‘Direkteur’ bedrieg SAID glo uit miljoene

(Argieffoto bloot ter illustrasie.)

’n 33-jarige man word daarvan beskuldig dat hy die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uit meer as R6,6 miljoen bedrieg het.

Vusi Charclass Dlamini, direkteur van ʼn maatskappy met die naam Riverly Engineering, het verlede week in die Palm Ridge-handelshof verskyn waar hy op die oortreding van die Wet op Belastingadministrasie teregstaan.

Dlamini het na bewering bedrieglike belastingopgawe-eise tussen Mei 2014 en Januarie 2017 by die SAID ingedien. Die saak is aan die Valke in Germiston vir verdere ondersoek oorhandig.

Dié ondersoek het onder meer onthul dat Riverly Engineering nie bestaan nie. Dlamini se sakerekening is gevolglik vir alle transaksies gesluit.

ʼn Lasbrief is vir sy inhegtenisneming uitgereik en aan die toepaslike owerhede gestuur. Dlamini het homself Woensdag aan die polisie in Germiston oorgegee.

Die saak is tot 18 Mei uitgestel wanneer Dlamini formeel vir borgtog sal aansoek doen. Hy bly intussen in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marius ·

Dis een van baie….. Malemmer self het jare gelede belasting bedrog gepleeg en geld gewas en daar het dadels van gekom. Voëls van enerse vere koek saam en beskerm mekaar…..

Kokerboom ·

Die enigste oplossing vir die redding van SA is ‘n forensiese oudit op ALLE ANC kaders aangestel in alle posisies op alle vlakke van regering sedert 1994. Elimineer 30 jaar van verrotting. As die kanker se tentakels nie uitgeroei word is daar GEEN hoop!

Watsenaam ·

Kokerboom, Suid Afrika is al lankal by die punt van geen hoop verby. Bewys my verkeerd.

Swerwer ·

Forensies is ook nie meer wat dit was nie. Van die kriminele sal al dood wees dan sal die saak eers by forensies ondersoek wil word.

Shakespeare ·

Nog ‘n kader wat se pad nou oop is om Minister te word. ‘n Moord of twee sal help om sy saak te versterk of ‘n skool af te brand.

SjN ·

Reeds al 8 jaar en ek word elke jaar geoudit en moet bewyse voorle vir n paar rand, hoe werk dit?

Swerwer ·

Wys jou maar net, die kommuniste is goed bedrywig, ongeag , om ons land ten gronde te laat gaan. Opbou sal hul beslis nie want hul is nie daartoe in staat nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.