Drie Vrystaatse dorpe is Maandag sonder elektrisiteit gelaat nadat ’n transformator by die Rouxville-substasie oor die naweek die gees gegee het.
Eskom het in ’n verklaring gesê Zastron, Smithfield en Rouxville, asook omliggende gebiede, moet hulle staal om vir die res van die dag sonder elektrisiteit klaar te kom. Dit is sodat die transformator herstel kan word.
Luidens die verklaring mik die kragvoorsiener om elektrisiteit voor middernag in Zastron te herstel. Smithfield en Rouxville se ligte sal na verwagting eers Dinsdag in die vroeë oggendure aangeskakel word.
“Eskom vra om verskoning vir die ongerief en verseker kliënte dat die herstelwerk met die nodige dringendheid hanteer sal word. Elektrisiteitsgebruikers word versoek om alle elektriese herleidings en toestelle te alle tye as lewendig en gevaarlik te beskou,” lui die verklaring.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Vreeslik en wat die inwoners met hulle gevriesde goed Dan praat ek nie eers van die besighede nie Is die instandhouding agterwee gelaat
Die lig in die tonnel was ‘n aankomende lokomotief vooraan leè trokke… op die laaste skep kole sonder remme of drywer. ★ Rip.
Die mense moet maar oefen om sonder krag klaar te kom. Is daar dalk mense in die omgewing wat ‘n solar plaas het? Kyk of julle van hulle krag kan koop of produseer jul eie krag.
Beste kommentaar vir die dag, he-he!
Die hele land het die gees gegee…