‘Dink weer oor navorsing wat ivermektien afmaak’ – kenner

Luidens die verslag is meer as 60 proewe oor ivermektien vir die behandeling van Covid-19 reeds geregistreer. (Foto: Luis Robayo/AFP)

Minstens een kenner waarsku daar moenie op loop gegaan word oor die bevindings van ʼn Brasiliese navorsingsverslag wat oënskynlik bevind het die gebruik van ivermektien is ondoeltreffend in die behandeling van Covid-19 nie.

Daar is die afgelope ruk heelwat berig oor die navorsing wat bevind het die gebruik van ivermektien in koronavirusbehandeling lei nie tot ʼn laer voorkoms van hospitaalopnames van pasiënte nie en het ook nie verhoed dat simptome vererger nie.

Tydens die navorsing, waarvan die bevindings in The New England Medical Journal (NEMJ) bekend gemaak is, het 679 pasiënte ivermektien ontvang, 679 het ʼn fopmiddel ontvang en 2 157 pasiënte is met ander ingrypings behandel.

Die altesame 3 515 pasiënte het almal minstens een onderliggende siektetoestand gehad en het minstens sewe dae lank simptome van Covid-19 getoon. Die behandelingsmetode – ʼn plasebo of fopmiddel, of werklike behandeling – is lukraak toegewys en pasiënte vir die navorsing is by 12 staatsklinieke in Brasilië gewerf.

Die navorsers het tydens die ondersoek, genaamd “Together”, bevind behandeling met ivermektien het nie gelei het tot ʼn laer voorkoms van mediese hospitaalopnames weens die vordering van Covid-19 nie en het ook nie gelei tot ʼn daling in die getal mense wat na ongevalle-eenhede vir noodbehandeling gebring is nie.

Luidens die verslag is meer as 60 proewe oor ivermektien vir die behandeling van Covid-19 reeds geregistreer en bevindings is vir tot soveel as 31 kliniese proewe bekend gemaak. Die uitslae is onreëlmatig en verskillende hersieningsgroepe vertolk die bewyse op verskillende maniere.

Sommige bevorder die gebruik van ivermektien, terwyl ander geen gevolgtrekking oor ʼn voordeel maak nie. Die navorsers sê die meeste proewe was egter klein en verskeie is onttrek weens kommer oor die geloofwaardigheid van die navorsing.

Groot verdeeldheid heers nietemin steeds oor die gebruik van ivermektien.

Prof. Colleen Aldous, verbonde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal se Departement Gesondheidswetenskappe, meen egter die navorsing dui juis daarop dat ivermektien wel werk.

Die mees senior skrywer van die navorsing, Ed Mills, sê in ʼn e-pos die positiewe elemente in die navorsing word misgekyk, terwyl daar gekonsentreer word op die feit dat dit nie “oorweldigend positief” is nie.

“Daar was ʼn 17%-daling in hospitaalopnames wat beduidend sou wees, sou meer pasiënte bygevoeg is,” skryf Mills voorts.

Aldous sê sy hou ʼn databasis by van bykans elke stuk navorsing oor ivermektien en uit die nagenoeg 250 referate wat sy versamel het, kom minder as 20 met negatiewe bevindings oor die gebruik van ivermektien. “Wanneer mense vir jou sê die oorwig van getuienis is teen [die gebruik van ivermektien], is dit nie so nie,” sê Aldous wat self al meer as 140 portuurbeoordeelde artikels in joernale gepubliseer het.

Volgens haar is dit belangrik om te kyk na sterftesyfers tydens navorsing soos dié, maar dat die sterftesyfer in die navorsing onderbeklemtoon word.

Sy sê meer as die helfte van diegene van aan die plasebo-gedeelte van die proefneming deelgeneem het, het nie die navorsingsondersoek voltooi nie, terwyl net 50 pasiënte uit die ivermektien-gedeelte dit nie voltooi het nie. Aldous sê dit beteken die proefneming kan dan nie meer ʼn ewekansige beheerproefneming wees nie, maar die data kan steeds gebruik word en dui op doeltreffendheid teen sterftes wat met Covid-19 verband hou – ʼn uitkoms wat vir die meeste mense van belang is.

Aldous sê uiteindelik maak dit saak hoeveel lewens gered kan word – ook deur die gebruik van ivermektien – en dat dit genoeg rede is om duidelikheid oor die gebruik daarvan te eis.

“Uit ʼn wetenskaplike perspektief glo ek dat die referaat onttrek moet word en dat die navorsers die geleentheid moet kry om die statistieke oor te doen en dit dan weer in te dien.

“Hierdie is ʼn baie belangrike stuk navorsing,” sê Aldous.

Sy waarsku ook dat enigiets positief oor die gebruik van ivermektien as verkeerde inligting afgemaak word. “Ek verstaan nie die moraliteit daaragter om ivermektien so kwaai te probeer onderdruk nie. Daar is ʼn geweldige veldtog daarteen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

quartus ·

Hier is my opregte antw oor ivermektien..in my nederige opinie neer gepen..

5 jaar gelede was ek die wenner van dubbele long ontsteking,,vir n week in die hosp gele..

Ek is n roker,,en kom ook agter soms voel of my bors en longe toe trek agv die twakkies..smeer net ivermektien dan aan my binne bo arms die aand,en volgende oggend is my bors skoon en voel ek stukke beter.

Weet ook persoonlik van 2 nabye mense wat corona gehad het,en binne 3 dae se gebruik van ivermektien,,stukke beter gevoel en uit die bed uit.

Nommer 7 ·

quartus, ek weet van meer as 2 nabye mense wat Covid gehad het, Hulle het nie Ivermektien gebruik nie, net die gewone Sink, Panado, en bloedverdunner. Hulle almal het na 3 dae stukke beter gevoel en uit die bed uit.

Manie ·

Ek het 2 vrae: 1. Hoekom het die medies wêreld onmiddelik en oorwegend NEE gesê toe Ivermectin as ‘n moontlike behandeling voorgestel is? Die middel is per slot van sake oor etlike jare getoets vir die behandeling van rivier blindheid. 2. Hoekom het die mediese wêreld onmiddelik en oorwegend JA gesê vir nuwe onbeproefde entstowwe?

Rayman ·

Anders gaan die medisyne wêreld nie geld maak nie en ook nie die mense kan beheer nie

Miskruier ·

Presies, maar daar is nie geld in ivermectin nie, verpligte spuite, twee n jaar gaan baie meer wins maak. Ek vind dit kommerwekkend dat fabelagtige filantrope die vervaardiging van die spuite beheer, kyk maar naar die chinese man wat die labaratorium in die Kaap gaan oopmaak.

Manie ·

So die mediese wêreld was wetenskaplik feitlik verkeerd toe hulle Ivermectin as behandeling vir rivier blindheid nagevors en goedgekeur het?

Anel ·

Geld is hier ter sprake. Ivermektin is nagefors. Hierdie kwansuise spuit goed nie. Hulle het gratis proefkonyne nodig gehad. Onthou, mense wat as proefkonyne gebruik word, word betaal. Maklik, jaag die wêreld op hol, maak almal paranoïes en daars hy, jy het vrywillige proefkonyne.

Nommer 7 ·

Anel, ek neem aan die diere wat gebruik was vir Ivermektien se kliniese toetse is ook betaal met lekker voer.

MakersMark ·

Is ivermectin nagevors as behandeling of voorkoming vir CV19 ?

VaalDonkie ·

Wag, piet (met ‘n kleinletter) en MakersMark gan nou-nou hier wees om te kom verduidelik waarom hierdie studie verkeerd is, maar die ander een reg is.

Ek luister by die radio

Rayman ·

Die 2 gaan ook weer sê dit is mense soos ons wat dit erger maak LOL

MakersMark ·

Ivermectin is vir perde, beeste, skape en donkies. Gebruik dit as dit werk.

Henry ·

Ivermecten werk uitstekend. My skoonseun het hoè koort gehad. Wat die dokter voorgeskyf het het vir 3 dae nie gewerk nie. Ek beveel aan ivermevten 2 uur later is sy koors weg. Toe hy vir die dokter sè dat hy ivermecten gebruik het was die dokter baie kwaad. Anyway hulle sal nie erken dat ivermecten werk nie

Thom ·

Ivermektien werk uitstekend ! My bure het gesweer daar by , albei het Covid gekry __ die man is dood en die vrou het permanente hartskade oorgehou : die direkteure van Avbob dink dat dit ‘n wonderlike middel vir die voorkoming en behandeling van Covid is !

Christine ·

Ek stem. My 92-jarige moeder was binne 8 dae 100% gesond nadat sy Ivermektien vinnig gebruik het toe sy laas jaar covid gekry het.

Papsak ·

Wel Ek dink inveratien is n wonder no hierdie in ENT stof wat hulle op mense afdwing regtig hy werk binne drie Dae so dink weer

domheks ·

Iemand skep lekker met die ‘jab’ gemors. Nou wil hulle jou verplig? Oor my dooie liggaam!

Christine ·

My broer en swaer sê hulle weier om vir enige booster te gaan na hulle albei mediese nagevolge opgetel het na die vaccine. Ons vriende kan net nie gesond raak na die jab nie. Dis nou al maande wat hulle permanent siek is. Ivermektien het my en my man binne dae gesond gehad. Go figure.

DJ ·

Ek en my vrou gebruik nou al vir twee jaar Ivermectin en het geen ‘jab’ gevat nie is heeltemal gesond en leef soos altyd sonder om ons af te sonder

Christine ·

Pragtig! Ons ook, het wel Januarie aangesteek by ons vriende wat ten volle gejab is, maar altyd siek is. Ons was binne dae gesond na Ivermektien. Hulle is steeds siek – 3 maande nou al.

Jaco ·

Invermektien is ‘n boereding en dit werk glo teen Corona. Laat die wit boere dit aanhou invoer en gebruik dan Invermektien net op wit mense. Gebruik die entstof wat glo net deur BEE besighede mag ingevoer en versprei word, net op al die ander mense van SA. Dan is almal mos tevrede

Christine ·

Ag genade, MakersMark! Ivermektien vir menslike gebruik is al 30 jaar gelede op die mark!

MakersMark ·

Hoekom is dit ‘n boereding ? As dit so effektief is teen CV19 moet dit wereldwyd voorgeskryf word ?

Daleen ·

Een van ons kliente het gevra ons moet vir sy een werker bid hy het covid en dit gaan baie sleg met hom. Stuur toe van my ivermektien vir hom en se dat hy moet dit vir die oom gee en se hy moet dit gebruik. Week later het hy kom dankie se springlewendig en gesond …. Dis ‘n getuienis.

Daleen ·

Hou jou sarkastiese kommentaar vir mense met dieselfde mentaliteit as jy…. Jy is ‘n pyn…. En dan kan jy ook nie spel nie. Moenie met God spot nie dit gaan jou duur te staan kom.

piet ·

My tannie se oom se suster se kleinseun wat 4 jaar oud is het die veedip gebruik en toe ‘n baard gegroei. Behalwe vir dit was daar geen ander effek nie behalwe dat hulle nou baie bekommerd is omdat die kind so harig is……….

Jacobus ·

Die anti- Ivermecs raak ondraaglik. Hulle kritiek, behalwe die gewone snert, begin nou polities en anti-Afrikaans word. Hier is groot insentiewe (baie) betrokke. Jy lees dit in die herhalende narratief en retoriek. Dit is net tragies dat mediese professionele persone ook buig voor die groot geld.

MakersMark ·

Ivermectin is ‘n anti parasitiese middel teen rivier blindheid in mense en intestinale parasiete in vee. Ek ken mense wat dit gebruik het vir CV19 profilakse wat lewerskade opgedoen het. Ander het dit vir CV19 behandeling gebruik en was na 12 dae se terapie ICU toe vir CV19 longontsteking en het nie teruggekom nie. Geen wonder die studie bevind dit useless teen CV19 nie. So maak maar jou keuse. Verstaan net eers die verskil tussen ‘n parasiet en ‘n virus.

Andre ·

Weer die uitgedinkte lewer storie! Dit klink soos die “kinsers kry ook hartaanvalle, en sportmanne wat ultrafiks is kan ook hartprobleme hê”. Skielik is so baie sterftes normaal. Klink soos die ou wat gesê het kry jou tweede spuite en leef daarmee.

Martie ·

Ivermektien werk beslis. Die enigste probleem is, dat dit so goedkoop is (of wel, veronderstel is om te wees).
Ek wonder wat sou gebeur het in ‘n geval waar die Ivermektien prys iets soos R100 per pil sou wees en die covid inentings goedkoper, bv R40 per spuit… dan sou die storie dalk heel anders gelyk het.

Hans ·

Ons dogter is n Tipe 1 Diabeet en elke keer wanneer sy simptome getoon het, het ek vir haar n kombinasie van 3 algemene tipe medisyne en n dosis Ivermektien gegee. Sy was die volgende dag gesond. Dankbaar vir ons Here se genade.

Chris ·

Bill Gates het die studie befonds – dit het die risiko om winste uit sy Pfizer, Moderna, Biontec en J&J te laat kwyn!!

Robert ·

Dit lyk my dit werk teen kanker ook… nog ‘n rede om dit te verban.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.