Daar word byna 400 nuwe skole in Mpumalanga benodig, maar daar is eenvoudig nie geld om die skole te bou nie.
“As ’n mens kyk na die bevolking, die snelgroeiende dorpe en die bestaande skole, is daar ’n behoefte aan sowat 383 nuwe skole in die provinsie,” het Lucy Moyane, hoof van die provinsiale onderwysdepartement, aan die Mpumalanga-afvaardiging in die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) gesê.
Moyane het egter erken dat haar departement nie die begroting het om die tekort aan klaskamers aan te pak en nuwe skole te bou nie.
Volgens Moyane is die provinsiale departement van onderwys wel betrokke by die bou van ’n spesiale skool vir blinde en dowe leerders in Mpumalanga nadat die behoefte ’n paar jaar gelede geïdentifiseer is.
Die skool sal in Mbombela opgerig word.
Die Mpumalanga-afvaardiging in die NRVP is dié inligting meegedeel tydens ’n drie dae lange besoek aan die Ehlanzeni-distrik waartydens daar met verskeie belanghebbendes vergader is om die staat se kapasiteit rakende onderwys te beoordeel.
“Ons kan bevestig dat die provinsie in staat is om die behoeftes van die mense te hanteer. Daar is wel ruimte vir verbetering en ons het spesifieke kwessies uitgelig wat na die betrokke departemente vir optrede verwys sal word,” sê Jomo Nyambi, die NRVP se voorsitter van komitees, oorsig en interregeringsverhoudings.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Bou nuwe skole sodat dit geplunder en afgebreek kan word? Tot toilette en wasbakke word uit die grond en mure gebreek.
400 skole gaan jou niks help as jy nie onderwysers het om hulle te vul nie.
Hou op om so baie kinders te kry. Daar is so baie om nog te sê maar ek bly eerder stil!!!
maar hulle wil miljoene aan kuba skenk en bring in kubaanse ingeneurs en dokters teen groot kostes. die weermag spaandeer miljoene ook daar vir ons weermag instandhouding. die groot oplossing is minder kinders. baie van daardie kinders weet nie eers wie is sy pa nie. verder stop die kinder toelaag.
As julle nie plek het om skole te bou nie, gee gratis voorbehoedmiddels en onderrig