Diensleweringsbetogings teister Kimberley

Betogings in Kimberley (Foto: VF Plus)

Kimberley word tans weereens deur ontwrigtende en vernietigende diensleweringsbetogings geteister. Dit is die gevolg van diensleweringsprobleme wat deur verskeie raadslede van reg oor die politieke spektrum beskryf word as ‘n interne magspel gekenmerk deur sabotasie.

Verskeie paaie, insluitend die N8 en die R31 is in die gebied versper en motors en taxi’s is nie toegelaat om informele nedersettings te verlaat nie.

ʼn Groep, die Verenigde Gemeenskap van Sol Plaatje-munisipaliteit, het verlede week met burgemeester Patrick Mabilo en Noord-Kaapse premier Zamani Saul vergader. Die groep eis dat die premier en die leierskap van die munisipaliteit moet bedank.

Betogers eis, onder andere, verbeterde dienslewering, opgradering van pad-infrastruktuur en volhoubare oplossings vir rioolblokkasies.

Saul het intussen inwoners in Kimberley gemaan om geduldig te wees en die implementering van planne deur die provinsiale regering – om die waterkrisis op te los – te monitor.

Kobus van den Berg, VF Plus-raadslid in die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit, sê gereelde rapportering van dienslewering en prestasiebestuursdoelwitte, soos deur die Munisipale Strukturewet voorgeskryf, het as gevolg van die grendelstaat verval.

“Terwyl herstel daarvan as teenvoeter vir totale verval noodsaaklik is, is die regerende ANC so besig met interne gevegte dat komitees feitlik nie meer sit nie,” het hy bygevoeg.

Betogings in Kimberley (Foto: VF Plus)

“Nog ‘n belangrike oorsigmeganisme wat verlore gegaan het, is die jaarlikse oorsigverslag wat kragtens die Munisipale Finansiële Bestuurswet voorgeskryf word. Dit is ‘n verslag wat raadslede moet uitbring nadat die munisipale jaarverslag ter tafel gelê is. Dit bied aan gewone raadslede die geleentheid om die prestasie van die burgemeester en lede van die burgemeesterskomitee te beoordeel en die jaarverslag te weier en/of te veroordeel.”

Van den Berg sê hierdie wetlike oorsigmeganismes kan ANC-raadslede eenvoudig nie skeel nie. “Daarom is dit tyd om met die plaaslike verkiesing op 27 Oktober 2021 ‘n verskil te maak. Kiesers moet saam met die VF Plus opstaan, saamstaan en sterk staan, om gekwalifiseerde leierskap en beheerprosesse in munisipaliteite te herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Met alle respek teenoor die kastige “Nuwe Demokratiese Suid Afrika” : Sedert 2 Februarie 1990 is elke enkele dorp en stad in die land opgedons.

jzjz05 ·

Verwoes is n beter woord om tegebruik vir wat die ANC aan dorpe doen.

Hester Wilhelmina ·

Maar kom stemdag, dan trek ons maar weer ons kruisie agter hulle….

Wiehan ·

Jip Jannie en Hester in Oktober stem ons weer maar hulle sal weer die ANC in stem na vele BELOFTES. Kan mense nie sien wat aangaan nie, is hul wraggies al so ge-breinspoel. Is maar te rede met die paar SASSA rande

Edward Donald ·

Nie net beloftes nie….goggas kry ook T hempies, kêps & natuurlik kos pakkies of kfc

Jedi Knight ·

Dalk het die ANC by die NP geleer oor leë beloftes. Dink maar aan beloftes soos “magsdeling” en “wigte en teenwigte”. En n volle 69% het daai feeverhaaltjies geglo.

Wiehan ·

Jannie, nie all dorpe en stede nie, gaan kyk na die 26 in die Weskaap en 1 in Gauteng wat deur ‘n ander party reger word. Hier by ons in Meyerton het ons baie goeie dienslewering asook ‘n skoon dorp, net omdat ons ‘n locale burgemeester het asook raadslede en munisipale werkers het wat regtig werk en omgee vir hul gemeenskap.

Marcello ·

Ek het in Vereeninging groot geword, en dit is skokkend vir my as ek by my familie daar kuier, dat Vereeniging (Drie Riviere) inkluis so agteruit gegaan het, in vergelyking met Risiville wat letterlik net langs Drie Riviere is, en deur die DA gerigeer word, skoon netjies asook puik dienste lewer aan Risiville en die res van Midvaal,

Midvaal julle is die ‘n voorbeeld vir elke dorp en stad in S.A..

Blikkies ·

Dis net jammer as jy betaal word groot blink karre en duur huise gekoop met jou betaal geld.

Eragrostis ·

Ek wonder hoeveel van hierdie betogers betaal enigsins vir die dienste waarop hulle nou aandring? En ook, hoeveel van hierdie betogers het vir die ANC gestem wat hulle in hierdie situasie geplaas het? Die hartseer ironie is dat die meeste van hierdie mense nie uit hul foute leer nie, en maar weer vir die ANC gaan stem, en steeds wil voortgaan om nie te betaal vir die dienste waarop hulle aandring nie.

Adriana ·

Betoog sal ons betoog, ontevrede oor dienslewering, maar kom die verkiesing stem hul maar weer ANC, die ANC doen niks vir niemand nie, verryk net hulself, nie gepla oor die man op straat.

Alet ·

Ek dink meeste van ons is so sat vir die gebrandery en geplundery in RSA. Kom ons breek alles af tot op die grond en dan kan almal vir hulle modderhuisies gaan bou dan bly ons soos hulle voorvaders. Dan hoef ons nie meer kwaad te word vir NERSA en Eskom oor kragpryse nie. Karre gaan almal staan so petrol en dieselpryse gaan nie saak maak nie. Almal kweek hulle eie groentetjies en hou maar hoender of twee aan. Buurman se koei kan vir die modderhuisies om hom melk gee. Dan is daar mos nie glad nie dienslewering vir enige iemand nie. Maar o ja dan brand hulle ons grasdakke af omdat ons groentetuine en hoenders het.

Johnny ·

Dis nie “betogings” nie. Dis oproerigheid & vandalisme. Dis ook nie “betogers” nie; dis misdadigers en oproerigers.

Blikkies ·

Die mense se dit oor en oor, en kan sien hoe hulle jaar op jaar teleurgesteld word, maar hulle bly stem vir die ANC.

Marcello ·

Ja, ek moet sê: Kimberley se dienslewering bestaan nie, en hulle is gedurig sonder water vir die afglope paar jaar al. Ek haal my hoed af vir die belasting betalers dat hulle nie al lankal moed opgegee het met die Muns. se swak dienslewering nie. Want die Muns. belowe net, en niks gebeur nie.

Nico ·

Kyk, dit was nie in die apartheids jare so gewees nie, daar was van alles gewees, nou is optogte en vandalisme aan die orde van die dag omdat verkeerde mense in beheer van die land is.

akkedismis ·

Daar is net 1 antwoord,moenie eiendomsbelasting betaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.