Vuurwapens is die afgelope jaar in 7 156 moorde gebruik. Messe is in 4 720 moorde gebruik en ongeïdentifiseerde skerp voorwerpe in 1 552.

Die ontleding toon verder dat argumente en misverstande die grootste oorsaak vir moorde op nasionale vlak was, 1 727 van die sterftes, gevolg deur bendeverwante aktiwiteite (1 120), huishoudelike geweld (1 115), boendoegeweld (789), gewapende roof (751), taxigeweld (321) en wraak (256).

In die Wes-Kaap is die hoofmotief vir moorde bendeverwant (938). In Gauteng is boendoegeweld die hoofmotief (158), gevolg deur huishoudelike geweld (152).

In Limpopo het 84 mense as gevolg van boendoegeweld gesterf en 66 mense weens huishoudelike geweld.

Huishoudelike geweld is ook die oorsaak vir die meeste moorde in Noordwes – 101 sterftes.

Die meeste verkragtings is in die Inanda-polisiëringsdistrik aangemeld, met 338 voorvalle, gevolg deur Lusikisiki (280), Thohoyandou in Limpopo (268), Umlazi (262) en Delft met 224 voorvalle.

Die Wes-Kaap is die tuiste van die vyf polisiestasies waar seksuele aanrandingsake die meeste aangemeld word, met Mitchells Plain bo-aan die lys met 66 aangemelde sake, gevolg deur Nyanga met 57, en die naburige Gugulethu en Manenberg wat albei 45 sake van seksuele aanranding aangeteken het. Mfuleni lê vyfde met 43 sake.

Wat poging tot moord betref, het Bishop Lavis in Kaapstad die meeste gevalle aangeteken (251), gevolg deur Gelvandale (228) en Bethelsdorp (226), albei in Port Elizabeth se noordelike gebiede. Die polisiëringsgebiede Mitchells Plain en Delft in Kaapstad het op hul beurt onderskeidelik 213 en 194 sake van poging tot moord aangeteken.

Die meeste voorvalle van roof het in van die groot stede se sakesentrums voorgekom: 1 285 voorvalle is in Johannesburg‑Sentraal aangemeld, gevolg deur Kaapstad‑Sentraal (1 070) en Pretoria‑Sentraal (921).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Behoed ons ·

Cele en Sitole, die oplossings bly ontwyk…..dis moeilik as jy dink jy weet, jy praat asof jy weet, maar die statistieke wys dat jy eintlik nie weet nie.

SAPD tandloos teen misdaad, syfers is elke jaar net meer, met nog meer leë beloftes van die menere. Iemand sal êrens iets uit ‘n hoed moet trek (verskoon die sinspeling).

Mike_O ·

Nog altyd gese Kaapstad is hopeloos “overrated” en “overpriced” Nou ja hulle moenie hulle hoop opkry dat “Al Capone” in die korte duur die misdaad daar gaan hokslaan nie.

Pieter ·

Geniale “generaal” Capone…wie verwag iets van so ‘n “held”.

Gert ·

Ja en die meeste moorde word deur vuurwapens gepleeg – ONWETTIGE vuurwapens, en ons moet deur 10duisend hoepels spring on een wettiglik te bekom. Nee wat ek gaan ook maar iewers een op die swartmark koop – lyk my dis al hoe ons gaan oorleef – die wilde weste of is dit nou die donker eeue?

emily ·

Terwyl daar soveel Korupte Polisie lede, Ministers ens. ens. is, SAL misdaad in die land nooit regkom nie.

John ·

Die polisie moet nou elke mens dophou dag en nag en sy gedagtes lees anders sal niks verander nie. Ongelukkig lè die fout nie by die polisie nie, hoewel baie van hulle ook kriminele rekords het en laks is. Ons kan ons blou praat oor die misdaadsyfers, maar die probleem lè geanker in ons huise sonder godsdiens, etiek, opvoeding en verantwoordelikhede. Vanoggend weer betoog die anties van vroedag af. Waar is hulle kinders (en mans) en hul werk word net so gelos vir ‘n goeie jol en tv-blootstelling. Die regering sit vol wyse vroue, wat saam met die mans aan misdrywe deelneem en niemand word vervolg nie. watter voorbeeld stel dit vir die land en huisgesinne?

Charl ·

Almal van hulle is onopvoedbaar, jong of oud, n mens kry meer uitgerig om n bibbejaan te leer as vir hulle

Jimmy ·

Die regering sit self agter die betogings en xenofobia. Net ‘n kwessie van tyd dan word ‘n noodtoestand afgekondig. Verkiesings en die grondwet word opgeskort. Dan kan die kaders plunder dat die biesies bewe.

Herman ·

Jare gelede het ons geweet dit gaan so word.

En ons weet hoe dit ERGER gaan word vir solank as wat die land regeer word deur hierdie clowns. Ons weet dit, ons sien dit, waar is DIE WAT SO vinnig is om te se ons is negatief of rasiste? Wat het ras te doen met so ‘n misdaad syfer? NIKS MAN. Kom by en besef dat die land regeer word deur MISDADIGERS en tot dit verander sal niks verander nie!
Dit gaan oor orde of chaos. Nie swart of wit nie.
MAAR…. die regeerders van nou – die grootste rasiste en misdadigers van ons tyd, sal NIKS verbeter nie. hulle is nie eers SKAAM OOR DIE statistieke nie, AS die statistieke ooit HOEGENAAMD akkuraat is.

SIEK LAND.

Magda ·

Doen meer Pad patrollies = DAG en NAG – haal die polisie lede uit die kantore en laat hulle pad patrollies doen – dit sal defnitief help om misdaad te bekamp.

sweis ·

Die polisie doen nie hulle werk nie,die meeste polisie hou hulself besig met skelmstreke en die minderheid is bloot net onbevoeg om te dien en te beskerm, bou nuwe tronke,hersien die strafstelsel en rekruut lede vanuit die area waarin die polisie stasie geleë is stel leiers aan wat deur die opleidings kollege gekom het en bring die disipline weer op standaard of gee vir ons n klein tuisland waar ons self kan besluit hoe ons wil lewe,en as ek sê ons bedoel ek almal met waardes en respek vir ander ongeag kleur of status…..behalwe Kolla hy moet bly.

Johan ·

Wat verwag jy as jou minister van polisie soos Al Capone lyk…..

Lou ·

Aangesien die ANC so met ras gepla is as dit kom by BBBEE en EE sou ek graag die misdaad stats ook in terme van ras wou sien. My raaiskoot is 95% + van moorde en poging tot moord word deur anders kleuriges gepleeg.
So tussen hakies wat is Boendoe geweld?

SjN ·

Die misdaad statistiek en plekke is aan hul bekend, doen iets daaromtrent, hoekom nie meer opgeleide lede ontplooi nie, tree n slag op en hou op monitor.

humor ·

John, ek stem ook 100% saam met jou. Die groot oorsaak is lee kerke, toe Bybels, die ongehoorsaamheid daaraan, geen christelike fundeerde lewe, gebrekkige pligsbesef, geen roepingsbesef, disrespek vir lewe, werkloosheid, honger mae, oordadigheid materiele behebtheid en noem maar op. Al hierdie sake gee aanleiding tot die verdierliking van die mens. Ons sal uitkoms op die REGTE PLEK moet soek.

Michael P ·

Gert jy is reg kry een onwettig dan weet niemand van jou wapen af Maar as jy een wettig het se iemand in die departement vir die misdadigers daar is n wapen of wapens kyk maar mooi net huise wat wapens het word aangeval.

christa ·

Moord is moord Cele sithole
Sjoe nou ekje versan nie Mooi
Maar president Rampposa het my ge n point for minster V Polisie a WA wat moet ek nou doen
Regte Ape
Dis n Gemors Verwyder hulle
Selfde as Ou Ria pajga
Hul Foeter alles
On kundige mense
Julle Kan nie Pyp rook nie
ANC Pateties Cyril maak Jou Oe OOP Vinnig
Hier Kom n oorlog

Linda J ·

Ag seblief, hulle kan nie eers betyds by die werk uitkom nie hoe wil jy nog hê hulle moet misdaad bekamp. Ek stem, meer padblokkades moet gehou word veral waar hulle van die tavens af kom en hulle dronk partys in die Wes-Kaap. Hulle sal maar baie vinnig moet besluit om die doodstraf terug te bring anders gaan daar meer mense in die tronk wees as buite. Gevangenisse moet gladnie enige voorreg kry nie, hulle moet soos slawe werk.

George in Bloem. ·

Omtrent dieselfde hoeveelheid moorde word met vuurwapens as met messe en ander skerp voorwerpe gepleeg maar hierdie nar met die alewige hoed op sy lee kop bly aanhoudend jag maak op wettige vuurwapeneienaars? Hy is ‘n onbevoegde kaderaanstelling en ‘n verleentheid vir die Polisie en ‘n groot grap man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.